
Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Publieke teologie as profetiese teologie? ’n Kritiese beskouing van die sosio-ekklesiologiese implikasies van die drieërlei amp in die teologie van Karl Barth op 2 November 2022.
Rian Venter is die “liturg” vir die aand (en sorg vir ’n gevleuelde verwelkoming en ordelike verloop van sake) en Henco van die Westhuizen die “prediker” (met ’n kritiese lees en respons op die boek). Daarna sal ons die viering van teologie, akademie en vriendskappe verder voer met goeie wyn, kos, en geselskap.
Datum: 2 November 2022
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: The Food Co Central (President Steyn 35, Westdene, Bloemfontein)
RSVP: Teen 21 Oktober by laubscherm@ufs.ac.za / 076 477 3680
| Daar is ’n immer dringende dog dubbelsinnige vraag na die kerk se openbare rol in ons samelewing. Is die vraag na publieke teologie in Suid-Afrika sedert demokrasie ook (nog steeds) ’n vraag na profetiese teologie? ’n Teoloog wat om verskeie redes ’n eiesoortige en tydige antwoord hierop verskaf, is Karl Barth. Vir hom skuil die betekenis van Christus se profetiese amp in die aanhoor van die van-Sélf-sprekende wat ons algaande insluit by Sy getuienis van dié bevrydende waarheid wat bestem is vir die wêreld. Die Woord gebeur, getuig algaande en gaande van huil- sowel as heilsgeskiedenis, en beur ons voorwaar “(stroom)op”, met ander woorde vorentoe. |

