Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.
Luister hoe Deseree Davids "waarheid" voorlees.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.
waarheid
spektrum lig
veerlig
warm huppelende bloed
suikersoet
sag windsag
om jou alleen draai alles
liefde liefste lief
swart gees
skurwe teer
gebarste eer
stukkende glas
vloekend en kras
swart vensters potte mure
rooi kykers wat wild gluur
sweef oor vlaktes
op soek na rus
vuil kloue
kleef aan alles wat leef
skurwe teer gebarste eer
stukkende glas
vloekend en kras