Pasverskyn: Daar’s ’n towerponie in my bed deur Martelize Faber

  • 0

Daar’s ’n towerponie in my bed
Martelize Faber
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637001373

Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander ...

Wanneer Lia se ma in die hospitaal opgeneem word, gee Lia se ouers vir haar ’n geskenkpakkie: ’n skulp, ’n sepie, ’n haarknippie en ’n towerponie genaamd Reënboog om haar te troos. Min weet hulle presies hoe baie Reënboog haar deur die moeilike tyd gaan help! Lia en Reënboog sal kinders op ’n toweragtige reis neem na avonture waarvan ’n mens slegs kan droom. ’n Moet-lees-boek vir elke kind wat vertroosting nodig het in moeilike tye!

’n Magiese leeservaring wat die lesertjie groot genot sal verskaf.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top