Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

2022 UJ-prys vir Afrikaans: uitnodiging na zoom-uitsending van die oorhandigings

LitNet Boeke en skrywers 2022-09-22

Hier is ’n uitnodiging na die aanlyn oorhandigings van die UJ-pryse vanjaar. Klik hier vir nog besonderhede.

Ongeskonde deur Alwyn Uys: ’n boekresensie

Yolanda du Toit Resensies 2022-09-21

"Hierdie is beslis ’n verhaal waar ’n mens onomwonde kan sê Alwyn is ’n ongelooflike inspirasie vir ieder en elk. Ongeskonde is ’n onvergeetlike verhaal van ’n merkwaardige persoon."

Die verkeerde vrou: ’n onderhoud met Irma Venter

Naomi Meyer, Irma Venter Skrywersonderhoude 2022-09-21

"Ek beplan my karakters deeglik, met gedetailleerde agtergrondstories en sterk voorkeure en afkere. Hulle hou my geselskap vir die 18 tot 24 maande wat ek die boek skryf en hulle mag my nie verveel nie. As hulle my gaan verveel, gaan ek die leser verveel, en om die leser te verveel is eenvoudig ontoelaatbaar."

Lansdowne dearest: My family’s story of forced removals by Bronwyn Davids – a book review

Bill Nasson Books and writers 2022-09-21

"What makes Bronwyn Davids’s story so interesting and engaging a read is the vigour and vividness with which she recreates the ups and downs of life within the circle of her nearest and dearest in and around her Lansdowne family home."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2022 – tekste wat "insuig" bekroon

ATKV ATKV-Portaal 2022-09-19

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners in die kategorieë spanningsromans, niefiksie en prosa.

Pasverskyn: Elf dae in Amsterdam deur Elizabeth Wasserman

LitNet Boeke en skrywers 2022-09-19

Millie is die middelste van vyf kinders, en wanneer sy die kans kry om vir ’n "week of wat" na Amsterdam te gaan om na haar oeroue tante te gaan kyk terwyl dié aansterk na ’n knie-operasie, gryp sy die kans aan.

Ellen Botha (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-09-19

"As jy wil snaaks wees, kan dit nie net ’n 'grappie op rym' wees nie. Jy moet in jou rymelary speel met die taal. En daar moet altyd iewers ’n stekie, ’n stoutigheid, ’n stuitigheid of ’n skurwigheid wees. So nie beteken dit vir my niks."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – Poësie-, Drama- en Woordwystoekennings

ATKV ATKV-Portaal 2022-09-15

Die ATKV-Woordveertjies, bekroon reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge.

Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar

Naomi Meyer, Hans Pienaar Skrywersonderhoude 2022-09-15

"[D]aar (was) ’n tyd toe ek kwaad was oor die ANC wat ons almal in die steek laat, maar ek wou nie by kwaad vassteek nie, ek wou iets doen, net soos ek destyds nie by kwaad oor apartheid wou vassteek nie, maar dit wou beveg. En ek het gedink: Nou maar as die ANC die staat kaap, kom ons kaap die revolusie by die ANC."

Pasverskyn: Die verkeerde vrou deur Irma Venter

LitNet Jonathan Ball-portaal 2022-09-15

Gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos ’n bloedhond van waar sy laas in Johannesburg gesien is, en selfs verder, tot by haar kinderdae.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2022 – liefdesromans en romanses

ATKV ATKV-Portaal 2022-09-15

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners in die kategorieë vir liefdesromans en romanses.

Persverklaring: Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock, besprekings kan nou gemaak word

LitNet Feeste 2022-09-14

Die reuk van ’n Karoovuur, die geklingel van silwer eetgerei op wit tafeldoeke, draadwindpompies … Meng dit met storievertellers, skrywers, akademici, historici, aktiviste en ’n hele klomp honde, dan het jy die raamwerk van die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September 2022 in Cradock plaasvind. Bespreek nou!

Press release: Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock, bookings have opened

LitNet Feeste 2022-09-14

Take storytellers, authors, academics, historians and activists; mix in the smell of a Karoo fire, the tinkling of silver on dining tables dressed in white, and a few dogs, and you have summarised the Etienne van Heerden Veldsoirée taking place in Cradock from 23 to 25 September 2022. Book now!

Program/Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée 23–25 September 2022

LitNet Feeste 2022-09-14

Program | Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 23–25 September 2022 in Cradock
Besprekings kan nou gemaak word. | Bookings have opened.

ATKV-Kinderboektoekennings 2022-persverklaring: Jong lesers kies hul gunstelinge

ATKV ATKV-Portaal 2022-09-13

As deel van die Woordveertjies word die ATKV-Kinderboektoekennings aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.

Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-13

"Die eerste keer wat ek die hit man Columbus se naam gehoor het, was in ’n Criminal minds-episode. Ek het gegoogle om te kyk of daar wel so ’n boek bestaan en vasgestel dat dit die tweede boek in Derek Haas se Silver Bear-trilogie is."

ATKV|LitNet-Skrywersalbum: Lys van Afrikaanse skrywers

LitNet ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-09-13

Hier is ’n lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat gratis op LitNet beskikbaar is.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2022

PEN Afrikaans Boeke en skrywers 2022-09-08

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Pasverskyn: Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas deur Thérèse Hulme

LitNet Boeke en skrywers 2022-09-08

Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van 17 jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap.

Program: Elfde Tuin van Digters op 7 en 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington

LitNet Feeste 2022-09-08

Die huldiging van die digter Antjie Krog, die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n debuutbundel, ’n optrede deur die Nederlandse digter, skrywer en teatermaker Babs Gons, die amptelike bekendstelling van Ons Klyntji, besprekings van nuwe bundels van onder andere Antjie Krog, Adam Small, Philip de Vos en Loit Sōls en uitsonderlike musiektoonsettings van gedigte, dit is van die hoogtepunte by vanjaar se Tuin van Digters.

Top