Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2022

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 September

Onderhoud: Boek help met die skep van ’n skryfkultuur in die klaskamer
Candice Jantjies in gesprek met dr Thérèse Hulme oor die boek Praat jy!

4 September

Boeke: Louw-huis in Sutherland bied poësiewerksessie in Oktober aan

5 September

Boekevat: Om karakters vir die leser ‘vreemd’ te maak
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Resensie: Wonderbaarlike roman se geheime in die léés
Joan Hambidge resenseer Notes on Falling deur Bronwyn Law-Viljoen

Resensie: Aangrypende riller vernuftig
Sonja van der Westhuizen resenseer The Eye of the Beholder deur Margie Orford

Resensie: Dís hoe mens ’n storie skryf
Jonathan Amid resenseer Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira

8 September

Boeke: Pieter Fourie se weduwee gee debuutdigbundel uit

Boeke: Roman oor die val van Robert Mugabe haal Booker-kortlys

9 September

Boeke: Chris Vorster werk aan biografie oor Marius Weyers
AJ Opperman in gesprek met Vorster

12 September

Boekevat: Die ‘hekelaar’ van Fraserburg en die prins
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: Die ridder wat weier om sy swaard neer te lê
Jonathan Amid resenseer Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella

Boeke: Kollig op Antjie Krog op 11de Tuin van Digters in Oktober

Boeke: Dominee, skrywers gesels: ‘Wat het met Afrikaanses se geloof gebeur?’

13 September

Boeke: Twee skrywers en hul boeke
Dirk Kok gesels met Barend Vos en woon die bekendstelling van Jaap Steyn se boek by.

Boeke: Wenners van ATKV-kinderboekpryse aangekondig

14 September

Boeke: eNuus se Daniëlla wen Veertjie met eerste jeugroman

Boeke: Wenners van ATKV-Woordveertjies

15 September

Boeke: ATKV vereer dié digter en dramaturg

Boeke: Loit Sols skryf ’n pad oop vir erkenning van die oertaal
Candice Jantjies in gesprek met Sols oor sy nuwe bundel, Moerstaāl.

Kyk: Martelize Brink gesels oor haar nuwe boek

16 September

Boeke: ATKV steek sy Veertjies in dié skrywershoede

19 September

Boekevat: ‘Ek volg net my hartseer, die naambord is jy’
’n Rubriek deur Jo Prins

Resensie: Donker sprokie wat ontroer
Sonja van der Westhuizen resenseer The Queens of Sarmiento Park deur Camila Sosa Villada

Resensie: Hoogs gesofistikeerde krimi
Stefaans Coetzee resenseer Die verkeerde vrou deur Irma Venter

Resensie: Jan Smuts, soos die argiewe hom uitbeeld
Gert van der Westhuizen resenseer General Jan Smuts and his First World War in Africa, 1914-1917

Onderhoud: Engela Ovies belig ‘euwels’ soos drankmisbruik en gesinsgeweld
Candice Jantjies gesels met die skrywer.

22 September

Kyk: Madelein Rust gesels oor haar nuwe boek, Moederland

Boeke: Digters in al 11 amptelike tale bekroon in poësiekompetisie

23 September

‘Mixtape’ bring verskillende kunsvorme saam
AJ Opperman praat met Anna Daval, regisseur van die produksie Mixtape van die liefde.

Willie Burger is nuwe voorsitter van Letterkunde-kommissie

Sterfteberig: Hilary Mantel wat Bookerprys 2 keer wen, sterf op 70

24 September

Rapportpryse: Hier is die wenners

26 September

Boekevat: Brittanje vandag sou kos vir Townsend wees
’n Rubriek deur Carla Lewis

Resensie: Bundel ’n bewuste uitlegkunde van die self
Neil Cochrane resenseer Sanctum deur Joan Hambidge

Resensie: ’n Lewe van transformasie
Riette Rust resenseer Twee lewens deur Elise Bishop

Resensie: Gay-wees, identiteit liries oopgeskryf in debuut vol deernis
Jonathan Amid resenseer Tuiskoms deur Steenkamp Boëttger

Onderhoud: Madelein Rust takel eindelik toekomsfiksie, want haar eendag is nou
Candice Jantjies in gesprek met die skrywer.

