Die Jan H Marais-prys: Reglement

  • 1

DIE JAN H MARAIS-PRYS: REGLEMENT

  1. Doel: Erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.
  2. Oprigters: Het Jan Marais Nationale Fonds, Media24 en die Universiteit Stellenbosch.
  3. Naam: Die Jan H Marais-prys, as erkenning vir die visie van wyle mnr Johannes Henoch Marais van Stellenbosch (1850–1915), veral sy bydrae tot die vestiging van Afrikaans as akademiese taal.
  4. Keuring: Deur ’n wetenskaplik verteenwoordigende keurkomitee van vooraanstaande plaaslike en/of internasionale wetenskaplikes, jaarliks spesiaal saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die stigters sal die koste hiervan dra.
  5. Nominasies: Die keurkomitee vra vooraf openbare nominasies vir die prys op ’n wyse wat hy goed ag.
  6. Instellings as ontvangers: Die prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ’n instelling of vereniging toe te ken wat hom besonder verdienstelik om Afrikaans as wetenskapstaal gemaak het.
  7. Verdeling: Die prys mag in ’n bepaalde jaar tussen meerdere pryswenners verdeel word, soos die keurkomitee bepaal.
  8. Geen nadoodse toekenning: Die prys mag nie aan ’n oorlede persoon toegeken word nie, maar daar mag ’n nadoodse oorhandiging plaasvind in die geval waar ’n prys reeds toegeken is en die pryswenner voor die oorhandiging te sterwe kom.
  9. Prysgeld: Vyfhonderdduisend rand (R500 000), met periodieke aanpassings om die waarde van die prysgeld te behou, soos bepaal deur die stigters.
  10. Oorhandiging: Jaarliks op 30 Mei (of so na as moontlik aan dié datum) te Stellenbosch, met eerste oorhandiging in Mei 2016.
  11. Nietoekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ’n bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.
  12. Aanwending van prysgeld: Na goeddunke van die ontvanger.

(Soos goedgekeur deur HJMNF op 17 Februarie 2015)

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top