Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Kuberkelder: Graad 8-toetsvraestel vir Afrikaans HT
2015-01-06Laai 'n toetsvraestel vir graad 8 Afrikaans Huistaal af.
Vonnisbespreking: Is die Moslemhuwelik nou ’n erkende huwelik?
2015-01-06In Faro v Bingham kom die vraag na die Moslemvrou se regte ten aansien van die Moslemhuwelik en die regsgevolge daarvan by ontbinding van die huwelik opnuut ter sprake. Linda Schoeman-Malan bespreek die vonnis.
Eugène N. Marais as redakteur van Land en Volk, 1890–1896
2014-12-16 Hierdie artikel ondersoek die redakteurskap van Eugène Marais, een van die eerste Suid-Afrikaanse joernaliste wat ondersoekende joernalistiek beoefen het en dit doeltreffend in sy kritiek aangewend het.Afrikaanse universiteit is haalbaar, sê Solidariteit
2014-12-16 Die Solidariteit Beweging se planne om ’n volwaardige Afrikaanse universiteit op die been te bring, lok wye reaksie uit. Jean Oosthuizen gesels met Flip Buys oor sy langtermyndroom vir ’n Afrikaanse “Harvard”.Lesse te leer vir die grondwetlike beregting van die reg op toegang tot voldoende voedsel
2014-12-15 Hierdie artikel kyk kortliks hoe die konstitusionele hof reeds ander sosio-ekonomiese regte bereg het, ten einde 'n voorspelling te maak van hoe die hof die reg op toegang tot voldoende voedsel moontlik sal interpreteer.Slim Wim kom huis toe
2014-12-11 Die aangewese Matierektor, Wim de Villiers, het groot planne vir die Universiteit Stellenbosch. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy aanstelling en wou by hom weet hoe klop sy hart oor Afrikaans en wat is sy drome vir Matieland.Afrikaans EAT: Graad 8: Woordeskat en spelling
2014-12-09Toets graad 8's se woordeskat en spelling in die Afrikaans EAT-klas.
Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit
2014-12-09In hierdie opvolgartikel ontleed Johann Rossouw die breë argument van Bernard Stiegler se tweede vername werk, band twee van sy Tegniek en tyd-trilogie (1994, 1998, 2001), in Engels vertaal as Disorientation.
Klaskamerklets: Onderhoud met Carline Janse van Rensburg
2014-12-09 Klaskamerklets: Onderhoud met Carline Janse van RensburgAantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasies daarvan
2014-12-03 Hein Lubbe ondersoek die problematiese aspekte en implikasies van die internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof.LitNet Akademies-resensie-essay: Mede-wete deur Antjie Krog
2014-12-03 "Mede-wete is vir die ernstiger poësie-liefhebber ’n bundel wat saam met Kaar van Marlene van Niekerk en Breytenbach se vyf-en-veertig skemeraandsange tot absolute hoogtepunte van die afgelope twaalf maande behoort."Antieke slawerny en die vroeë Christendom: teoreties-hermeneutiese perspektiewe, probleme, en die opkoms van Doulologie
2014-12-03 Hierdie artikel ondersoek die verskillende teoreties-hermeneutiese perspektiewe en primêrebronprobleme in verband met die studie van antieke slawerny in die vroeë Christendom.Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel
2014-12-03Hierdie artikel beskou 'n gevallestudie van die probleem van voorraadtoewysing aan Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika.
Swart onderwysstudente se belewing van hulle opleiding in vroeë kinderonderwysopleiding aan ’n voormalige wit universiteit: ’n gevallestudie
2014-12-03Hierdie artikel fokus op die ervarings van swart studente aan ’n voormalige wit universiteit binne die VKO-program en die mate waarin hierdie ervarings tot lae registrasiesyfers bydra.
Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika
2014-12-02Elirea Bornman fokus in haar artikel op nasiebou in ? eenheidstaat en die uitsluitlike toekenning van individuele regte versus stelsels vir die erkenning van groepregte in heterogene en diepverdeelde samelewings.
In gesprek met ... Cyrille Fijnaut
2014-12-01"Van Zyl-Smit het my gewaarsku dat so ’n besoek [aan Suid-Afrika] ’n onherroeplike skok sal wees, want dit is ’n derde wêreld binne-in ’n eerste wêreld. Of soos Shearing dit opgesom het: Suid-Afrika is die wêreld in die kleine …"