29 September 

Boeke: Groot name ding mee om Engelse UJ-skrywersprys

Kyk: Julian Jansen gesels oor sy nuwe boek

30 September

Nuus: Vili hou SA se naam hoog as wêreld se beste ‘slam poet’

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:

Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk

Oud, maar nie koud! Eddie’s boy deur Thomas Perry, ’n lesersindruk

Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk

Ongeskonde deur Alwyn Uys: ’n boekresensie

Thicker than sorrow deur Khadija Heeger – ’n map van collective history

Buit deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

’n Aanwins vir die siel, ’n lesersindruk in Jerry Mofokeng wa Makhetha se boek I am a man

Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo

Kleur en Karamel: ’n Onderhoud

Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar

Die verkeerde vrou: ’n onderhoud met Irma Venter

Moerstaāl: ’n gesprek met Loit Sōls

Buit: ’n onderhoud met Dibi Breytenbach

’n Gesprek tussen Estelle Kruger en Fanie Olivier oor sy vertaling van Mister Angelo Alzheimer

Die volgende resensies het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

4 September

Resensie: Jonathan Amid bespreek Mister Angelo Alzheimer deur Jef Geeraerts, in Afrikaans vertaal deur Fanie Olivier

Resensie: Adele Vorster resenseer Madame Pylinska en die geheim van Chopin deur Eric-Emmanuel Schmitt, in Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan

Nuut op die rak: “’n Bloeityd vir niefiksielesers”

  • Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster;
  • Elise Bishop se outobiografie, Twee lewens;
  • Die Kaapse slawe 1652–1838: ’n Kultuurhistoriese perspektief deur Eunice Bauermeester;
  • Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog deur dr. Vicky Heunis;
  • Ongekende ellende: Rampe wat Suid-Afrika geruk het deur Chris Schoeman; General Jan Smuts and his First World War in Africa, 1914-1917 deur David Brock Katz;
  • Veld Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids deur Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker en Karin Wiesler; en
  • Rewilding Africa deur Grant Fowlds en Graham Spence

11 September

Resensie: Emile Joubert resenseer Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella

Resensie: Influence Empire: The story of Tencent & China’s tech ambition deur Lulu Yilun Chen, geresenseer deur Francois Williams

Binnekort op die rak: “Romans – van lekkerlees tot literêr”

  • Cas Wepener se vierde roman, Roman;
  • Die verkeerde vrou deur Irma Venter;
  • Chanette Paul se Murasie;
  • François Loots se nuwe historiese roman, Die kapokdokter;
  • Inkommers deur Hans du Plessis; en
  • Piet van Rooyen se Antraks.

18 September

Resensie: Audrey Jantjies resenseer Flora deur Engela Ovies

Resensie: Adele Vorster resenseer Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad

Resensie: Jonathan Amid oor The Eye of the Beholder deur Margie Orford

Resensie: Magdel Vorster resenseer Die holderstebolder hondepartytjie deur De Wet Hugo, met illustrasies deur Stephen Wallace

25 September

Nuusberig kykNET-Rapport-boekpryse: “Skrywers wen R1 miljoen by boekpryse”

Wenners kykNET-Rapport-boekpryse: Onderhoude met die vier wenners

Benoemdes kykNET-Rapport-boekpryse: Onderhoude met al die benoemdes

Die volgende resensies het gedurende September op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

6 September

’n Dr. Seuss-leesfees

Voorskoolse kinders sal veral baie van hierdie oulike en kleurvolle boeke hou.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

13 September

Misfit: stories vannie anne kant

Lank nadat mens die boek neergesit het, huiwer die gebeure en karakters – randfigure of dan nou misfits as jy wil – op die drumpel van jou onderbewussyn.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

20 September

Jan Braai: Die Demokratiese Republiek van Braai

Hierdie braaiboek is sowaar propvol resepte wat braaiers gerus maar kan uittoets.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

2 September

Octavia Roodt deel vier Breytenbach-gedigte vir die mistieke ervaring

24 September

Herman Lategan oor Hoerkind: ‘dít sal die Afrikaners heeltemal uitfreak’
Ingrid Heÿdenrÿch in gesprek met die skrywer

25 September

Dianne Du Toit Albertze oor haar debuutroman bottelnek breek bek
Marcel Spaumer in gesprek met die skrywer

