Pasverskyn: Whitey: Sakereus van Shoprite deur Niel Joubert

  • 0

Whitey: Sakereus van Shoprite
Niel Joubert

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624089186

Whitey Basson, een van SA se suksesvolste sakeleiers, word beskryf as “geniaal”. Whitey het ’n legende geword toe hy, in SA se beroemdste oorname, die sukkelende OK Bazaars vir R1 gekoop het. In dié gemagtigde biografie vertel die bekroonde sakejoernalis Niel Joubert die volle storie van Whitey se opkoms en fabelagtige sukses. Van ’n paar klein winkels, gewaardeer teen R1 miljoen, het hy Shoprite in Afrika se grootste kleinhandelaar omskep – en die 35ste grootste kleinhandelaar in die wêreld.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top