Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
WF 2015: Tweede kans vir die blou en groen planeet
2015-05-04Hallo, mense van die planeet Aarde. My naam is Helia. Ek is 160 jaar oud, en is wat julle sal noem ’n tiener. Ek het neonoranje hare en ’n ligte skakering van blou in my vel. Ek weet nie waarom ek dit vir julle moet sê nie, maar in al die biografieë wat ek al gelees het van julle planeet, verduidelik hulle hoe die persoon lyk.
WF 2015: Gisters
2015-05-04Die ritme van my koue voete wat op die metaalplate klap, weergalm in die gang. "Ekskuus ... jammer," sê ek uit gewoonte terwyl ek verby ’n groep van die bemanning wat op die onderste vlak van die Titanic werk, hardloop.
Kortkursus by die Universiteit Stellenbosch: Dokument- en Vormontwerp 2-4 Junie 2015
2015-04-29Eleanor Cornelius bied in Junie 'n werksessie aan oor dokument- en vormontwerp.| Eleanor Cornelius will present a workshop on document and form design in June.
Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)
2015-04-29"Binne die konteks van spel in die literêre teks moet die leser bereid wees om, soos die skrywer, die derde ruimte, die tussengebied van die speelwêreld, te betree."
WF 2015: Is ons alleen?
2015-04-29Die eeue-oue vraag: Is ons alleen in die heelal? Ek het die antwoord op ’n baie vreemde tyd en plek gevind.
WF 2015: ’n Gelukkige einde
2015-04-29Ek haat boeke en films. Ek haat die feit dat die goeie persoon altyd wen. Dis ’n leuen en so stereotipies. Ek is een-en-twintig jaar oud, ek is skatryk, besit my eie wêreld, ’n bekende organisasie, en ek kan doen net wat ek wil.
WF 2015: Eksperiment 1987
2015-04-29Ek hardloop. So vinnig as wat my bene my kan dra. Totdat hulle begin brand en my hartklop so hard is dat ek niks anders kan hoor nie, maar ek kan nie stop nie. Hulle kom nog. Ek kan nie nou opgee nie, anders is ek uit.
WF 2015: Wetenskap
2015-04-29Dit kan soveel wonderbaarlike dinge in ons lewe verrig. Dis al wat in my kop aangegaan het toe ek by die Deadalus Moderne Ontwikkelingsprogram aangesluit het.
WF 2015: Reg vir baklei
2015-04-29Ek mis my bed. Ek mis my wiskundeonderwyser, televisie, my selfoon. Dis ongelooflik hoe jy eers besef hoe gelukkig jy was as jy alles verloor het. Ek mis hulle.
WF 2015: Om my toekoms te red
2015-04-29Die verlede. Dis iets waarmee ’n mens nie moet speel nie. Maar wanneer die wêreld om jou val en jou enigste alternatief die dood is, dan waag jy dit om waaghalsige dinge te doen.
Versoening in aksie. Enkele gedagtes oor die Brief aan Filemon en ons nadenke oor versoening
2015-04-28Kan Christelike brondokumente ’n sinvolle bydrae tot die soeke na versoening in Suid-Afrika lewer?
Reaksie op die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap se voorgestelde taalbeleid
2015-04-28"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (die SA Akademie), rig hiermee 'n ernstige beroep op die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap (Sansa) om sy voorgestelde amptelike taalbeleid te hersien deur ook Afrikaans daarby in te sluit."
WF 2015: 'n Regte glimlag
2015-04-28Elke spesie het ’n swak punt. Die rede vir sy probleme. En die mens, wel, ’n mens is nie anders nie. In die jaar 2051 het navorsers bewys dat ons mense baie beter sou funksioneer sonder ons grootste swak punt: emosie.
WF 2015: ’n Nuwe begin
2015-04-28Ek is in die verkeerde era gebore. Dit besluit ek finaal terwyl ek staar na die wit mure wat my omsluit. “Mejuffrou van Jaarsveld.” Ek spring verskrik op toe ek my naam hoor. “Dankie, Jaco!” Ek is uit die tronksel nog voor die deur al heeltemal oop is.
WF 2015: Tyd wag nie
2015-04-28Oop. Alles … is … óóp. My … neus (die sintuigorgaan se naam spring in my verstand op) ruik die allervreemdste geure. Dit ruik – skóón. Skerp lig dring my oë wreed binne.
WF 2015: Buitenaardse wesens
2015-04-28“En dit is hoekom dit heeltemal onmoontlik is vir enige buitenaardse wesens om te bestaan.” Juffrou Van Heerden kyk selfvoldaan na die klas. “MARAIS!” Ek skrik wakker en vryf my oë uit. “Hmmm?” Die klas begin saggies giggel.
WF 2015: Oorlewing
2015-04-28Doef! My kop tref die baksteenmuur met ’n slag. Ek steier terug en sak met ’n kreun neer terwyl sterretjies voor my visie dans. Die ruimtewese pyl op my af. Dis verby met my.
WF 2015: Die einde ... of die begin
2015-04-28Ek en my oom koop lekker kruideniersware in die winkel toe ons ’n harde gil van ’n vrou net buite die winkel hoor. Ons dink eers die vrou het seergekry. Toe ons by die winkelsentrum uitstorm, kan ons ons oë nie glo nie – ’n groot ruimtetuig hang oor die hele winkelsentrum en oor ’n hele paar huise.
Die Kaapse kerk en die Boereoorlog
2015-04-22Wat was die houding van die Kaapse kerk en sy leiers jeens die Boereoorlog?
WF 2015: Sluitingsdatum uitgestel
2015-04-22Goeie nuus! Gr. 10- tot 12 leerders het nou tot 8 Mei om hul wetenskapfiksie-kortverhaal in te skryf! Zoem na die toekoms en skryf jou ervaringe neer om groot pryse te wen.
