Uit Woordenaars: een van hulle

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Priscilla Oppelt "een van hulle" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

 

een van hulle

ja
jy ken my
ek is ook een van hulle
         wat jou van naarheid laat gril
         vir wie jy jou kosbare goed wegsteek
ek dra die skandvlek
gebrandmerk gebuk onder die juk
         nog ’n blerrie tikkop!
ek was verlore verworpe verrot
tussen die varke en hulle peule

jou woorde wrede verwyte vloeke slaan hard
         slegmeid jarsding gemors van ’n mens
         teringgat vuilsiekteteef
jy’s ’n doodspes gemors
my geld en bankkaart is weg
kan net jy wees
diefgemors
as jy nie steel nie
loop lê jy vir tikgeld

ja ek is al daai goed
         was ek
ek het soos die verlore seun
opgestaan
         probeer regmaak
ek soek nie ’n vetgemaakte kalf
ook nie ’n ring of nuwe klere nie
        net jou vergewing en aanvaarding

want ek WAS een van hulle!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top