LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Elton Landrew vertolk die hoofrol van Dean Balie se My ouma – die bakker, die bokser wat deel van hierdie reeks vorm. Kyk hier na My ouma – die bakker, die bokser op LitNet. Sommige van die Stemme | Voices | Amazwi-video’s is ook van 15 tot 28 Julie 2022 op Woordfees TV (DStv, kanaal 150) uitgesaai
Dean Balie praat met Naomi Meyer oor My ouma – die bakker, die bokser se teks.
Dean, ek het jou monoloog My ouma – die bakker, die bokser op LitNet gekyk. Jou monoloog kom uit die hart. Hierdie storie handel nie net oor twee karakters (die seun en sy ouma) nie. Dit handel oor baie seuns, baie oumas, ’n hele skare mense. My heel eerste vraag aan jou is of jy ’n spesiale ouma in jou lewe het. Wil jy van haar vertel?
My ouma (van my ma se kant af) is Katrina Phillips, of soos hulle maar op die dorp sê, Ouma Ounooi. Sy het agt dogters en een seun grootgemaak. Ek is haar oudste kleinkind en het altyd gespot dat ek eintlik haar tiende kind is! Ek was vyf jaar oud toe besluit my ouers dat hulle beide sal moet gaan werk om my ’n kans te gee om te kan gaan studeer, en toe is die besluit gemaak dat ek by Ouma en Oupa, op Steinkopf, sal gaan bly. My voorouers vorm dus n groot deel van my menswees en ook die grootste voorbeeld vir my van mense wat die waarde van kultuur en stories verstaan. Oupa is in 2011 oorlede en dit het my met nuwe oë aan die dood laat dink. As kind was dit my ouma en oupa wat my aangemoedig het om te lees, om musiek te maak en dat dit belangrik is om jouself kreatief te kan uitleef. Ouma bly vandag nog op Steinkopf. Sy is hierdie jaar 80 jaar oud, maar sy ken net vyfde gear! Sy is baie spesiaal en ek dink deel van die rede is ook die kultuur van die mense daar.
...........
Dit is nie ongewoon dat baie stout laaities so lief is vir hul ouma nie, en die stilste sit as sy gepraat het. Dit is hoekom baie Namakwalanders aanklank gevind het by hierdie monoloog, want hulle wás daardie kind en dra daardie ouma nog diep in hul hart.
............
Dit is nie ongewoon dat baie stout laaities so lief is vir hul ouma nie, en die stilste sit as sy gepraat het. Dit is hoekom baie Namakwalanders aanklank gevind het by hierdie monoloog, want hulle wás daardie kind en dra daardie ouma nog diep in hul hart.
Om ’n brood te bak en te laat uitrys is harde werk. Dis ’n geveg! Wil jy iets van die proses hiervan vertel? Van bak, van boks?
Brood bak is ’n ritueel diep gewortel in die oumas van Namakwaland. Net soos in die storie was ek regtig in vervoering met die toorkrag in haar hande. Ja! Ek het verskriklik baie bakbrood geëet! Tog is die metafoor soveel dieper. Dit was wat sy weer geleer het van haar ouma en ma.
..........
Ek wou vertel van hoe sterk die vroue in my lewe is. Dat ek eers toe ek ouer is besef het wat my ouma alles vir my opgeoffer het. Belangriker as dit wou ek vertel dat ek nie vergeet het waar ek vandaan kom nie. Ja, soms val mens bietjie van die pad af, en vergeet jy dat jy nie alleen die suksesse in die lewe behaal het nie. Soms, vir baie mense, is dit ook te laat.
...............
Ek wou vertel van hoe sterk die vroue in my lewe is. Dat ek eers toe ek ouer is besef het wat my ouma alles vir my opgeoffer het. Belangriker as dit wou ek vertel dat ek nie vergeet het waar ek vandaan kom nie. Ja, soms val mens bietjie van die pad af, en vergeet jy dat jy nie alleen die suksesse in die lewe behaal het nie. Soms, vir baie mense, is dit ook te laat. So ek wou sê my ouma het my geknie in die vorm wat mense vandag sien. Ek is ’n produk van haar hande, haar lesse, haar lewe en haar liefde.
Oumas is baie kere onsigbaar. Met hierdie Stemme-produksie kry hierdie ouma ’n stem. Hoekom dink jy behoort sy gehoor te word?
Ek dink deel van die rede vir my is vrees. Ek vrees die dag wanneer sy nie meer daar gaan wees nie, so ek wil haar nou sê hoe ek oor haar voel. Ek wil hê sy moet nou weet dat alles nie tevergeefs was nie.
............
Ek dink deel van die rede vir my is vrees. Ek vrees die dag wanneer sy nie meer daar gaan wees nie, so ek wil haar nou sê hoe ek oor haar voel. Ek wil hê sy moet nou weet dat alles nie tevergeefs was nie.
...............
Dat hoe oud en swak sy nou ook mag voel, dat sy gehoor word, selfs al sien ons nie meer so baie mekaar nie. Elke mens wat sy of haar ouma geken het, is geseënd, want oumas is bakkers, boksers, beskermers, en dit mag ons nie vergeet nie.
Lees ook:
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman