Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.
Luister hoe Deseree Davids "liefde" voorlees.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.
liefde
ek ken jou
het al jou innerlike deurkruis
kom binne en sit gerus
jou tevrede glimlag
warm teenwoordigheid
wanneer jy my aanraak
maak dat my hart bolmakiesie
en wawiele doen
sommer so sonder ritme
ek ken die skoenlappers
wat my maagwande kielie
my linte saggies knoop
my oë wat net sterre sien
selfs bedags
want ek het maldronklief
ek wil hê jy moet hierdie keer bly
want jou bravade
lê verskuil in nederigheid egtheid
anker my stewig
aan jou
my enigste lewensdraad