Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur NB-Uitgewers

  • 5

Omslae van onlangs-verskene jeugboeke by NB-Uitgewers

Teen die agtergrond van ’n gesprek oor randfigure in Afrikaanse jeugboeke, deel NB-Uitgewers hier onder ’n perspektief oor hul onlangse kinder- en jeugpublikasies.

...........
Jong lesers het verhale nodig waarin hulle iets van hulleself en die ontwikkelingsfase waarin hulle is, herken. Dit geld vir elke ontwikkelingsfase, van babatyd tot kleuter-, beginnerleser- en jeugfiksie. So ontwikkel kinderfiksie en die inhoud daarvan saam met die kind.
...........

Jong lesers het verhale nodig waarin hulle iets van hulleself en die ontwikkelingsfase waarin hulle is, herken. Dit geld vir elke ontwikkelingsfase, van babatyd tot kleuter-, beginnerleser- en jeugfiksie. So ontwikkel kinderfiksie en die inhoud daarvan saam met die kind. Die tienerjare is die oorgang van kind na volwassene. Abstrakte denke begin ontwikkel. Hulle raak bewus van die sienings van ander, begin hulle eie sienings oordink, ontwikkel ’n identiteit, ook seksueel, en hulle waardestelsels word getoets. Hulle raak meer onafhanklik en begin wegbreek van veilige gesinstrukture. In die plek daarvan raak die verhoudings met eie vriendegroepe belangriker. Dit is nodig dat al hierdie dinge in boeke vir jong lesers figureer, ook in Afrikaans. 

Jeugfiksie is internasionaal ’n groeiende segment; vir ’n klompie jare nou al is daar jaar-tot-jaar groei. In die buitelandse markte word daar geraam sowat 50% van lesers van jeugboeke, is volwassenes.

...............
Jeugfiksie is internasionaal ’n groeiende segment; vir ’n klompie jare nou al is daar jaar-tot-jaar groei. In die buitelandse markte word daar geraam sowat 50% van lesers van jeugboeke, is volwassenes.
................

In Suid-Afrika is die deursnee-lesende Afrikaanse tiener se Engelse taalvaardigheid op dieselfde peil as hulle Afrikaans. Hulle lees gereeld Engelse tienerfiksie en meet Afrikaanse eweknieë daaraan. Hulle lees op verskeie platforms. Hier dink mens veral aan die ongelooflike styging in verbruik van manga, wat ons ook plaaslik sien: in boekvorm en aanlyn. In die YA-mark verander trends baie vinnig en ons kan onmoontlik in Afrikaans elke tendens navolg. Vir ons is dit belangrik om ’n goeie verskeidenheid boeke te publiseer wat aan verskillende tipes lesers se smaak sal voldoen en spesifieke gapings in die mark aanvul. Uit uitgewersoogpunt word publikasiebesluite tot ’n groot mate ook beïnvloed deur die skolemark en wat daar aan behoeftes sal voldoen.

Foto (links): Pexels.com

Dit is vir ons veral belangrik om jong skrywers te vind en te ontwikkel. Dit is noodsaaklik dat tienerinhoud ook deur jong mense self geskep word en dat hulle ’n nuwe generasie se stem kan byvoeg tot die groter literêre aanbod in Afrikaans. Dit is duidelik dat hierdie skrywers oor temas en karakters skryf wat aanklank vind by ’n jong gehoor. Die werk van nuwe jong skrywers soos Joha van Dyk en Carel van Rooyen word geweldig positief ontvang en word deur goeie verkope ondersteun. 

Dit is terselfdertyd noemenswaardig dat daar so ’n wye verskeidenheid tienerboeke die lig kan sien en verkope geniet in beide die skole- en handelsmark. Annerle Barnard se Spel (bekroon met die Sanlam-prys vir jeuglektuur) en Elrien Scheepers se Donkerbloed (op die kortlys vir die gesogte Scheepersprys) is byvoorbeeld vernuwende Afrikaanse wetenskapsfiksie, terwyl Constant van Graan se Jungu Josh-reeks baie suksesvol bydra tot die aanbod van fantasie vir jong lesers. Cecilia Steyn se Die vlerke van naaldekokers en William Oosthuizen se Die lewe volgens Wim Vermaak as kontemporêre jeugfiksie, gee weer elkeen ’n unieke blik op verskillende gesinsverhoudings. Ihette Senekal se jeugroman Vyf sekondes voor Vrydag het pas verskyn en dit handel oor die verhouding tussen twee tienermeisies, terwyl Christien Neser se Absoluut Einstein se hoofkarakter met outisme leef. 

  • Michelle Cooper en Simone Hough, kinder- en jeugboekuitgewers by Tafelberg en Human & Rousseau, drukname van NB-Uitgewers.

Lees ook:

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Ihette Senekal

Skeur deur Carel van Rooyen: ’n resensie

Branderjaer deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk

’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard

PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

Persverklaring: Dol heuning wen nog ’n prys – en die skrywer maak sy stem dik

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

’n Nuwe klimaat

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n Analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra

Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller

Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek

  • 5

Kommentaar

  • Michelle en Simone, julle't net begin met 'n interessante stuk, toe hou julle op ... Gaan asseblief verder; hierdie is 'n netjiese inleiding. Ons wil meer weet.

  • Sulette Bruwer

    Die uitgewersperspektief is interessant, dankie vir hierdie artikel. Ek weet dat uitgewers soms ook bundels en boeke vir 'n klein mark uitgee, selfs al is dit teen 'n verlies. In hierdie lig 'n pleidooi: dink asseblief ook aan die tieners in die uithoeke van die Noord-Kaap. 'n Opregte vraag: Watter titels kan 'n Afrikaanse onderwyser(es) op Riemvasmaak aanskaf vir die klaskamer? Of een op Kakamas? Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement het al genoem dat tieners op die skole waar hulle kom, byvoorbeeld Anzil Kulsen se 'n Hart vol sand, wat in die Kalahari afspeel, baie geniet (ongelukkig is dit tans uit druk). Kan mense asseblief meer, veral onlangs verskene boeke wat tieners in die Noord-Kaapse streke graag lees, voorstel?

  • Ek steun veral die siening om jong skrywers aan te moedig. Ouer skrywers is te dikwels geneig om uit hul eie ervaring te put - en dit geld ook vir uitgewers en keurders.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top