Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Augustus
Resensie: Dié gooislag met woorde voer leser mee
Kerneels Breytenbach resenseer Kodachrome deur Tom Dreyer
Boekevat: ’n Nuwe ‘Trompie’ is nodig vir ons kinders
’n Rubriek deur Koos Kombuis
Resensie: ‘Bessies’ heerlike avontuur
Jonathan Amid resenseer Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos deur Troula Goosen
Resensie: ’n Knap spanningsverhaal
Trisa Hugo resenseer Halfpad hol deur Amos van der Westhuizen
Profielonderhoud: Psigiatrie vervleg met woord in Franco Colin se debuutdigbundel
AJ Opperman in gesprek met Colin
2 Augustus
Nuus: NALN steeds sonder krag en in die duister
4 Augustus
Nuus: Taaldag met gesprek oor Langenhoven gevier
Profielonderhoud: ‘Goed of sleg, menslike natuur fassineer my’ – Marie Lotz
Candice Jantjies in gesprek met Lotz
6 Augustus
Nuus: Digbundel en ‘Blom vir elke vrou’
8 Augustus
Resensie: Fantastiese fotogids vir voëlliefhebbers
Neels Jackson resenseer Voëls van Suid-Afrika: Die volledige fotogids
Resensie: Soos ’n sappige storie op Netflix
Ilza Roggeband resenseer Vrydag is ek verlief deur Cecilia Steyn
Resensie: Moenie dat die voorblad jou afsit
Jonathan Amid resenseer Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad
Resensie: Van der Merwe pak bul by die horings oor terreur
Joan Hambidge resenseer Om te lewe, om te sterwe deur Quintus van der Merwe
Nuus: Open Book-fees terug in lewende lywe, maar wel korter
Laetitia Pople berig
9 Augustus
Profiel: Sheila Cussons op 100 gehuldig as ‘intellektuele reus’
Mense deel hul herinneringe aan Cussons met AJ Opperman
Nuus: Digters skryf nou in vir 10de Gedigtefees in McGregor
11 Augustus
Profiel: Vrolike wêreldburger Uys Krige 35 jaar ná sy dood onthou
AJ Opperman het ’n paar mense oor Krige gepols
12 Augustus
Karen Muir-boek: Juwele opgediep uit skatkis met memorabilia
Boekenuus: Bakkes se boek by NALN bekend gestel
15 Augustus
Resensie: Slawehandel in die 21ste eeu
Sonja van der Westhuizen resenseer My Fourth Time, We Drowned deur Sally Hayden
Resensie: Vierde Hans-boek ’n storie met lekker mojo
Francois Bekker resenseer Hans hou sy lyf Sherlock deur Rudie van Rensburg
Boekevat: ‘Onstellende’ boeke uit kurrikulum verwyder
’n Rubriek deur Elmari Rautenbach
Resensie: Vir die reis na binne, buite
Jonathan Amid resenseer ’n Dagreis ver deur Zarine Roodt
Nuus: Dié erkenning van FAK meer werd as pryse, sê skrywer
Sterfteberig: Skrywer van ‘The Horse Whisperer’ sterf
17 Augustus
Nuus: Toer na Nederland verken erfenis van Afrikaanse letterkunde
19 Augustus
Boeke: Maria Dermoût se werk nou in Afrikaans te lees
deur Amanda Botha
Kyk weer: Dibi Breytenbach gesels oor haar nuwe roman
20 Augustus
Boekenuus: Boekbedonnerd in Richmond gaan voort met baie internasionale skrywers
22 Augustus
Resensie: Geeraerts se knap krimi boei ook in Afrikaans
Joan Hambidge resenseer Mister Angelo Alzheimer deur Jef Geeraerts, vertaal deur Fanie Olivier
Resensie: Heelwat geheime te ontrafel in fantasie-debuut
Jonathan Amid resenseer Hartklop deur Sunel Combrinck
Resensie: Gryp tekkies dat ons hol!
