Persverklaring: Jerzy Koch van Pole se Polkadraai by NALN!

  • 0

Jerzy Koch se tweede Afrikaanse digbundel Polkadraai word op Donderdag, 16 Maart 2023, om 18:00 by NALN bekend gestel. Francois Smith sal met hom gesels.

Kom vier die vyfde geleentheid van NALN se halfeeu-fees!

RSVP: annelien.naln@gmail.com

***

Jerzy Koch is vertaler, digter, akademikus en verbonde aan die A Mickiewicz-Universiteit in Poznań, asook aan die Universiteit van die Vrystaat en Stellenbosch Universiteit.

Hy is die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans.

Vir sy vertaaloeuvre het hy in die Lae Lande die M Nijhoff-prys ontvang.

Hy het in Pools bloemlesings saamgestel uit die gedigte van Ingrid Jonker (1993), Antjie Krog (2017) en Breyten Breytenbach (2018), en het prosa van Wilma Stockenström (2021) en Etienne Leroux (2023) vertaal.

Koch het onlangs navorsing gedoen uit die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) se omvangryke manuskrip- en knipselversamelings. Hy het die Skrywersmuur in Vriende van NALN se unieke Boekemark in die Ketelkelder geteken (sien die foto).

***

Tweedehandse boeke en langspeelplate word tot 3 April 2023 teen halfeeu-halfprys aangebied.

#NALN #NALN50 #AfrikaanseLetterkunde

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top