Stories in die wind: ’n gesprek met Deidré Jantjies oor haar Khoena-kinderverhale

“My pad het begin met myself en om my erfenis te vind. Dit het belangrik geword vir my om hierdie boek te skryf. Ek wou ’n positiewe lig sien in ’n storie van die Namagemeenskap sodat die bruin kind kan verstaan dat hy of sy van ryk geskiedenis en kultuur kom.”