Anschen Conradie resenseer Hol! deur Bernadine Lightfoot
Boekevat: ‘Dracula’ ’n donker boek wat wonderlik skyn
’n Rubriek deur Loftus Marais
Boekenuus: Nataniël se broerskind (9) publiseer boek in Frankryk
23 Augustus
Nuus: C. Johan Bakkes skenk skildery van ma aan NALN
24 Augustus
Nuus: Húlle is benoem vir hul boekresensies
Nuus: Afrikaanse woordkuns vereer 5 buitengewone vroue
AJ Opperman berig
25 Augustus
Boeke: Chris Vorster se boek oor Franz Marx bied unieke invalshoek
Boeke: Nederlandse weergawe van Ingrid Jonker-biografie op YouTube bekend gestel
26 Augustus
Profielonderhoud: Tom Dreyer oor monsters, kreature en spoke wat hom ry
Murray la Vita in gesprek met Dreyer
Boeke: Ingrid Jonker-versameling in Den Haag te sien
27 Augustus
Boeke: RR Ryger se ‘Drank, seks en David Bowie’ is hier
29 Augustus
Resensie: Boek om wyd gelees te word
Trisa Hugo resenseer Flora deur Engela Ovies
Resensie: ’n Roman bestem vir ’n prys
Jonathan Amid resenseer The Errors of Dr Browne deur Mark Winkler
Resensie: Onthutsende storie voer jou enduit mee
Stefaans Coetzee resenseer Buit deur Dibi Breytenbach
Boeke: Netwerk24 se lys van topverkopers vir Augustus
30 Augustus
Boeke: Crystal-Donna se boek vir ‘tieners soos sy’ op rakke
Elretha Britz in gesprek met die skrywer
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:
Met ’n ysterkaak en ’n onverbiddelike kyk: ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten, ’n resensie
Mixtape van die liefde kan die vreugde van gedigte vir tieners oopsluit
Fyn nagevors: ’n lesersindruk van Die Bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
Hans hou sy lyf Sherlock deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
Elon Musk: Risking it all deur Michael Vlismas: ’n resensie deur Arrie Rossouw
Noodsaaklik: Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief, ’n lesersindruk
Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie
Stemme | Voices | Amazwi: "My ouma – die bakker, die bokser": ’n onderhoud met Dean Balie
Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps
Net aliens eet spinasie en ander stories: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
Die volgende resensies het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 Augustus
Resensie: Annelise Erasmus bespreek Hans hou sy lyf Sherlock deur Rudie van Rensburg
Resensie: ’n Dagreis ver deur Zarine Roodt, geresenseer deur Juliana Coetzer
Resensie: Jonathan Amid bespreek Om te lewe, om te sterwe deur Quintus van der Merwe
14 Augustus
Nuusberig/aankondiging: “Vroue maak skoonskip by fiksiepryse”
Die kortlyste vir die kykNET-Rapport-boekpryse word bekend gemaak
Resensie: Jonathan Amid resenseer ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten
21 Augustus
Resensie: Annelise Erasmus resenseer Michael Vlismas se Elon Musk-biografie, Risking it all
Onderhoud: Magdel Vorster gesels met die kinder- en jeugboekskrywer Jaco Jacobs
Oorsigresesensie: Magdel Vorster resenseer ’n klompie van Jaco Jacobs se jongste publikasies
(Die boekwinkel tussen die wolke, Minki se boekedag, Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories, Die skool vir rampspoedige talente en ander, Al staan jy op jou kop en ander lawwe rympies en Hier kom die kat)
28 Augustus
Resensie: Die drie lewens van Hannli Human deur Connie Luyt, geresenseer deur Trisa Hugo
Prontuit is ’n weeklikse aktualiteitsprogram wat die kollig op sosiale en kultuurkwessies plaas. Dit word aangebied deur Kabous Meiring en op kykNET uitgesaai.
In 16 Augustus se program is ’n segment aan kinder- en jeugboeke toegewy, na aanleiding van ’n akademiese artikel oor die Trompie-reeks sowel as die reaksie op Van Coller se rubriek. Sien hier op YouTube:
Die volgende resensies het gedurende Augustus op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
3 Augustus
Dwars: Rare karakters onder ons
“As jy dus soos ek daarvan hou om oor interessante gebeure en eksentrieke karakters te lees, sal jy sy puik kontreistories, volkslegendes en -verhale sommer baie geniet.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Bot
Die wêreld wat Smith vir haar lesers voorstel is herkenbaar – dié van selfsug en die veer van die eie nes, dié van suurstofdiewe in talle gedaantes en die aspirasie om “miljoene views” op sosiale media te hê, om maar ʼn paar te noem.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
12 Augustus
Die stoutste klas op aarde-reeks
Kinders tussen ses en nege jaar oud, wat hulle eerste hoofstukboeke begin lees, sal hulle behoorlik verkneukel in hierdie humoristiese boeke.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Boek van die maand: Moer
“As daar een rede is waarom ek Michèle Meyer se debuutroman moet uitsonder as ʼn boek wat my altyd sal bybly, sal dit oor haar gebruik van kleur wees. Veral groen.”
Lees die resensie deur Johan Myburg.
17 Augustus
Genesing vir elke vrou
Dit is duidelik dat vroue wêreldwyd in emosionele pyn verkeer en gebind voel deur hulle omstandighede. Dié boeke fokus op die vrou se identiteit as geliefde van Jesus Christus.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
30 Augustus
God se wonderbaarlike genesingskrag
Dit was vir my baie bemoedigend om daaraan herinner te word dat God die Groot Geneesheer is en dat niks vir Hom onmoontlik is nie.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
5 Augustus
Artikel: Deleuze en Guattari en die beeld van ’n boom
Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 3 Augustus
Augustus is die maand waarin Afrikaans in al sy vorme gevier word. Ons luister na ’n hoorbeeld uit die argief oor AHM Scholtz, skrywer van die bekroonde roman Vatmaar. In Johan Myburg se internasionale nuus gesels hy oor die Britse boekbedryf, die Bookerprys se langlys en Ada Limon, die nuwe amptelike digter van die VSA. Ilse Salzwedel gesels met Annie Olivier, uitgewershoof by Jonathan Ball, oor die publikasieproses en die Suid-Afrikaanse boekbedryf.
