Priscilla Oppelt

Priscilla Oppelt is op Darling aan die Weskus gebore, maar woon nou reeds jare op Grabouw, waar sy ’n onderwyser by ’n kleuterskool is. Volgens haar was sy maar altyd ’n eenkantmens en het sy gesukkel om uitdrukking te gee aan haar gevoelens en wat sy in woorde wil oordra. Hierdie skugterheid en minderwaardige gevoel het haar tot dwelms gedryf, waar sy vir tien jaar belangrik en deel van ’n groep gevoel het wat haar nie veroordeel nie. Dis nou al twee jaar dat sy dwelmvry is en erken dat dit sommige dae ’n verbete stryd is om staande te bly. Sy hoop en glo dat haar storie ander wat soos sy minderwaardig voel, sal inspireer om hulself te vind en te weet dat dwelms nie ’n oplossing bied nie.

Uit Woordenaars: een van hulle

Priscilla Oppelt Boeke en skrywers 2023-01-10

Luister hoe Priscilla Oppelt "een van hulle" voorlees.

Top