Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Desember
Luisterboek: Sirkus deur Irma Venter
5 Desember
Resensie: Wanneer blou berge en die platteland jou verlei
Anschen Conradie resenseer Plaas se prys deur Willemien du Preez
Resensie: "Voetspore"-man se boek ’n boeiend kleurryke affêre
Jonathan Amid resenseer Krieket, kerrie en Gandhi deur Johan Badenhorst
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir November
Resensie: ’n Heel laaste herinnering aan Terry Pratchett
Donnay Torr resenseer Terry Pratchett: A Life With Footnotes deur Rob Wilkins
Boeke: Staan op teen boelies, sê skrywer van eerste kinderboek oor ABO
Charles Smith in gesprek met Reneé Veldsman.
8 Desember
Diana Ferrus: "Ek leef my drome uit in Afrikaans"
Candice Jantjies in gesprek met Diana Ferrus, wat deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans vir haar literêre bydraes vereer word.
Profiel: Hambidge het vir Sanctum in kelders van onthou afgegaan
Laetitia Pople in gesprek met Joan Hambidge
12 Desember
Resensie: ’n Avontuur vir die vakansie
Neil van Heerden resenseer Dryf deur Cecilia Steyn
Resensie: Connolly betower steeds
Sonja van der Westhuizen resenseer The Furies deur John Connolly
Resensie: Bliksemstraal van ’n boek skiet uit die heup
Jonathan Amid resenseer Antraks deur Piet van Rooyen
Boekevat: ’n Roman oor die ortografie – of tipografie?
’n Rubriek deur Jean Meiring
Boeke: Chinatown en Innie shadows praat binnekort Frans en Engels
AJ Opperman berig oor die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds
16 Desember
Boeke: Fredericks bly oor skrywersbeurs wat hom "op sy tone sal hou"
AJ Opperman in gesprek met Brian Fredericks, ontvanger van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs
19 Desember
Boeke: ’n Boek teen die waansin – bekendes, resensente vertel meer
Resensie: Doolhof gaan jou uitboul
Stefaans Coetzee resenseer Doolhof deur Rudie van Rensburg
Resensie: Waarde bo dié van korale
Ilza Roggeband resenseer Vetplantfeetjies deur Antjie Krog, Ingrid de Kok en Fiona Moodie
Resensie: Boek wat meesleur, ontroer
Joan Hambidge resenseer Hoerkind deur Herman Lategan
Resensie: ’n Meesterlike digterskap
Alwyn Roux resenseer Plunder deur Antjie Krog
21 Desember
Boeke: Engelse vertaling van André Brink se Lobola uitgegee
Boeke: Gewilde Famous Five-boeke praat nou Afrikaans
24 Desember
Boeke: Aktrise Elma Potgieter pak geweld teen vroue in nuwe roman
25 Desember
’n Oukersaand op Graaff-Reinet
Deur C Johan Bakkes
27 Desember
Boeke: Vanjaar se nuusoomblikke in boekewêreld
29 Desember
Boeke: Heerlike boeke-oes wag in 2023
AJ Opperman berig.
Boeke: Dana op 60 steeds die ewige reisiger
Dana Snyman kyk terug op ses dekades van swerf; in gesprek met AJ Opperman.
31 Desember
Sterfteberig: Bekroonde skrywer Dolf van Niekerk (93) sterf

LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
Doolhof deur Rudie van Rensburg: ’n doolhof van gebeure en juwele
Meer "killer" as die eerste, ’n resensie van Onke Mazibuko se The second verse
Serial killers of Mexico deur Wensley Clarkson, ’n lesersindruk
Die drie lewens van Hannli Human deur Connie Luyt, ’n resensie
Skets die lewe soos dit is: Strega deur Andrew Vachss, ’n lesersindruk
42: Die antwoord op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en alles
Uiters aktueel, ’n lesersindruk van Don Bentley se Zero hour
Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes deur Daniël Lötter: ’n resensie
Stories in die wind: ’n gesprek met Deidré Jantjies oor haar Khoena-kinderverhale

