FEDSAS se Danie van Wyk praat oor skole, taal- en godsdiensbeleid

Danie van Wyk, Naomi Meyer 2014-10-24 "Die skokkende realiteit is dat Suid-Afrika meer as 30 000 gekwalifiseerde onderwysers benodig om die huidige tekort aan te vul."

LitNet Akademies-resensie-essay: Ons gaan 'n taal maak deur JC Steyn

Vic Webb Academic research 2014-10-22

Steyn gee ’n deeglike oorsig van die taalpolitieke geskiedenis van Afrikaans vanaf die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) en die verskyning van die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, in 1875 tot vandag.

Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog

Cara Kleynhans 2014-10-22 Hierdie artikel belig Steven DeGroote se deelname aan en sege in die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die ontwikkeling van sy loopbaan in die lig van die Koue Oorlog tussen die Weste en die Ooste.

Klaskamerklets: Onderhoud met Mariehetta Matthee

Carine Janse van Rensburg, Mariehetta Matthee 2014-10-20 ’n Geselsie met Mariehetta Matthee, skoolhoof van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat steeds elke dag in die Afrikaans-klas staan!

Verklaring oor voorgestelde een-teksboek-beleid

Kerneels Breytenbach 2014-10-17 PEN Afrikaans spreek namens alle Afrikaanse skrywers sy diepste kommer uit oor die regering se sentraliseringsplanne vir die onderwys.

WOW se Nasionale Spelfees spook dinge hierdie naweek uit

2014-10-16 Die finale ronde van WOW se Nasionale Spelfees word Saterdag 18 Oktober in Stellenbosch aangebied. Leerders van Graad 1 tot 10 uit agt provinsies by die Universiteit van Stellenbosch bymekaarkom om hul klank- en spelvaardighede te meet.

Kongres van die ALV 2014: 'n Kort verslag

Neil van Heerden 2014-10-15 Vanjaar is die kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) aangebied deur die Universiteit van Pretoria se Afrikaansdepartement, van 29 September tot 2 Oktober. Neil van Heerden deel sy indrukke en foto's. 

Maak kinders lief vir woordeboeke, sê ATKV

2014-10-15 Internasionale woordeboekdag word op 16 Oktober gevier omdat dit die verjaarsdag is van Noah Webster, beroemde Amerikaanse woordeboekmaker.

Die regsaard van mediaregte in sport

Steve Cornelius 2014-10-14 In hierdie artikel ondersoek Steve Cornelius of mediaregte in sport inderdaad bestaan en, indien wel, wat die aard en omvang van hierdie regte is en in wie hulle vestig.

Bokskiet, bokspring en bokjol: skuld- en vergifnisrituele in 30 nagte in Amsterdam (Etienne van Heerden)

Roela Hattingh, Henning Pieterse 2014-10-08 Roela Hattingh en Henning Pieterse lewer in hierdie artikel ’n ondersoekende blik op die rituele van skuld en vergifnis soos dit in 30 nagte in Amsterdam, ’n roman deur Etienne van Heerden (2008), vergestalt word.

Interview: Arthur Attwell explains the impact of the South African Department of Basic Education’s proposed new policy

Arthur Attwell, Carine Janse van Rensburg 2014-10-07 Arthur Attwell explains the impact of the South African Department of Basic Education’s proposed new policy: "Different learners need different kinds of textbooks, chosen school by school for their specific needs."

Voeging en skeiding van beskuldigdes in strafverhore: prosessuele onderskeid tussen die Child Justice Act 75 van 2008 en die Strafproseswet 51 van 1977

Inez Bezuidenhout, Michelle Gail Karels 2014-10-06 Hierdie artikel loods 'n regsteoretiese ondersoek na die prosessuele en geregtigheidsoorwegings tydens die gesamentlike verhoor van ’n volwasse beskuldigde en ’n kind.

Ontgroeningspraktyke in uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise: ’n verkennende studie

Eduard Potgieter, Corene de Wet, Lynette Jacobs, Kevin Teise 2014-10-01 Hierdie artikel lewer verslag oor ’n verkennende tweefase-ondersoek oor ontgroeningspraktyke en -beleide by uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise.

LitNet Akademies-resensie-essay: Kamphoer deur Francois Smith

Chris van der Merwe 2014-10-01 "Afrikaans het ’n wonderlike uitdrukking: 'om tot verhaal te kom'. In dié uitdrukking kom die wysheid tot uiting dat ’n mens, wanneer jy diep geskok is, jou 'verhaal' verloor." Hierin is dan (onder andere) die prestasie van die skrywer geleë, dat hy die hoofkarakter "tot verhaal laat kom", skryf Chris van der Merwe.

Onderhoud met laerskoolteaterwenner: Die land van die groot woordfabriek

Winnie Nel, Naomi Meyer 2014-09-30 "Drama is die oudste vorm van kuns. Dit is gebore uit die mens se drang om uiting te gee aan sy innerlike wêreld, sy emosies en veral sy belewing van sy leefwêreld en die invloed wat dit op sy psige het. Daardie drang is vandag nog net so sterk soos eeue gelede."

ATKV-Tienertoneel: Opoffering bring uitstekende resultate vir jong leerders

Izak de Vries Academic research 2014-09-26

"Malmesbury is ’n plaasgemeenskap en die afstande is groot. Baie ouers het nie motors nie. Wat maak die kinders dan om te kan oefen? Hulle slaap in die klaskamer. Dit is die enigste manier hoe hulle die ure kon insit."

LitNet Akademies-leesgoed: Herman Wasserman

Herman Wasserman 2014-09-25 Herman Wasserman deel sy gedagtes oor die boeke wat hy onlangs gelees het en wat hom bybly.

Laudatio by die oorhandiging van Riet de Jong-Goossens se vertalingserepenning

Ena Jansen 2014-09-23 Lees Ena Jansen se laudatio by die oorhandiging van die Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir vertaling aan Riet de Jong-Goossens by die Week van de Afrikaanse roman in Amsterdam.

Waarheids- en Versoeningskommissie-herverhoor en -versoeningsgeleentheid

2014-09-23 ‘n Terugblik op die aanbieding van die geloofsgemeenskappe met 'n spesifieke fokus op versoening in post-WVK-Suid-Afrika word op 8 en 9 Oktober 2014 in Stellenbosch aangebied.Die WVK-herverhoor sal gelei word deur Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu as voorsitter.

Vonnisbespreking: Kan repudiëring ooit aanvaarbaar wees?

André Mukheibir 2014-09-23 André Mukheibir bespreek, na aanleiding van die Comwezi-saak, die vraag of repudiëring as sodanig kontrakbreuk daarstel, en of die repudiëring neerkom op kontrakbreuk eers wanneer dit aanvaar word.
Top