’n Gesprek tussen Estelle Kruger en Fanie Olivier oor sy vertaling van Mister Angelo Alzheimer

“Jy lees die teks sekerlik minstens twee keer deur sodat jy die ‘gevoel’ van die storie kan kry en vasstel hoe die storie vertel word. Laasgenoemde is seker die moeilikste ding om oor te besluit, en dan veral wat jy gaan doen rondom die hantering van tydvorme, spesifiek die verlede tyd.”