Woensdag 10 Augustus
Die digter Sheila Cussons is vandeesweek ’n 100 jaar gelede oorlede. Jy kan luister na ’n dokumentêr oor haar lewe en werk. Johan Myburg vertel meer oor Babes in the Wood, ’n nuwe Margaret Atwood-kortverhaalbundel, die kortlys vir die Ursula K. Le Guinprys vir wetenskapsfiksie en The Last White Man, Mohsin Hamid se nuwe roman. Kom vind ook meer uit oor 14 Augustus se Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag.
Woensdag 17 Augustus
Suzette Kotze Myburg gesels met Chase Rhys oor Misfit: Stories vannie anne kant, sy bundel rubrieke en kortprosa. Daar is nuus oor die vier kortlyste vir die KykNET/Rapport-boekpryse. In internasionale nuus bring Johan Myburg hulde aan die skrywer David McCullough en skrywer en illustreerder Raymond Briggs, wat albei onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor Neil Gaiman, pas aangewys as die wenner van die St. Louis-letterkundeprys, en bespreek die werk van die baie gewilde Brits Pakistanse digter Nikita Gill. As jy gewonder het waaroor gaan die bohaai rondom Salman Rushdie en The Satanic Verses, kom luister saam.
Woensdag 24 Augustus
Marzanne Leroux-Van der Boon, bekroon vir romans soos Klaprose teen die wind en Granate bloei in Jerusalem, is oorlede. Jy kan luister na ’n argiefonderhoud waarin sy in 2016 oor haar werk en lewe praat. Skrywer Elias P. Nel gesels ook oor sy jarelange skrywersvriendin. Johan Myburg vertel meer oor die talle mense wat al gesterf het of ernstig beseer is weens hulle verbintenis met Salman Rushdie se omstrede boek The Satanic Verses, en het vrae oor vryheid van spraak as dit by letterkunde kom. Meer oor die Booker International-vertaalprys en Nicholas Evans, skrywer van The Horse Whisperer, wat oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor die Montagu-boekfees wat eerskomende naweek plaasvind.
Woensdag 31 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Tinus le Roux oor sy boek Die Anglo-Boereoorlog in kleur. Ina Strydom gesels met Joe Kleinhans, gewilde radioskrywer, oor sy lewe en skryfwerk. Daar is meer oor die ATKV-Woordveertjie finaliste vir 2022, nuwe boeke uit die pen van Maggie O’Farrell, Ian McEwan, Kamila Shamsie, William Boyd, Kate Atkinson en ook Salman Rushdie. Johan Myburgh vertel ook meer oor Yuval Noah Harari, en jy kan luister na ’n greep uit ’n onderhoud met Harari.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 2 Augustus
In Deel 2 van ’n program oor die digter Petra Müller luister ons na aktrise en regisseur Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames van die digter waarin sy van haar eie werk voordra.
Dinsdag 9 Augustus
Die digter Anita van der Walt was sowat twee jaar gelede in die Vers en Klank-ateljee om oor haar debuutbundel, Hierdie Maandag is abstrak, te gesels toe ’n onvoorsienbare mediese noodgeval haar in die hospitaal laat beland. In dié week se program is Anita terug in die ateljee, nóg ’n digbundel ryker en reg om oor haar skryfwerk en nuutgevonde lewenslus te praat.
Dinsdag 16 Augustus
Hierdie tyd van die jaar vier die mense van Japan die Fees van Obon, waartydens hulle hulle voorsate herdenk. Ons hou ’n Obon-fees in die kleine, met gedigte oor die voorvaders en voormoeders.
Dinsdag 23 Augustus
In hierdie eerste van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die skemer, die sogenaamde “goue uur”, wanneer die voëls terugkeer na die bome waarin hulle slaap, die skaduwees lank uitrek, en uiteindelik met die donkerte saamsmelt. En die mense moeg by die huis kom. Die voorleser is Johann Nel.
Dinsdag 30 Augustus
In die tweede van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die nag, en daardie dinge wat in die klein uurtjies gebeur. Die voorleser is Johann Nel.
Boekkeuse
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.
In hierdie episode is Rudie van Rensburg in gesprek met Riette Rust oor sy jongste roman, Monster. Quintus van der Merwe is aan die woord oor sy roman, Om te lewe en om te sterwe en Emile Joubert praat oor sy jeugmemoire, Krummels in my koffer. Daar is ook ’n bespreking van Adele Vorster se Tien-voor-Een; Quintus van der Merwe se Om te lewe en om te sterwe, asook ’n kleuterboekbydrae en ’n voorsmakie van Joan Hambidge se jongste bundel, Sanctum.
’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
5 Augustus
Onderhoud met Joan Hambidge oor Sanctum
20 Augustus
Resensie: Bernard Odendaal resenseer Sanctum deur Joan Hambidge
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Augustus verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Resensie: Mariette Postma resenseer Die verdriet van België, vertaal deur Daniël Hugo
Uittreksel en resensie deur Phyllis Green: Jou kind en verlies deur Solet Scheeres