
Lekkerlees-LAPA
![]() |
Blou moord
deur François Bloemhof
Dis Maart 1981 en Ludo Labuschagne is terug! Dié slag gaan die onwaarskynlike privaatspeurder saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Ludo en twaalf ander verdagtes sit vas op die eiland – en hoewel net een van hulle ’n moordenaar is, het álmal ’n motief.
![]() |
Die gawe van groen
deur Elmarie Dercksen
Droogte wurg die lewe uit die binneland. Als wat eens groen en goed was, verskroei en verdor. Dan kom daar gerugte van ’n meisie met ’n gawe, ’n reënkoningin wat die water op magiese wyse kan terugbring. Ghatra, heerser van die Grasvlakte, betaal ’n yslike bruidskat, en stuur sy soldate om haar te gaan haal. Só stap Sati ’n lewe tegemoet wat sy haar nooit sou kon indink nie. Wanneer Sati agterkom wat Ghatra werklik beplan, ontdek sy daar skuil iets veel meer agter die groot groen wat in haar groei.
LUCA
![]() |
Seeking God
by Trevor Hudson
Jesus assures us that those willing to become seekers will find what their hearts most deeply desire. Profoundly influenced by his long friendship with Dallas Willard, and his experience guiding people through the Spiritual Exercises of St. Ignatius for the last thirty years, Trevor Hudson offers you a practical tool kit for your seeking journey. Designed to help you move beyond insight to encounter the living God in your life, each chapter invites you to experience the crucified and risen Christ.
![]() |
Awaiting the harvest
by Elize Parker
Awaiting the Harvest is a ninety-day guide to growing in spiritual maturity. The fruit of the Spirit is Christ’s character shining through us. We should continuously seed all nine attributes – love, joy, peace, patience, goodness, kindness, gentleness, faithfulness, self-control – and prepare our hearts for spiritual growth. Elize Parker discusses each attribute over ten days. She includes a daily prayer to inspire us to sow, grow and finally reap when the time is right.
Romanza
![]() |
Die kontrak
deur Erla-Mari Diedericks
Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en ’n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met ’n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word. Hoe moeilik kan dit tog wees? Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van ’n stomende vakansie in Mauritius en hulself in ’n uiters netelige posisie bevind – en in ’n kontrak van ’n heeltemal ander aard.
![]() |
Hoog tyd
deur Madelie Human
Dani de Villiers word onverwags weggevoer uit 2019 na 1724, tot in die sitkamer van die La Rochelle landgoed waar sy vir Jacques le Roux, die eienaar en wynboer, ontmoet. Verward en geskok oor waar sy haarself bevind, vertrou sy nie een woord wat uit Jacques se mond kom nie. Jacques het egter ander planne vir haar, want geen vrou het hom al ooit so aangeraak nie. Om sake te vererger besef Dani dat sy besig is om haar hart op Jacques te verloor. Wanneer hy ’n manier vind vir haar om terug te keer na 2019, moet sy ’n besluit neem: Volg sy haar hart en bly by hom, of moet sy teruggaan na alles wat vir haar bekend is?
![]() |
Liefde met ’n uitklophou
deur Felicia Snyman
Met haar beroep as ’n paalfiksheidsinstrukteur en swaar laste van die verlede, stel Shaylyn beslis nie in ’n verhouding belang nie. Sy en Cameron, die uiters aantreklike eienaar van die vegklub, stamp nie net koppe nie, maar beland ook saam in die vegkryt. Die spoke van die verlede stap ook saam met Cameron. Hy besef gou dat Shaylyn sy hart met een hou verower het en hy sal enige iets in sy vermoë doen om haar veilig te hou. Shaylyn moet kies tussen haar eie geluk en haar suster se veiligheid. Gaan sy toelaat dat die verlede finaal tussen haar en Cameron kom? Of gaan die liefde hulle hierdie keer elkeen ’n uitklophou gee?
![]() |
My alles vir jou
deur Dina Botha
Mirre het een droom: Om as sanger in die Silver Sun Arena op te tree. Dis te sê as die befoeterde en arrogante eienaar van die arena, Eric Saunders, haar net ’n kans sal gee. Ná ’n geslaagde oudisie kry sy uiteindelik die openingsoptrede vir ’n bekende oorsese musiekgroep. Eric is nie voorbereid op Mirre nie. Hy verloor sy hart op haar en dis duidelik dat sy dieselfde teenoor hom voel. Maar hoekom skram sy weg as daar oor ’n toekoms saam gepraat word? Mirre worstel met ’n besluit wat geneem moet word: Leef sy net een keer en gun haarself die oomblik van geluk? Of stuur sy vir Eric weg?
![]() |
Nuwe môre vir die hart
deur Magda Schmidt
Wanneer die negentienjarige Alida haar ongebore dogtertjie verloor, veg sy teen matelose depressie. Toe sy eindelik weer begin skilder, ontmoet sy die enigmatiese Gerhard. Hulle is dadelik sterk aangetrokke tot mekaar, en sy waag om vir haar nuwe vriend die verhaal van haar dogtertjie te vertel. Gerhard maak dit egter duidelik dat hulle vriendskap nie buite dié idilliese ruimte voortgesit kan word nie. Vir die volgende vier jaar is daar dan ook kosbare tye saam, maar slegs tydens Desembervakansies by die stranddorp. Waarom bly sy dan droom van ’n toekoms saam?











