Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Kinderboeke wat verheug, vermaak en verruim

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2022-07-29

"Wat is dit wat ’n kinderboek suksesvol maak? Soos in enige boek, of dit nou vir grootmense of vir kinders is, gaan dit oor aangrypende karakters. Die lys kan eintlik maar daar eindig. Maar daar is wel veel meer."

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur PRH/LAPA Uitgewers

Nandi Lessing-Venter, Shawna-Leze Meiring, An-Mari do Carmo Boeke en skrywers 2022-07-28

"As ’n karakter geskep word slegs vir die doel om ’n 'randfiguur' te verteenwoordig, gaan ’n egtheid onmiddellik verlore. Die meeste skrywers sal kan getuig dat karakters in hulle stories ’n wil van hulle eie het. Hulle ontwikkel en groei saam met ’n storie."

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur NB-Uitgewers

Michelle Cooper, Simone Hough Boeke en skrywers 2022-07-28

"Dit is vir ons veral belangrik om jong skrywers te vind en te ontwikkel. Dit is noodsaaklik dat tienerinhoud ook deur jong mense self geskep word en dat hulle ’n nuwe generasie se stem kan byvoeg tot die groter literêre aanbod in Afrikaans."

Afvlerkmens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Merle Danhouse Lesersindrukke 2022-07-27

"Die Afrikaanse literatuur het dit nodig dat daar altyd met ’n vars perspektief oop en eerlik geskryf word oor die liefde, soeke na ’n identiteit en die verwerking van trauma soos deur hierdie jong skrywer."

De Waal Venter (1942–2022)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-07-27

"Die samelewing mag verander, maar ons drang om te skep is onvernietigbaar eie aan ons."

Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie

Jean Meiring Resensies 2022-07-26

"Of dít, gesien wat vandag in die wêreld aan ’t gebeur is, ’n billike slotsom is, is dalk te betwyfel. Oor die waardering wat Afrikaanse lesers vir Emslie en Delport se liefdesaak sal hê, kan daar egter geen twyfel wees nie."

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-07-25

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat prof Hennie van Coller, die voorsitter van ons Letterkundekommissie, sy bedanking ingedien het.

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

LitNet Menings 2022-07-25

"Indien die SA Akademie met prof Van Coller se mening geassosieer word ... sal dit vir ons moeilik wees om beurse van die Akademie aan ons studente as opsie voor te hou, en ook om hulle aan te moedig om byvoorbeeld aan die jaarlikse studentesimposium deel te neem."

SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra

LitNet Menings 2022-07-24

SASNEV-bestuursraad: "Dit is ons eenparige mening dat een individu se standpunte nie die pogings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om relevant in die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te wees op hierdie manier in die wiele mag ry nie."

’n Nuwe klimaat

Andries Visagie Fiksie 2022-07-24

Andries Visagie skryf ’n kortverhaal: "Die professor gee gehoor aan Blaine van Wyk. Hy gee gehoor aan die oppertouleier se vaderlike aanbeveling. Hy gee gehoor aan prof Callie Steenkamp se ystereis. Werwelend stuur hy sy terugtrekking, sy onvoorwaardelike jammerlappie, sommer ook sy bedanking uit die Letterkundekommissie die überruim binne allie pad na Centurion."

Persverklaring: Dol heuning wen nog ’n prys – en die skrywer maak sy stem dik

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2022-07-22

"Naudé begin sy aanvaardingsrede deur te sê hy sou liefs die kreatiewe wou vier deur ’n gedeelte voor te lees uit ’n roman waaraan hy tans werk. Hy het egter besluit om te reageer op ’n rubriek wat op 3 Mei in die Volksblad verskyn het."

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

Melt Myburgh Menings 2022-07-22

Marius Crous en Andries Visagie het as lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie, onder voorsitterskap van Hennie van Coller, bedank weens die onaangenaamheid rondom menings wat Van Coller in ’n rubriek oor randfigure in kinder- en jeugverhale gelug het.

First sip: My journey to the top of the world by Saray Khumalo

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2022-07-22

"I certainly didn’t need a fancy brand of clothes or an expensive handbag. That realisation never left me. I had never been a status-conscious shopper, but my buying patterns changed permanently after that Everest trip. My philosophy is that I don’t need much, but I’ll spend money on what’s important."

Krummels is mos die lekkerste deel: ’n gesprek oor boeke, kos en die lewe

Maryke Roberts, Emile Joubert Skrywersonderhoude 2022-07-22

"Fiksie en joernalistiek is heeltemal, heeltemal verskillende dissiplines. Talle briljante joernaliste – nie almal nie! – faal as romanskrywers, en goeie romansiers wat soms gevra word om joernalistiek te pleeg, sukkel om twee feite binne 3 000 woorde te betrek."

Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-07-21

"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."

First sip: Sabotage: Eskom under siege by Kyle Cowan

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2022-07-21

"I think that one of the negative consequences of affirmative action has been that we have tiptoed around this issue of performance. And it does a disservice to ambitious, competent, professional, intelligent hard-working black people, who want to be rewarded for who they are and what they do."

Press release: UJ Prizes for creative writing in isiZulu and Sesotho sa Leboa and for literary translation

LitNet Books and writers 2022-07-20

Well done to Ntombenhle Dlamini, Khayelihle Mnguni, Sandile Ngwenya, Mplang Masha, Phineas Mashilo, Kholofelo Thaba, Mahlatsi Maqwenjo and SJ Naudé.

Dan Sleigh skryf VOC se retoervlootstelsel en die oorsprong van verwoestende pokke aan die Kaap oop

Willem de Vries, Dan Sleigh Skrywersonderhoude 2022-07-20

By die lees van Retoervloot – Kaapstad en die VOC in 1713 (Tafelberg), Dan Sleigh se mees onlangse geskiedeniswerk, meld ’n magdom indrukke hulle by ’n leser aan, oor die aard van ondernemingsgees en die ingewikkelde, droewige, dinamiese en steeds uitkringende nalatenskap daarvan. Sleigh het Willem de Vries se vrae beantwoord.  

Boeke – verlies en toeverlaat

Jean Meiring Seminare en essays 2022-07-20

"Selfs in boeke en tussen woorde – wat in een sin tog ontsnapping bied – is verlies só dikwels voorop. Boeke verdwyn. Ook woorde, tongvalle, maniere van sê."

Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen

Trisa Hugo Lesersindrukke 2022-07-19

"Sy het geensins probeer om die karakters in enige boksie te plaas, of spesifieke 'gay' optrede verwag van die karakters nie. Dit is ’n segment van die lewe, ’n liefdesverhaal soos enige ander."

Top