’n Virus is ’n ding wat lewe

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Magdalena van Zyl "’n Virus is ’n ding wat lewe" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

’n Virus is ’n ding wat lewe

Pa sê die government se gat
en Ma maak ’n kruis.
Dis orie vaccine, sê my grootbroer, lat
Dadda-goed nou soe druis.
Nee, genade toggie, praat Ouma uit die kooi
Is djou pa nou wee’ gesuip lat hy die government so
looi.
Plaas lat hy vi hom lat vaccine en somme’ lat regmaak
oek
Want nog ’n mond is djou ma se voorland
met djou pa se besige broek.
Die tweeling giggle lat die sop spat vi’ Ouma
wat so onir die rok ytpraat.
Ek hoor hoe kom Ouma yt die kamer yt
en skel somme’ al van ver af
Danny, djy hou vi djou nou yt allis yt
Djy heti vi di previous government gelysteri
en oki vi die ene nie,
ma djy lyster nou vi my:
die virus is ’n ding wat lewe
en djou broek ga’ van anni goed bewe
as djy nie vi djou en djou mense lat vaccine
soes die government order nie.
Djy maak nou so ’n scene
innie hys, ma’ as daai virus hie kom
sal djy nou kan beleef
’n virus is ’n ding wat orals in
– ’n virus is ’n ding wat leef.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top