Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Aansoeke vir die prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting
2014-11-24 Aansoeke vir die prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting, wat toegeken word vir ’n projek op die terrein van die bevordering van kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland, word ingewag. Aansoeke sluit op 5 Desember.Opvoedkunde-verwante-artikels reeds gepubliseer in LitNet Akademies
2014-11-24 'n Lys met die geakkrediteerde opvoedkunde-verwante-artikels wat reeds in die afdeling vir Geesteswetenskappe verskyn het. Toekomstige artikels sal in die nuwe Opvoedkunde-afdeling van LitNet Akademies verskyn.Die voormoderne en moderne tyd se stryd vir vrygeskepte skone kuns
2014-11-19 Frikkie Potgieter kom in sy artikel tot die gevolgtrekking dat diegene wat vrygeskepte kuns koester vandag die taak het om 'n ruimte vir sulke kuns te beding sonder om hulle tot essensialistiese argumente te wend aangesien sulke argumente betaalwaarde verloor het. Dít is een van die hooftake van die postmodernisme.The South African Society for History Teaching's representative on the proposed one textbook policy
2014-11-18 "(L)earners will be led to think of school history as being contained and limited (“this is all you need to know to do well in history”), in complete contradiction to the essence of the discipline of history and to the multiplicity of sources of information available elsewhere."Strafregtelike struikelblokke in die mishandelde persoon se stryd om geregtigheid
2014-11-17 Hierdie artikel ondersoek die struikelblokke wat mishandelde persone dikwels as beskuldigdes in die soeke na geregtigheid ondervind, met bepaalde klem op noodweer en nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid.Wenners van Wiskunde-in-Aksie spoedig bekend
2014-11-14 Die wenners van die Wiskunde-in-Aksie word op Saterdag 15 November tydens Wiskunde-Pretdae in Pretoria, Port Elizabeth, Potchefstroom, Stellenbosch en Bloemfontein bekendgemaak.Die onderrig van klassieke literêre tekste en die skoolkurrikulum
2014-11-14 Het die onderrig van klassieke literêre tekste nog plek in die skoolkurrikulum? ’n Paar kenners gee hul mening.Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks: net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling?
2014-11-12Christo van der Merwe bied in sy artikel enersyds ’n kritiese blik op die vertaalteoretiese grondslae van die dinamies-ekwivalente 1983-vertaling en, andersyds, die akademiese besinning wat ten grondslag van die nuwe vertaling lê. Sy studie illustreer dat die term direkte vertaling ’n poging verwoord om ’n vernuwende oplossing te bied vir die spanning tussen getrouheid aan die antieke bronteks en verstaanbaarheid daarvan vir Bybellesers vandag.
Onderhoudend: Roela Hattingh
2014-11-11 "30 nagte in Amsterdam is hoeka ’n 'storie' wat wys hoe taal gebruik kan word om te onderdruk en te bevry."Vonnisbespreking: Grondwetlike aspekte van die registrasie van huisbouers en die billikheid van private arbitrasiebeslissings
2014-11-11 Ingevolge die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers 95 van 1998 kan aanspraak op vergoeding vir brouwerk deur bouers slegs gemaak word indien die bouer geregistreer is.Onderhoud met die nuwe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2014-11-11 "Dit is wat wonderlik is van die Akademie. Die kunstenaar se inspanning kan die geestesgoedere bied vir die wetenskaplike se ontspanning en die toegepaste wetenskaplike kan die hulpmiddele help ontwikkel wat die kunstenaar ter wille is. Daarom ’n onomwonde ja, die wetenskap én die kuns roer my!"Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate
2014-11-11Hierdie artikel ondersoek die aard van taalverskuiwing en -handhawing wat voorkom onder Afrikaanssprekendes wat oor die wêreld heen geëmigreer het.