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 7 September

Ilse Salzwedel gesels met Engela Linda van Rooyen oor haar skryfloopbaan van meer as 60 jaar. Sy het tientalle boeke, honderde tydskrifverhale en ook radioverhale geskryf. Diereplaas, die Afrikaanse vertaling van George Orwell se Animal Farm, word tans op RSG voorgelees. Die vertaler Wium van Zyl verduidelik hoe hy die vertaling aangepak het. Johan Myburg het nuus oor nuwe prosa uit die pen van die Nobelprysbekroonde digter Louise Glück, en jy kan ook luister na ’n bydrae oor die James Tait Black-prys se wenner en skrywers wat oor die hoof gesien is vir die Nobelprys. Stefaans Coetzee van die Sanctuary Boekfees vertel meer oor ’n kortverhaalkompetisie vir hoërskoolleerders waarin groot prysgeld op die spel is.

Woensdag 14 September

Marida Fitzpatrick gesels oor haar aangrypende roman Mara. Johan Myburg het nuus oor die gunstelinge vir 2022 se Bookerprys, die kortlys vir die Sunday Times Literary Awards en Peter Straub, ’n goeie vriend en medewerker van die skrywer Stephen King, wat onlangs oorlede is. King se aanhangers kan meer uitvind oor ’n nuwe boek uit sy pen, waaruit hy self ’n stukkie voorlees. Daar is ook alles wat jy wil weet oor LAPA se jeugromankompetisie, en die Etienne van Heerden Veldsoiree wat van 23 tot 25 September op Cradock plaasvind.  

Woensdag 21 September 

Margie Orford, ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat deesdae in Brittanje woon, gesels oor haar nuwe roman The Eye of the Beholder. Johan Bakkes vertel hoekom sy ou boeke heruitgegee word, en doen ’n beroep op meer ondersteuning vir NALN. Hoor wie die wenners van die ATKV Woordveertjies en Kinderboektoekennings vir 2022 is. Johan Myburg gesels oor vertaalde boeke wat wêreldtreffers geword het, die Spaanse skrywer Javier Marias wat onlangs oorlede is en Simon Armitage, die Britse hofdigter, se laaste gedig vir wyle Koningin Elisabeth.

Woensdag 28 September

Suzette Myburg stel jou voor aan Engela Ovies, skrywer van Draairivier (wat op RSG voorgelees is) en Flora. Dibi Breytenbach gesels oor haar boeiende nuwe roman BUIT. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor Bernardine Evaristo se inspirerende memoir. Johan vertel ook meer oor Herman Hesse se roman Siddhartha wat vanjaar ’n 100 jaar gelede verskyn het. Dan het hy ook nuus oor ’n bundel kortverhale waarin 12 vroueskrywers kans kry om nuwe avonture uit te dink vir Miss Marple, een van die bekendste karakters uit die pen van Agatha Christie. Jy kan uitvind wie vanjaar bekroon is met die KykNET/Rapportboekpryse, die Jan Rabie/Rapportprys en ook wie aangewys is as die Afrikaanse boekresensente van die jaar. 

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 6 September

Die vorige twee weke het ons geluister na gedigte oor hoe die skemerte daal en dit nag word. En nou… wel, nou kom die son op! Ja, jy kan inskakel vir gedigte oor die dagbreek deur Ina Rousseau, Daniel Hugo, De Waal Venter en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Daneel van der Walt.

Dinsdag 13 September

Ons vier in September Suid-Afrika se ryk en diverse kulture onder die vaandel van ons erfenis. Afgesien van ons ryk kulture en tale, is Suid-Afrikaners se heel grootste erfenis die land se natuurskoon. Maar ons pas nie dié erfenis so mooi op nie. Wat sal oorbly vir die volgende geslag? Luister na gedigte oor besoedeling en natuurbewaring, en waar die mens in dié prentjie inpas. Die voorleser is Ronèl Geldenhuys.

Dinsdag 20 September

Suid-Afrika se pragtige natuurskoon is een van ons grootste skatte, en dit is daar vir almal om te geniet – maar vir hoeveel generasies nog? Hoor wat die digters te sê het oor besoedeling en omgewingsbewaring. Ronel Geldenhuys lees die gedigte voor.

