
Moenie Bargain Books se flink-uit-die-vere Kersaanbod mis nie!
Plus, jy kan drie boeke wen!

Kompetisie
Vertel ons waarom jy lief is vir Suid-Afrika. Staan so ’n kans om drie boeke te wen!

Hoe om in te skryf
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.zamet die onderwerp “Suid-Afrika bo!” Vertel ons waarom jy lief is vir Suid-Afrika.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer, e-posadres en koerieradres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Vrydag 23 Desember 2022 bereik.
Reëls
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem, gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer, e-posadres en koerieradres aan Bargain Books te verskaf en jy gee aan Bargain Books die reg om met jou kontak te maak.
- Die wenners se boeke sal per koerier aan hulle gestuur word, of hulle sal gevra word om die boeke by hul naaste tak van Bargain Books af te haal.
- Bargain Books en LitNet mag die wenners se name bekendmaak, maar geen kontakbesonderhede sal openbaar gemaak word nie.


Kommentaar
Dis my geboorteland sal dit vir niks en niemand verruil nie.
Suid-Afrika bo!
Die grond ruik Afrika – die sonsondergange is onbeskryflik en my taal ... o my taal, so mooi! Van spekskiet tot keurig. So beskrywend mooi!
Ek is nie 'n Suid Afrikaner of Afrikaner nie, maar kom van Vlaandere af. My eerste bezoek aan SA dateer van 1993 en elke jaar kom ek terug na my tweede tuiste. Dis omwille van die mense en hulle gasvryheid, omwille van die kreatiewe taal wat so poëties klink en dis om die kultuur met sy kulturele feeste soos die Woordfees. As professor in Argitektuur het ek 'n uitruilskema vir studente opgestart en hulle kom almal verlief trug na hulle SA-avontuur… Dis hoekom ek lief is vir SA en Afrikaans.
Suid-Afrika is die mees gewelddadige land, maar ook die beste, die mooiste en die land met die meeste potensiaal vir al sy mense.
Suid-Afrika spel huis en tuis, teken dadelik die lieflike natuurskoon, met die reënboog as kroon. My hartsmense wat ten spyte van sware lewensvrag, jou dag kan kleur met 'n glimlag! Suid-Afrika, my land!