Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Bargain Books | Die wenners | The winners

Bargain Books, LitNet Boeke en skrywers 2023-01-25

Bargain Books en LitNet kondig graag die wenners van die Kerskompetisies aan. | Bargain Books and LitNet are happy to announce the winners of the Christmas competitions.

Drake deel nooit deur Nicola Kinnear: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2023-01-25

"Die doel van die storie is om kinders meer te leer oor die belangrike beginsel van deel. Skrywers word gewoonlik gewaarsku dat dit ’n doodsonde is om ’n les in ’n kinderstorie in te werk, maar die groot geheim is om dit só te doen dat jy nie jou lesertjies se intelligensie onderskat en boonop prekerig oorkom nie. Die les moet op ’n heel natuurlike wyse onontbeerlik deel van die storie vorm."

’n Dagreis ver deur Zarine Roodt: ’n resensie  

Riette Rust Resensies 2023-01-24

"Vir ander kan sy nou sê: Die Camino-avontuur, veral die potensiaal vir insig, is net ’n dagreis ver, soos ook die titel suggereer. Ėlke dag van die staptog was trouens ’n nuwe reis. So ook elke dag wat vir elkeen van ons begin."

Die skerpgevylde oomblik deur Karen de Wet (redakteur): Stellenbosch-bekendstelling

LitNet Boeke en skrywers 2023-01-24

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die skerpgevylde oomblik, die huldigingsbundel rondom Petra Müller, op 1 Februarie om 18:00 in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch.

’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-24

"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."

Die tweede wenner van die R1 500-prys

LitNet, Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2023-01-24

"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."

’n Resensie van The Cedarville shop and the wheelbarrow swap deur Bridget Krone

Maritha Snyman Resensies 2023-01-23

"Dit alles skep ’n sensitiewe, speelse en plek-plek snaakse verhaal vol deernis, liefde en genade."

Ons soek e-boekkortverhale in Afrikaans

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2023-01-23

"Die mark van e-boekkortverhale is nog nie in Suid-Afrika ontgin nie. Tog kan dit ’n boek van een punt na ’n ander dra, nuwe lesers lok of selfs ’n newekarakter ontwikkel wat in ’n latere boek ’n hoofkarakter word."

Swerkaters, belhamels, rebelle, moordenaars en werfetters in Gilroy se werk

Sidney Gilroy Boeke en skrywers 2023-01-23

"Ek skryf verhoudingsverhale," sê Sidney Gilroy oor sy romans. In hierdie gesprek stel hy ons voor aan die "swerkaters, belhamels, rebelle, moordenaars en werfetters" wat hy skep.

Heimwee deur Sophia Kapp: ’n lesersindruk

Cliffordene Norton Lesersindrukke 2023-01-20

"Dit is ’n wonderlike getuigskrif van ’n ma, nie die stereotipiese goeie of slegte moederfiguur nie, maar van ’n vlees-en-bloed-ma. Met al haal foute en haar tekortkominge. Dit maak Heimwee besonders."

Kennisgewing: Bekendstelling van Petra Müller – die skerpgevylde oomblik op Swellendam

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-01-20

Boekliefhebbers van Swellendam, Petra Müller – die skerpgevylde oomblik word op Saterdag 21 Januarie 2023 op die dorp bekendgestel.

Fresh off the press: Apartheid’s Stalingrad by Rory Riordan

LitNet Books and writers 2023-01-20

"The apartheid security juggernaut met its Battle of Stalingrad in the townships of Port Elizabeth and Uitenhage in 1985 and 1986."

AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Anschen Conradie Lesersindrukke 2023-01-20

"Die digter waag om die bundel in kombinasies van Standaardafrikaans, Engels en Kaaps aan te bied en wend die variasies doeltreffend aan om die onderskeid in lewenstadiums te illustreer. Die gedigte wissel eweneens tussen tradisionele rymvorme en vrye verse en dis veral by laasgenoemde waar die digter se talent rou en onbeskroomd geopenbaar word."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2022

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2023-01-19

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Loeloeraai, kunsmatige intelligensie en die oordeelsdag

Izak de Vries Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-01-19

"Afrikaanse wetenskapfiksie is reeds 100 jaar oud. Hierdie gesprek sal CJ Langenhoven se Loeloeraai herbesoek en dan kyk hoe Willem Anker se Skepsel, Isa Konrad se Toekomsmens en Carien Smith se Bot op verskillende maniere die oordeelsdag benader."

Heimwee: ’n onderhoud met Sophia Kapp

Cliffordene Norton, Sophia Kapp Skrywersonderhoude 2023-01-19

"Hou ouer ek word, hoe meer besef ek ook hoe die band tussen ma en kind die kind se hele lewe onderlê. As daardie verhouding skeefloop, is ’n mens se hele lewe ’n stryd om aanvaarding."

Vier susters: ’n onderhoud met Gerda Taljaard

Naomi Meyer, Gerda Taljaard-Gilson Skrywersonderhoude 2023-01-17

"Ek wou juis ’n histories-gebaseerde roman skryf waar vroue die hoofpersonasies is, want vroue se rol in die geskiedenis is nog altyd onderbeklemtoon – of word bloot ontken."

Quality itself, a review of The quality of mercy by Siphiwe Gloria Ndlovu

Helen Moffett Books and writers 2023-01-17

"This is indeed a novel not only about the quality of mercy, but with that quality itself."

Goed-geskryfde familiedrama, ’n resensie van Uit die donker deur Santie van der Merwe

Malene Breytenbach Resensies 2023-01-17

"Santie van der Merwe slaag uitstekend daarin om mense se emosies te ontleed. Sy het ’n goeie begrip van hoe oud en jonk dink en optree. Sy verstaan hoe ’n tiener se kop werk."

Terug na ’n plek van gebed, ’n resensie van Die net is gebreek deur Chris van der Merwe

Anke Theron Resensies 2023-01-17

"Hierdie boek maak die menslike ervarings waarmee ons almal worstel, werklik en verstaanbaar. Verder lei die skrywer die leser stap vir stap aan die hand en volgens die Bybel terug na ’n plek waar gebed weer ’n toevlug kan word."

Top