Moenie Bargain Books se flink-uit-die-vere Kersaanbod mis nie!
Plus, jy kan ’n stapel boeke wen!

Kompetisie
Vertel ons wie jou gunstelingfiksieskrywer is en staan ’n kans om ’n stapel boeke te wen!

Hoe om in te skryf
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Fiksie”. Vertel ons wie jou gunstelingfiksieskrywer is, en hoekom.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer, e-posadres en koerieradres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Vrydag 23 Desember 2022 bereik.
Reëls
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem, gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer, e-posadres en koerieradres aan Bargain Books te verskaf en jy gee aan Bargain Books die reg om met jou kontak te maak.
- Die wenners se boeke sal per koerier aan hulle gestuur word, of hulle sal gevra word om die boeke by hul naaste tak van Bargain Books af te haal.
- Bargain Books en LitNet mag die wenners se name bekendmaak, maar geen kontakbesonderhede sal openbaar gemaak word nie.


Kommentaar
Chanette Paul. Ek hou van haar styl van skryf. Hou jou nuuskierig. Voel nie asof mens self storie vooruit kan weet. Sy hou jou geboei.
Chanette Paul. Ek dink sy is ’n fantastiese skrywer. Haar boeke is gewoonlik vol raaisels en intrige; ek kan nie wag om van haar nuwe boeke te lees nie.
Chanette Paul. Sy doen deeglik navorsing oor die agtergrond van haar verhale, dus leer ’n mens baie uit haar boeke. Daarby is haar verhale spannend, meesleurend en haar dialoog uitstekend. Opwindende, en tot aan die einde, spannende leesstof.
Chanette Paul se stories is maklik leesbaar, gly deur jou oë soos slokolade! Spannend en romanties, kan nie ophou lees nie! Lekker! Lekker!.
Irma Venter. Sy skryf boeiende boeke. Dit hou jou besig, en mens kan nie haar boeke neersit nie. Dit dwing jou om nog meer van haar boeke te wil lees. Sy is 'n puik skrywer.
Al drie die skrywers hierbo is my gunstelinge. Hulle skryf realisties en asof dit met jou of jou vriende kan gebeur.
Chris Katsten. Hy hou my wakker. Hy skryf Afrikaans! Sy stories is ongelooflik en spanned. Mal daaroor.
Irma Venter
Hou jou voortdurend aan die raai wat volgende gaan gebeur. Altyd vol spanning.
Irma Venter. Haar stories is verslawend, die karakters en storielyn is anders, menslik en opwindend...ek is n absolute aanhanger.
Die drie skrywers wie se boeke deel van die kompetisie "banner" is, is seer sekerlik drie van die beste Afrikaanse skrywers van ons tyd. Elkeen met sy eie styl om die leser te boei tot die einde. Chanette Paul is baie veelsydig omdat sy verskillende genres skryf van liefdesverhale tot spanning waarvan mens nie genoeg kry nie.
Irma Venter se spanningsverhale boei jou tot die einde, en dit is moeilik om 'n boek neer te sit voor die einde.
Chris Karsten se boeke is niks anders as uiters boeiend nie. Ek het al verskeie gelees, Meneer Hartslief het my "om geboul" met die einde. Ek het ook die trio van Abel Lotz gelees en kry nou nog hoendervleis as ek Paganini (Abel se gunsteling) se musiek iewers hoor.
Ons het regtig ongelooflike Afrikaanse skrywers en ek is mal oor Afrikaanse boeke.
Het baie meer boeke as skoene😊
Ena Murray, Ettie Bierman, Babsie Steyl, ag baie skrywers se boeke wat absoluut boeiend is. indien ek eers begin lees, kan ek nie ophou nie en my boeke het ek al almal deurgelees.
Chanette Paul is my eerste keuse. Haar stories is so eg-Afrikaans soos kan kom, en die karakters voel later soos vriende. Ek leef myself in die storie in, en kan net nooit genoeg kry nie. Die ander 2 skrywers geniet ek ook baie, al alles gelees wat by biblioteek beskikbaar is.
Irma Venter! Spanningsvol en hou jou nuuskierig en geboei tot op die einde! Kort hoofstukke laat dit maklik lees!
Reg so
Hallo,
Op grond van de commentaren hierboven had ik graag kennis gemaakt met de drie schrijvers, maar het is zo moeilijk een boek uit Zuid-Afrika in Vlaanderen te krijgen. Wel heb ik dit jaar een boek ontvangen via een familielid van de schrijver, die bij Lufthansa werkt. Maar dat was een ingewikkelde procedure, die wel geschikt was in dit specifieke geval, maar niet steeds ...
Ziet u een mogelijkheid om die boeken naar België te versturen, zonder dat dit een fortuin kost?
Dank voor een antwoord. Marc.
Chris Karsten. Titels van boeke roep my altyd.
Marzanne le Roux van der Boon. Haar boeke trek jou so in haar karakters se lewens in dat jy saam huil, saam lag en saam met die karakters stap deur Jerusalem en ander lande wat hulle besoek.
Chanette Paul is my uitstaande skrywer en ek kon nie die vier vygevroue-boeke neersit nie. Haar stories is geloofwaardig en vloeiend. Ek sien uit na haar nuutste boek!
Irma Venter se spanningsverhale is boeiend en baie goed geskryf; moeilik om die boeke neer te sit.
Chris Karsten het die vermoë om jou mee te sleur en deel te maak van die spanningsverhale, soos die Abel Lotz-trio – dit was uitstekend. Dis vol kinkels en draaie. Hy boei jou tot die einde. Hy hou jou wakker en maak dat jy nie ’n boek kan neersit nie!