Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas
Thérèse Hulme
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776354559
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van 17 jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopoopmaak-vrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring in KABV-taaldoelwitte. Maar dis veral die stories, gedigte, dramateks en rymkletse van die jong skrywers van haar Piemp- en Yoh!-skryfgroepe wat jou verbeelding én die van leerders in jou klas sal aangryp!
Lees ook:
Thérèse Hulme sal binnekort by die Tuin van Digters, in Gqeberha en in Somerset-Oos oor die boek gesels.
Program: Elfde Tuin van Digters op 7 en 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington
Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry!

