Wekroep vir lesers by Klerksdorp-boekfees bekendgestel

  • 1

Die Sanctuary Boekfees wat die afgelope naweek in Klerksdorp gehou is, het nie net op skrywers gefokus nie, maar ook hulde gebring aan lesers.

Die ATKV se Klerksdorptak het op Saterdag 29 Oktober drie nuwe pryse by die boekfees aangekondig. Stefaans Coetzee, een van die organiseerders, het gesê hy wil met die Wekroep-pryse erkenning gee aan lesers wat uit hul eie boeke en skrywers bemark. Manie Krause van Klerksdorp se ATKV-tak het die pryse oorhandig.

  • Die eerste Geskrewe Wekroep op Sosiale Media is aan Anschen Conradie van #uitdieperdsebek toegeken vir haar deeglike resensies op verskeie sosialemediaplatforms, onder andere op Goodreads, Instagram en die Facebook-bladsy Lekkerleesboekrak. Sy kondig ook maandeliks haar top 5 boeke op Life FM SA aan.
  • Die Fotografiese Wekroep is aan Trisa Hugo van die Facebook-groep Boekemekranka toegeken vir haar kreatiewe foto’s van boeke wat sy op sosiale media deel.
  • Die Resensie-Wekroep is aan die maestro Jonathan Amid toegeken vir sy deeglike resensies wat gereeld op Netwerk24 verskyn.

Wat die Wekroep-pryse uniek maak,  is dat daar nie op die beste gefokus word nie, maar meer op “ons sien jou raak”. Die pryse sal voortaan jaarliks tydens die Sanctuary Boekfees toegeken word.

Lesers wat in die toekoms vir die pryse in aanmerking wil kom, kan die hutsmerk #sanctuaryboekfees gebruik, of hul bydraes op die Sanctuary Boekfees en/of leesD!T se Facebook-bladsy plaas.

Lees ook:

Die Sanctuary Boekfees: wenke vir moord en potjiekos gedeel

Sanctuary Boekfees: Matriekseun se kroeg vir katte wen skryfprys

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top