Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-03-23

"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."

Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-23

"Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie."

’n Unieke noirdebuut: Junx deur Tshidiso Moletsane

Susan Booyens Resensies 2022-03-23

"Gordel in, drink genoeg lewerpilletjies en gaan paartie saam. Dis ’n willewragtig van ’n lang nag."

Foto’s: Bekendstelling van Lina Spies se Aarde na firmament

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2022-03-23

Lina Spies se 11de digbundel, Aarde na firmament, is kort na haar 83ste verjaarsdag op 16 Maart by La Sala op Stellenbosch bekendgestel. Naomi Bruwer het namens LitNet gaan foto’s neem.

Louis Eksteen (1930–2001)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-03-23

"Ons hier in Suid-Afrika skryf deesdae veels te veel en daar word oneindig baie gepubliseer. Ons bloei ons leeg!" Lees oor Louis Eksteen se lewe en werk.

Poëtiese taal: Dol heuning deur SJ Naudé, ’n resensie

Malene Breytenbach Resensies 2022-03-22

"Naudé het ’n wye en gekultiveerde verwysingsraamwerk en daar is vele verwysings na kuns en letterkunde. Ook het hy die vermoë om alles, goed en kwaad, te skryf in poëtiese taal wat verruk."

Time to reflect on our lives: Our ghosts were once people edited by Bongani Kona, a review

Joanne Hichens Books and writers 2022-03-21

"This is not merely a book about death and dying. All manner of reflection is included: the blunt, the prosaic, the truthful, the tragic, but through it all comes connection – even celebration – as the writers share memories and experiences that lend the stories universal appeal."

Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren

Izak de Vries, Xanelé Puren Skrywersonderhoude 2022-03-18

"Die boek, wat lyk en voel soos die bekende Moleskine-dagboeke, is interaktief en help kinders om die storie- en ander boeke wat hulle self kies om te lees, op te som en om dan ook hulle eie idees te begin formuleer om self tekste te skryf."

Promosie: Nuwe leesdagboek neem kinders op ’n ontdekkingreis deur die wêreld van woorde

LitNet Boeke en skrywers 2022-03-18

Reis met woorde is ’n dagboek vir jou literêre avonture. Sluit aan by ’n groepie vrolike vriende vir ’n ontdekkingsreis deur die wêreld van woorde, stories, skryf en lees. Ook beskikbaar in Engels.

Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Bibi Burger Resensies 2022-03-17

"Dit is ’n gedig, ’n woordskildery van ’n roman – meer uitdagend én verkwikkend sal jy nie maklik teëkom nie."

Retoervloot deur Dan Sleigh: ’n resensie

Chris van der Merwe Resensies 2022-03-17

"Ten slotte moet melding gemaak word van die waardevolle kaarte en tekeninge voor in die boek, die kosbare versameling kleurfoto’s en die pragtige omslag. Om by die taal van die VOC te bly: ’n vlagskippublikasie!"

Laat ons lees en leer: ’n resensie van Tom Moodie se AHI – Die Afrikaanse Handelsinstituut

Catharina Stone Resensies 2022-03-17

"Die boek is veel meer as ’n geskiedenisverhaal. Dis ’n geleentheid om te leer. En veral ’n geleentheid vir 'Afrikaners', die groep in wie se belange die AHI gestig is."

Uitbuiting van en geweld teenoor vroue tersaaklik: Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen, ’n resensie

Malene Breytenbach Resensies 2022-03-17

"Die beheptheid met skoonheid en voorkoms, uitbuiting van en geweld teenoor vroue is tersaaklik, veral deesdae, wanneer dit so duidelik en openlik betreur word. Veral jong, onvolwasse meisies is weerloos en uitgelewer aan misbruik."

Themes of hypocrisy and secrets: Glass house by Chinenye Emezie, a review

Jessica Smith Books and writers 2022-03-16

"This book could be a good start for someone who wants to get to know the work of Nigerian authors. I would recommend it for readers with a taste for family dramas with weighty topics and satisfying character growth."

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Michael le Cordeur Resensies 2022-03-16

"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."

Geheime van blitsverkopers in Afrikaans

Ena Jansen, Joanita Erasmus-Alt, Hennie van Coller Skrywersonderhoude 2022-03-16

"Reeds in 1979 het ek op ’n dag aan Charles Malan gesê dat as hy my sou sê waar ’n persoon gestudeer het, wie sy vriende (en vyande) is, ens, dan sou ek voorspel wat die beoordeling van sy werk sal wees." – Hennie van Coller oor sy en Joanita Erasmus-Alt se Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking.

Full particulars podcast: Migrant being in the Jesus novels

David Attwell, JM Coetzee, Derek Attridge, Elleke Boehmer, Robert Pippin Books and writers 2022-03-15

In the sixth episode of his podcast series Full particulars, David Attwell discusses JM Coetzee's enigmatic Jesus trilogy with Robert Pippin (University of Chicago), Derek Attridge (University of York), and Elleke Boehmer (University of Oxford). With a reading from The death of Jesus by JM Coetzee.

Die boekwinkel tussen die wolke deur Jaco Jacobs: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2022-03-15

"Daar is interessante karakters en onverwagse wendings ... Ek het tog ’n bietjie slaap verloor, want ek kon nie die boek neersit nie."

Pasverskyn: Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking deur Joanita Erasmus-Alt en HP van Coller

LitNet Boeke en skrywers 2022-03-15

Watter faktore dra daartoe by dat ’n literêre werk suksesvol is en selfs as ’n blitsverkoper bestempel kan word?

CF Beyers-Boshoff (1926–1989)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-03-15

"As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek." Lees oor CF Beyers-Boshoff se lewe en werk.

Top