WF 2015: Die diere is terug

  • 0

Elke dag wonder ’n mens hoekom daar regtig diere op aarde is. Is hulle hier omdat ons hulle moet liefhê of is hulle hier om ons dop te hou en lewenswyse te leer ken en dalk ons swak punte te sien?

Verlede jaar het al die diere vermis geraak; niemand het geweet wat van hulle geword het nie. Die wilde diere op land was weg en die wilde diere in die see was weg. Tot die sagteharthondjies en -katjies was weg.

Gister het ek en my kêrel by sy ouers se vakansiehuis by die see gekuier toe snaakse ruimtetuie die aarde benader het. Ek en my kêrel het gevries toe ons die ruimtetuig sien. Maar toe begin almal van die strand af skarrel soos miere wat weghardloop van water af. Ek en my kêrel het in die huis in gehardloop en daar gebly. Ons lê in die bed in die kamer en ek kan net nie slaap nie.

Ek staan op en loer deur die venster en sien dat die ruimtetuig nog steeds daar staan waar dit gister geland het.

Ek klim terug in die bed in en probeer aan die slaap te raak.

Dis oggend en ek skrik wakker van iets hards wat val. Ek spring na die venster toe en sien dat die ruimtetuig se deur oop is. Ek bly staar en kan my oë nie glo nie en sien dat dit diere is wat daar uitloop.

Dit voel of ek in ’n droom is. Ek sien my hond uitkom, op twee bene. “Billy?” vra ek geskok.

JC kom staan langs my en vat my hand. “Ons moet hier uitkom,” sȇ hy en trek my weg van die venster af.

Ek en JC sit albei in die verkeer waar almal van die see af wil wegkom. Almal gebruik die ander twee bane van die pad waar die karre wat see toe gaan, ook. Die brandweermense en weermag het vroeg vanoggend daar aangekom.

Ek sit in die kar, ongeduldig. Ek sien mense verby die kar hardloop ek draai om en sien dat die ruimtetuig al hoe nader kom. Ek spring uit en JC ook, en hardloop. Ek kyk terug en sien dat die ruimtetuig amper bo my is ek draai en hardloop teen JC was. Ons hardloop in ’n klein winkel in waar ons sien daar klein kinders ook wegkruip.

JC roep die kinders nader en ons almal gaan sit in die agterste kantoor van die klein winkel. Ek kyk op my foon en sien dis presies vyf minute later, wat soos ’n ewigheid voel.

Ek skrik wakker van ’n erge nagmerrie en sien dat almal lekker slaap. Ek skuif die seun wat op my been slaap, van my af en staan op. Ek maak die deur oop en sien dat dit verskriklik donker is. Ek maak die deur weer toe en gaan sit agter die rekenaar se skerm en skakel die rekenaar aan.

Ek lees die nuus oor wat als gebeur het vandat die diere terug gekom het van waar ook al hulle was. Ek lees en hoe meer ek lees, hoe banger word ek. “Wat doen jy?” vra JC se stem hier langs my. Ek wip toe hy die stilte onderbreek. “Ek lees net die nuus,” antwoord ek hom.

Ek kyk na hom met geskokte oë en vra “het jy geweet meer as 4 000 mense is binne ’n dag vermis sonder enige teken?”

Daar is ’n harde kap aan die deur net voordat JC my kon antwoord. Die kinders begin kliphard te huil en ek en JC probeer hulle stilmaak. Dit was duidelik te laat toe die ruimterobotte reeds die kamer bestorm.

Ek word wakker waar ek net bome bo my sien en ’n helderblou hemel. Ek staan op en sien dat JC langs my is. Ek kyk rond en sien dat dit ’n ander plek is, want hier is geen tegnologie hier nie.

JC word wakker en is net so geskok soos ek en verstaan ook nie hoe ons hier gekom nie. Ons loop in ’n rigting in en sien verskillende geboue voor ons en loop in hulle rigting.

Daar staan Billy, my hond. Ek probeer om om hom te kom, maar hy sien my. Hy kom nader na ons toe geloop.

Hy kom staan op my voete en ek begin duidelik sien hoe ons moeder aarde ontplof en ook hoe hulle vir ons ’n ander planeet gesoek het in die jaar wat hulle weg was. Ek kyk af na hom en gee vir hom ’n stywe drukkie. Ek vat JC se hand en loop in die rigting van die geboue.

“Diere is ons beste vriende en ons moet hulle waardeer,” sê ek vir JC.

Lees nog oor die LitNet Akademies WF-skryfkompetisie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top