Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk

  • 0

  • Marochel Barnard is 18 jaar oud en deel haar indrukke van ’n Afrikaanse jeugboek wat haar diep geraak het.

Skilpoppe
Barrie Hough
NB-Uitgewers
ISBN: 0624036987

Ons almal het ’n boek wat ons al voorheen gelees het wat ’n groot indruk gemaak het. Bladsy na bladsy soek ons na meer. Mens kry skoon hoendervleis soos wat die verhaal ontknoop. As jy van geheime hou, is dié boek waaroor ek nou meer skryf, perfek vir jou. Die boek Skilpoppe, uitstekend geskryf deur Barrie Hough, gee lesers die wil om verder te lees. Mens kan nie die boek neersit nie. Dit is een van daardie boeke wat mens oor en oor kan lees.

Só … Skilpoppe – waaroor gaan dié jeugverhaal?

Het jy al ooit gehoor van Matriosjka-poppe? Matriosjka-poppe is 'n stel houtpoppe van afnemende grootte wat in mekaar geplaas word. Die naam matriosjka, letterlik "klein matrone", is 'n verkleiningsvorm van die Russiese vroulike voornaam Matryona of Matryosja. Sien hierdie poppe in hierdie verhaal as geheime – in elke hoofstuk is daar ’n nuwe geheim wat aan die leser bekendgestel word. Matriosjka-poppe vertaal terug in Afrikaans na “skilpoppe”.

..........
Het jy al ooit gehoor van Matriosjka-poppe? Matriosjka-poppe is 'n stel houtpoppe van afnemende grootte wat in mekaar geplaas word. Die naam matriosjka, letterlik "klein matrone", is 'n verkleiningsvorm van die Russiese vroulike voornaam Matryona of Matryosja. Sien hierdie poppe in hierdie verhaal as geheime – in elke hoofstuk is daar ’n nuwe geheim wat aan die leser bekendgestel word. Matriosjka-poppe vertaal terug in Afrikaans na “skilpoppe”.
...........

Skilpoppe vertel die verhaal van Anna Meyer, 'n skoolmeisie wat onlangs die rol van Juliet in haar skoolproduksie van Romeo en Juliet gespeel het. Die verhaal volg haar poging om haar gesin bymekaar te hou terwyl sy verseker dat sy self nie uitmekaar val nie. Die storie ontvou baie natuurlik namate Anna kans kry om haarself te vind.

Skilpoppe is nie net spontaan geskryf nie, maar die karakters in die verhaal is uitstekend geskep. Ons begin by die heel begin. Die ouers. Marius Meyer, die man van die huis, man van Helena Meyer en pa van Elise, Anna en Sabast. Marius is konserwatief, ’n jagter en homofobies. Helena is ’n perfeksionis. Die getroude paar is vir die meeste van die verhaal in Europa en Rusland as deel van hulle herstelproses om oor hul seun se dood te kom. Elise Meyer, Anna se ouer suster en ook die middelkind, is ’n fotojoernalis wat deur die loop van die verhaal verslaaf raak aan dwelms wat deur haar kêrel, Julian, aan haar bekendgestel is.

Anna is die hoofkarakter van Skilpoppe. Sy is die enigste een wat ’n hegte band met Sabast gehad het. Sy is die jongste van die kinders.

Sabast was die oudste onder die kinders. Deur die ontknoping van die verhaal vind die leser uit dat Sabast homoseksueel was en dat hy ’n Chinese kêrel gehad het met die naam Ching-Kung wat ook ’n vertroueling was van Anna. Ons vind uit dat Sabast selfmoord gepleeg het omdat sy pa, Marius, nie die verhouding goedgekeur het nie.

............
Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan.
.............

Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan.

Hierdie jeugboek kan vir enige iemand wees. Dit laat mens nadink oor lewenskeuses en dankbaarheid. Verlies in die boek laat mens dink oor ons aksies en laat ons nadink oor opinies van geliefdes en hoe dit sal wees om een te verloor.

Hierdie boek was vir my soos ’n ontsnapping uit die realiteit. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het. Ek is nie juis een vir Afrikaanse boeke nie, maar dié was ’n ongelooflike boek en ek sal dit aan enige persoon aanbeveel.

 Lees ook:

Barrie Hough (1953–2004)

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur PRH/LAPA Uitgewers

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur NB-Uitgewers

Kinderboeke wat verheug, vermaak en verruim

Trompie ’n chauvinis?

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Wydlopende kommentaar deur akademici op Van Coller-debat

Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top