Dinsdag 27 September

Sophia van Taak gesels met digter Ashwin Arendse. Sy inspirerende debuutbundel, Swatland, het in 2021 by Kwela Boeke verskyn. Ashwin is ’n digter wat nie doekies omdraai nie. Sy verse is eerlik, ontnugterend en iets verfrissend in Afrikaans. Jy kan ook uitsien na Afrikaanse kletsrymtreffers deur kunstenaars soos Hemelbesem, Die Twaalf (van Kariega in die Oos-Kaap) en ’n nuwe stem, Roda Tabakan, uit die suide van Namibië.

Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

In hierdie episode is vier ateljee-gaste verwelkom. Aan die woord is Erla-Mari Diedericks wat met Riette Rust gesels oor haar jongste roman, Die bewonderaar, Helena Gunter wat aan die woord is oor haar kortverhale, Die hart het sy redes; Joan Hambidge wat oor haar digbundel, Sanctum, praat, en ook Jan Braai wat oor sy jongste boek, Die Demokratiese Republiek van Braai 2 gesels.  Ons bespreek ook Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers.

’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In September het sy Tenk deur Pieter Stoffberg vir Fine Music Radio geresenseer.

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in September verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud deur Phyllis Green met Dibi Breytenbach oor Buit (Kwela)

Onderhoud deur Phyllis Green met Trix Viviers oor Minder as Niks (Tafelberg), Netwerk24 se webreeksverwerking van Irma Venter se gelyknamige roman.

Onderhoud deur Martelis Brewis met Crystal-Donna Roberts oor Speurder Sammie: Die Blou Steen(Tafelberg)

Oorsigresensie deur Danica Gouws: vyf kinderboeke 
Vinger-verf 2 (Human & Rousseau), Bybelliedjies vir Kleintjies en Kleuters, Gertie Smit (Tafelberg), Magriet die stadshoender, Melanie Tait met illustrasies deur Linki Brand (Lapa Uitgewers), Zinzi en Saffraan-reeks,Asia Citro met illustrasies deur Marion Lindsay (Lapa Uitgewers)

Resensie: Karien Labuschagne oor It’s Not About The Bats (Tafelberg)

Resensie: Carmen Coetsee oor Vlug van die Nag en Huil van die Naguil deur June Botha (Naledi)

Resensie: Alida Vos bespreek Rhino War (Panmacmillan) deur Johan Jooste en Tony Park

Resensie: Sarel van der Walt bespreek No Retreat, No Surrender (Penguin) deur Oscar Chalupsky

Vier resensies: krimi-stories

  • Deidre Reinhardt oor Bloedbande deur Jeanette Stals;
  • Antoinique van Staden oor Stom Gode deur Dibi Breytenbach en Die dooies praat nie deur Peet Venter;
  • Nadia de Jongh oor Spieëltjie, Spieëltjie deur Jan Vermeulen.

Resensies: Johan Esterhuizen oor Bait deur Janine Lazarus en Chantelle van der Merwe oor The Profiler Diaries deur Gerard Labuschagne.

Uittreksel: Kies die lewe deur Ivor Swartz (Lux Verbi)

Die volgende resensies, onderhoude en uittreksels het in SARIE se Sep/Okt uitgawe verskyn. Dit is by hierdie skakel aanlyn beskikbaar vir Netwerk24-intekenaars:

  • Onderhoud deur Marguerite van Wyk met Obie Oberholzer oor sy boek HappySadLand (HPH Publishing)
  • Onderhoud deur Suzette Truter met Johannes de Villiers oor Meer as jou Seerkry (Tafelberg)
  • Onderhoud deur Phyllis Green met Zirk van den Berg oor Die onsigbare pou (Kwela)
  • Resensie deur Phyllis Green oor Photo Safari Kruger deur Armand Grobler (HPH Publishing)
  • Resensie deur Elmari de Vos oor Children of the Sugarcane deur Joanne Joseph (Jonathan Ball)
  • Resensie deur Phyllis Green oor Tien voor een deur Adele Vorster (Protea Boekhuis)
  • Resensie deur Danica Gouws oor Ons is een deur Refiloe Moahloli (Panmacmillan)
  • Resensie deur Rina Coetzee Gous oor Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels (Penguin)
  • Onderhoud deur Phyllis Green met Dibi Breytenbach oor Buit (Kwela)
  • Uittreksel uit Buit deur Dibi Breytenbach (Kwela)
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top