Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.
Luister hoe Jacolene van Huysteen "wys my" voorlees.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.
wys my
wys my ’n storie wat begin by ’n hartseer einde
die kant van jou wat skree soos myne
wys my wat hulle bedoel as hulle sê
ek skiet ’n koeël deur my eie kop.
gee my rede wat my sal weer hou om
die trek van die sneller te stop –
wys my hoe hou al die pyn in ’n
oomblik net op.
hoe sien jy die perfektheid in
my wanneer ek voel soos ’n flop?
in ’n kamer vol van liefde
is die enigste haat
die wat jy in my sal kry
wys my hoe dit sou voel as jy werklik moes
sien hoe die bloed van my gebroke hart
oor jou moes spoel
sê my
het dit jou seergemaak
of het dit jou glad nie geraak
wys my jou hart sodat ek
die storie van ’n ander kant
kan verstaan