Rapport
Die volgende resensies het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
4 Desember
Resensie: Francois Mulder resenseer Surrender: 40 Songs, One Story
Resensie: Trisa Hugo resenseer Plaas se prys deur Willemien du Preez
11 Desember
18 Desember
Resensie: Whitey: Sakereus van Shoprite deur Niel Joubert, geresenseer deur TJ Strydom
Resensie: Farm killings in South Africa deur Nechama Brodie, geresenseer duer Chris Burgess

Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
14 Desember
Boek van die maand: Die onsigbare pou
Meer populêr as popmusiek as ʼn onderwerp vir ʼn boek kan ʼn mens kwalik kry, en dié onderwerp beheers Zirk van den Berg met dié soort vakmanskap wat ʼn mens al meermale by hom teëgekom het.
Lees die resensie deur Johan Myburg
16 Desember
Resensie: Oor die kole
In dié boek word daar gebak, gerook, gebraai en geprut. Martelize Brink berei enigiets van stadige terugsitkos tot vinnige weeksdae-lekkertes voor.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai)
21 Desember
Resensie: Profesie-Bybel Nuwe Testament
Deur die lees van Bybelse profesieë besef mens maar net weer dat God in beheer van alles is; dat daar wel vir gelowiges hoop en ’n toekoms in Christus is om na uit te sien.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai)
27 Desember
Resensie: Die wonder van die skepping
Weetgierige kinders tussen ses en tien jaar oud sal hierdie versameling prettige oordenkings baie leersaam en interessant vind. Dit sal hulle verwonderd laat oor God se kreatiewe skeppingsvermoë en hoe wonderlik sy skepping waarlik is.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai)

Klyntji
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
4 Desember
Antjie Krog se nature punk in Plunder
Azille Coetzee bespreek Plunder deur Antjie Krog
14 Desember
Gerrit Olivier oor sy vertaling van Koos Prinsloo se werk
Olivier in gesprek met Francois Lion-Cachet

Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by hierdie skakel.
Woensdag 7 Desember
Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, en Deborah Steinmair, boekeredakteur van die Vrye Weekblad, gesels oor ‘n klompie van hulle gunstelingboeke van 2022. Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vertel van die 12 skrywers wat aangewys is as 2022 se skrywers vir die Britse Royal Society of Literature se RSL 200-lys. Hy bespreek ook die sterk uitsprake oor sensuur wat die Nigeries-Amerikaanse skrywer, Chimamanda Ngozi Adichie, tydens die Reith-lesing op BBC Radio gemaak het.
Woensdag 14 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Cliffordene Norton oor haar debuutjeugroman, Om jou te ken. Deidre Jantjies vertel vir Suzette Kotze wat die inspirasie was agter haar kinderboek, Stories in die wind. Deborah Steinmair, boekeredakteur van die Vrye Weekblad gesels oor ‘n klompie van haar gunstelingboeke van 2022. Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vertel van die 12 skrywers wat aangewys is as 2022 se skrywers vir die Britse Royal Society of Literature se RSL 200-lys.
Woensdag 21 Desember
Die wenner en naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2022, Annelie Ferreira (Dit het alles begin by ’n hond) en Nerine Ahlers (Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit), gesels met Ilse Salzwedel oor hulle boeke en wat dit is wat kinders laat lees. Johan Myburg gesels oor vyf internasionale fiksieboeke wat vanjaar aandag getrek het, en jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met Cormac McCarthy, skrywer van The Passenger, een van die vyf boeke. Chris Thurman gesels oor TCC Press, ‘n afdeling van die Tsikinya-Chaka-skryfsentrum aan Wits, se nuwe Afrikaanse vertalings van Shakespeare.
Woensdag 28 Desember
Ilse Salzwedel gesels met narratiewe terapeut Therese Hulme oor haar boek, Praat jy, wat handel oor die terapeutiese waarde van skryf vir kinders. Die belangrikheid van lees word ook bespreek. Joanie Combrinck, regisseur van Ampie, RSG se middagvervolgverhaal, vertel hoekom sy dink die verhaal is steeds relevant. Jy kan ook luister na ’n argiefopname uit 1958 wat interessante agtergrond gee oor Jochem van Bruggen en sy klassieke trilogie oor Ampie. Johan Myburg bring hulde aan ‘n Duitse kinderboekskrywer wat onlangs oorlede is, vertel meer oor die Nobelpryswenner Annie Ernaux se aanvaardingstoespraak, en het ook nuus oor ’n Netflix-reeks wat gebaseer is op Don DeLillo se roman White Noise.

Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by hierdie skakel.
Dinsdag 6 Desember
Luister na gedigte oor ontmoetings. Sommige daarvan is ’n blye weersien met ’n ou vriend, ander ’n gemaklike oomblik in die geselskap van iemand met wie jy toevallig paaie kruis. En dan is daar ook daardie bisarre interaksies met vreemdelinge, wat ’n mens laat wonder: hoe het ek hier beland? Die voorleser is Johann Nel.
Dinsdag 13 Desember
Ons digters is gewoonlik baie ernstig, maar hulle kan beslis ook ’n bietjie bolla losmaak! Ons lag ‘n slag net lekker vir gedigte wat snaakse stories vertel, of komiese toneeltjies skets. Die voorleser is Marion Holm.
Dinsdag 20 Desember
Die feestyd is vir baie mense eerder ’n voostyd, veral in die dolle week voor Kersfees. Hoor wat ons digters hieroor te sê het! Die voorleser is Wessel Pretorius.
Sondag 25 Desember
Christelle Webb Joubert lees ’n paar ouer digters se gedigte voor oor Kersfees in hierdie spesiale Kersdagaanbieding van Vers en Klank. Die samesteller is Ina Strydom.
Dinsdag 27 Desember
Ons rek daardie lekker somer-see-gevoel vir oulaas uit. Luister na gedigte oor strandsambrele, sandkastele, branders duik én mense kyk, soos voorgelees deur Susanne Beyers.

Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar:
20 Desember
Antjie Krog word as ateljeegas verwelkom. Krog het ’n kroonjaar beleef, die viering van haar 70ste verjaarsdag, buitelandse erkenning en die publikasie van haar jongste bundel, Plunder, en haar kinderboek, Vetplantfeetjies.

Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Hier is ’n skakel na die blog.

Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
2 Desember
Resensie: Nini Bennett resenseer Polkadraai deur Jerzy Koch

SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Desember verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green.
Die volgende onderhoude en resensies het op sarie.com verskyn:
Oorsigresensie: Danica Gouws en Karien Labuschagne bespreek 10 kinderboeke.
- Die Goorgomgaaitjie, Julia Donaldson
- Die Smooie en die Smoue, Julia Donaldson
- Prinses Pampoenpit, Bianca Flanders
- Moeps, Aaron Blabey
- Moeps die Ster, Aaron Blabey
- Moeps die Toeris, Aaron Blabey
- Jy is ’n wens, Jaco Jacobs
- Die hasie van fluweel, Margery Williams
- Blou Maandag, Jaco Jacobs
- Asterix in België, Réne Goscinny
Resensie: Vir jou bedkassie: Klim uit jou gemaksone en leef ’n bietjie!
- Johan Esterhuizen oor Push Past Impossible, Ryan Stramrood
- Gert Venter oor Gunship Ace, Al J. Venter; Mans en hulle wonde, Cas van Rensburg, en At any cost, Stephen Timm
Resensie deur Antonio Cantoni oor Dryf geskryf deur Cecilia Steyn
Resensie deur Alma Liebenberg oor Droomvanger deur Chanette Paul
Resensie deur Nadia de Jongh oor In die skadu van Paarlberg deur Elsa Winckler
Resensie deur Tina Swiegers oor Erla-Mari Diederick se Die Bewonderaar
Onderhoud deur Phyllis Green met Marco Botha, skrywer van Die spore van Gert Saggiestrap
Onderhoud deur Phyllis Green met Niel Joubert, skrywer van Whitey

