Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

First sip: Across the border by Norman McFarlane

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2022-09-07

"Stupidly, most of us signed with excited, even feverish, anticipation. We were going to war, and we were going to kick the enemy’s collective arse. We’d been fed an undiluted diet of Swart Gevaar and Rooi Gevaar propaganda over the last few days and we were, we believed, invincible."

Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing!

LitNet Books and writers 2022-09-06

The first 300 entries will receive a free copy of Thérèse Hulme’s book and free refreshments will be provided. The workshops take place in Gqeberha and Somerset East respectively.

Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry!

LitNet Boeke en skrywers 2022-09-06

Die eerste 300 inskrywings ontvang ’n gratis kopie van Thérèse Hulme se boek en gratis verversings sal voorsien word. Die slypskole vind onderskeidelik in Gqeberha en Somerset-Oos plaas.

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-09-06

"An-Mari do Carmo, baie dankie vir hierdie boek. Ek vermoed ek het meer emosies beleef terwyl ek Toe als groen was gelees het, as wat ek dalk in my hele lewe moes konfronteer. Ek meet ’n boek aan die tipe vrae wat dit oor my eie sienings ontketen. Gaan dit van my ’n beter weergawe van myself maak? Beslis!"

Kleur en Karamel: ’n Onderhoud

Ilse de Korte, Analize Viljoen Skrywersonderhoude 2022-09-06

"Ek kon self besluit oor die storie, die karakters, hulle beroepe en al die res. Lisa het net vir my die vereistes vir ’n Romanza gestuur. Sy het gesê ek kan ook self besluit hoe warm ek die liefdestonele wil maak."

Bamboozled by Melinda Ferguson: invitation to Cape Town book launch

LitNet Books and writers 2022-09-06

You are invited to the book launch on the 7th of September at Exclusive Books in Claremont.

Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-09-06

"Daarteenoor het die eenvoudige daad van die deel van ervaringe in die vorm van verhale besondere potensiaal en krag, omdat dit mens so onder die indruk bring van die feit dat jy nie alleen is in jou gewaarwordinge nie. Dat daar mense voor jou was wat presies kon verwoord wat jy dalk self nie geweet het hoe om dit te verwoord nie."

Oud, maar nie koud! Eddie’s boy deur Thomas Perry, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-05

"Perry slaag daarin om nuwe lesers sowel as Butcher’s boy-volgelinge op hoogte te bring, nogtans beveel ek aan dat die vier boeke in volgorde gelees word."

Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo

Naomi Meyer, De Wet Hugo Skrywersonderhoude 2022-09-05

"Dit was altyd ’n droom om te kan skryf en ek het altyd gesê as ek net een boek gepubliseer kan kry, sal ek tevrede wees. Maar soos dit met die meeste goed in die lewe is, was een natuurlik nie genoeg nie. Die plesier wat ’n nuwe boek my gee is verslawend. Ek glo nie ek sal ooit kies om op te hou skryf nie."

George Weideman (1947–2008)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-09-02

"Om te skryf is amper soos tuinmaak: jy woel met woorde wat groei en bome wat gesnoei moet word. Dis ook ’n manier om die kompleksiteit van die lewe en die Skepping te probeer verstaan."

Dis lente in die Boland!

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-09-01

Koos Kombuis lei die lente in met ’n blitsoorsig van boeke oor kulturele verskille en komiese misverstande, kommentare op woke-kultuur, wetenskapfiksie, wat nie meer die lelike eendjie van die letterkunde is nie, en ’n ligte aksieverhaal. ’n Lekker brokkie nuus word ook gedeel!

Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet

Catrina Wessels Kopiereg-wetsontwerp 2022-09-01

"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."

Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-01

"Die boek is propvol aksie, gewere, bomme en tegniese besonderhede waaraan ons in Clancy-verhale gewoond geraak het. En om die spanning lekker uit te rek, spring die hoofstukke heeltyd tussen die hede en verlede rond."

Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie

Elodi Troskie Resensies 2022-08-31

"Die boek sluit die voordeur oop en nooi jou in die verteller se lewe in, laat jou lag, en laat jou dikwels stilstaan om ’n paragraaf oor en oor te lees omdat jy nie heeltemal kan uitpluis waar dit jou so diep tref nie. Misfit, en Rhys as skrywer, lewer ’n onvervangbare bydrae tot die Afrikaanse letterkunde."

Pasverskyn: Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen – Graad 8 Huistaal, saamgestel deur Martlie Jordaan

LitNet Boeke en skrywers 2022-08-31

Hierdie werkboek maak dit maklik vir Huistaalleerders in graad 8 om Afrikaanse taalbegrippe in te oefen en vir die eksamen voor te berei.

Persverklaring: Skrywers kan 1 September ernstig skade ly

PEN Afrikaans Kopiereg-wetsontwerp 2022-08-31

PEN Afrikaans het al herhaaldelik ons kritiek op die wetsontwerp geformuleer. Die kritiek geld helaas steeds aangesien dié opspraakwekkende wetsontwerp, ten spyte van grootskaalse teenkanting, slegs kosmetiese veranderinge ondergaan het en steeds op ’n verreikende verswakking van kopieregbeskerming en ’n ontneming van skrywers se bestaande inkomstestrome neerkom.

As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n resensie

Renette Symington Resensies 2022-08-31

"Dit is ’n teks wat jou aan die goedheid van die mens laat twyfel en menslike swakhede ontbloot, maar jou ook kan help om jou vertroue in die mensdom opnuut te herontdek."

Eugene deur Kirby van der Merwe: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2022-08-31

"Dit was 23 jaar gelede dat Kirby van der Merwe se debuutroman, Klapperhaar slaap nie stil nie, verskyn het. Ons het lank gewag vir sy tweede roman, Eugene, en ons is met hierdie pragtige werk beloon. Dit bevat ’n uiters geloofwaardige uitbeelding van mense en plekke, van die mense van die ghetto’s sowel as die aktiviste van Hillbrow."

Press release: View the programme of the Midlands Literary Festival

LitNet Books and writers 2022-08-31

The Midlands Literary Festival has become one of the major book events in KwaZulu-Natal. Simply look at the programme to see why! A weekend in the Natal Midlands is a wonderful way to recharge. Do it for yourself.

An interview with Tracy Terblanche, manager of Bargain Books Walmer Park

Izak de Vries, Tracy Terblanche Books and writers 2022-08-30

"Chat to one of our helpful booksellers. We can order titles in and source books from many sources. Sometimes it feels like we conjure up books from magical places and we feel like wizards, although Book Wizard is not yet an official job title."

Top