Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

“Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is dit gewoonlik neusie verby.”