Katastrofe
Human & Rousseau
ISBN: 9780798182317
Die holderstebolder hondepartytjie
Human & Rousseau
ISBN: 9780798182867
De Wet Hugo praat met Naomi Meyer oor twee boeke vir jong lesers wat onlangs uit sy pen verskyn het: Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie.
- De Wet, baie geluk met nog boeke vir jong lesers wat onlangs uit jou pen verskyn het. Jy is bekend vir jou Grilgrypers-reeks vir tweens, soos Die vloek van Vreesbaai. Kan jy dalk iets van hierdie reeks vertel ingeval sommige lesers op soek is na boeke vir hul kinders?
Die Grilgrypers-reeks is ’n grilreeks wat uit ses boeke bestaan vir lesers van 9 tot 13 jaar (alhoewel baie volwasse lesers al laat weet het hulle het die hele reeks gelees). Die ses stories volg nie op mekaar nie, so elke boek vertel ’n nuwe storie met nuwe karakters. Die reeks hoef dus nie in ’n spesifieke volgorde gelees te word nie.
...........
Tydens skoolbesoeke lê ek altyd klem daarop dat hierdie stories uitgedinkte of opgemaakte stories is en sommer net lekker grillerige fantasie is. Kinders hoef dus nie wakker te lê omdat hulle bekommerd is dat dit op werklike gebeure gegrond is nie!
............
Tydens skoolbesoeke lê ek altyd klem daarop dat hierdie stories uitgedinkte of opgemaakte stories is en sommer net lekker grillerige fantasie is. Kinders hoef dus nie wakker te lê omdat hulle bekommerd is dat dit op werklike gebeure gegrond is nie!
- Die twee nuwe boeke waaroor ek jou vandag wil uitvra, is twee heeltemal andersoortige boeke, toegespits op vroeë lesers. Dis sommer net vrolike verhale, en val nie in dieselfde kategorie as die Grilgrypers-reeks nie. Ek kan net verklap dat die hoofkarakters diere is. Kom ons begin met Katastrofe: Dit was vir my te oulik hoe jy met die woord kat rondgespeel het. En ’n mens snap hoe jy die verskillende lede van die katfamilie gebruik om te wys hoe hulle verskil en tog ook vriende kan wees. Wat het jou die idee vir hierdie storie gegee?
Jy is heeltemal reg. My twee jongste boeke is glad nie grillerig nie. Dis sommer net lekker ligte, humoristiese boeke vir lesers van 6 tot 9 jaar. Die woordspeling in Katastrofe (en selfs in die Engelse weergawe Catastrophe) het vir my groot pret verskaf. Ek het eendag gesit en dink aan hoe animasietelevisiereekse vir kinders destyds almal in Afrikaans oorgeklank was. Ek dink toe aan Top cat (wat een van my gunstelinge in Engels was) en wonder toe hoe ek dit vandag sou vertaal het as ek ooit so ’n opdrag sou kry. Binne minute het ek aan ten minste tien goeie katname gedink en onmiddellik besluit dat ek ’n katstorie moet skryf.
..........
Ek dink toe aan Top cat (wat een van my gunstelinge in Engels was) en wonder toe hoe ek dit vandag sou vertaal het as ek ooit so ’n opdrag sou kry. Binne minute het ek aan ten minste tien goeie katname gedink en onmiddellik besluit dat ek ’n katstorie moet skryf.
...........
Nadat ek ’n lys van kat-idiome en -gesegdes neergepen het, het ’n storie-idee begin vorm aanneem en so is Katastrofe gebore. Maande nadat dit vir publikasie aanvaar is, het ek eers met die Engelse herskryf begin en gelukkig het my wonderlike uitgewer ingestem om dit in twee tale te publiseer.
- Die holderstebolder hondepartytjie is ’n Kinkels-en-keuses-boek. Hoe was jou benadering verskillend hiervoor as vir byvoorbeeld Die gevaarlikste speletjie op aarde? Waaroor gaan Die holderstebolder hondepartytjie?
Die boeke in my Kies-jou-avontuur-reeks vir lesers van 9 tot 13 jaar het 30 eindes elk. Die Kinkels-en-keuses-reeks, waarvan Die holderstebolder hondepartytjie die eerste boek is, is vir lesers van 6 tot 9 jaar en het 10 verskillende eindes. Die grootste verskil tussen die twee reekse is dus die lengte van die boeke. Nog ’n belangrike verskil is dat die reeks vir ouer lesers grillerige elemente bevat, terwyl die nuwe reeks vir jonger lesers slegs humor is en niks daarin die leser bang behoort te maak nie. Wat egter dieselfde is in al twee reekse, is dat die boek soos ’n speletjie benader kan word. Dit kan oor en oor gelees word.
..........
Wat egter dieselfde is in al twee reekse, is dat die boek soos ’n speletjie benader kan word. Dit kan oor en oor gelees word.
...........
Ek dink dit maak dit sommer baie goeie waarde vir geld! Die holderstebolder hondepartytjie gaan oor Jaco wat op die punt is om 10 te word en hy droom daarvan om ’n hond vir sy verjaarsdag te kry. Gooi ’n nare juffrou wat honde haat, drie boelies en twee lawwe ouers wat jou soms vreeslik skaam maak voor jou vriende by die mengsel en wat kry jy? ’n Skreeusnaakse avontuur wat jou vir ure sal besig hou en vermaak!
- Hoekom skryf jy vir kinders?
Dit was werklik nie ’n keuse nie. My natuurlike skryfstyl is geskik vir kinderboeke en as laerskoolonderwyser van 17 jaar ken ek kinders baie goed, so ek weet waarvan hulle hou, wat hulle laat gril en wat hulle opgewonde maak.
..........
My natuurlike skryfstyl is geskik vir kinderboeke en as laerskoolonderwyser van 17 jaar ken ek kinders baie goed, so ek weet waarvan hulle hou, wat hulle laat gril en wat hulle opgewonde maak.
............
Natuurlik help dit ook dat kinderboeke gewoonlik pragtige illustrasies bevat, en dis iets wat my nog altyd aangetrek het.
- Hoekom skryf jy?
Dit was altyd ’n droom om te kan skryf en ek het altyd gesê as ek net een boek gepubliseer kan kry, sal ek tevrede wees. Maar soos dit met die meeste goed in die lewe is, was een natuurlik nie genoeg nie. Die plesier wat ’n nuwe boek my gee is verslawend. Ek glo nie ek sal ooit kies om op te hou skryf nie. Solank ek bevoorreg genoeg is om gepubliseer te word, sal ek aanhou skryf en al die honderde idees in my kop in boeke probeer verewig.
Lees ook:
Net aliens eet spinasie en ander stories: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps