Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Die Kaapse kerk en die Boereoorlog
2015-04-22Wat was die houding van die Kaapse kerk en sy leiers jeens die Boereoorlog?
WF 2015: Sluitingsdatum uitgestel
2015-04-22Goeie nuus! Gr. 10- tot 12 leerders het nou tot 8 Mei om hul wetenskapfiksie-kortverhaal in te skryf! Zoem na die toekoms en skryf jou ervaringe neer om groot pryse te wen.
Hoeveel is een plus een in Kubaans?
2015-04-21Jean Oosthuizen het met Fedsas se provinsiale bestuurder in die Vrystaat, Chris Verhoef, gesels oor die departement se planne om Kubaanse onderwysers in te voer.
WF 2015: Skrywer Elizabeth Wasserman se ses vinnige skryfwenke
2015-04-20Lees baie. Jy sal gou agter kom hoe die kuns van storie-weef werk. Daar is nie iets soos ‘n goeie en suksesvolle skrywer wat nie ook ‘n leesvraat is nie.
WF 2015: Net my ma het geweet
2015-04-20Ek wag agter ’n groot afvaltrok waar ek wegkruip vir die ruimtewesens. Dis vandag presies ’n week gelede toe die ruimtewesens op moeder aarde geland het om almal van die aarde te verwyder.
WF 2015: Inval
2015-04-20Eergister het ons nog gewonder of daar lewe op ander planete is. Thank you very much, Discovery. Daar ís toe! Gisteroggend was die televisienuus vol van die reuse-ruimteskepe, groot stofsuiers wat mense soos klein korreltjies opsuig.
WF 2015: B-56371
2015-04-20Na die Derde Wêreldoorlog is die wêreld in chaos gedompel. Die oorlog, bomme en siektes het miljoene mense uitgewis. Die mense wat oorgebly het, is in twee groepe verdeel.
WF 2015: Skrywer Eldridge Jason gee raad
2015-04-17 Wat maak ’n goeie kortverhaal? Ek glo altyd dat ’n goeie kortverhaal oor die vermoë moet beskik om die leser te boei. Die storielyn moet jou gevange hou. Jy, die leser, moet die gewillige slaaf wees van ’n verhaal waarin jy brand om uit te vind wat volgende gaan gebeur. ’n Goeie storie, so glo […]Pos beskikbaar: Assistentinhoudsbestuurder
2015-04-17LitNet en LitNet Akademies benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike assistentinhoudsbestuurder om saam aan ons webwerf te bou. Ons soek ’n energieke spanspeler met ’n fyn oog vir besonderhede en ontwerp.
WF 2015: Invallers
2015-04-17Loeiende sirenes laat my oombliklik penregop in my bed sit. Ek kyk verward rond. Die alarm bo in die kamerhoek gooi vreemde rooi en blou skynsels oor die sewe beddens in die kamer. Rondom my kom almal stadig orent soos hulle ook deur die skril geskreeu wakker gemaak word.
WF 2015: Toekomstige museum
2015-04-17“Die volgende toestel was jare gelede gebruik vir kommunikasie. Dit word ’n selfoon genoem.” Die museum toergids sug bedroef en lig die klein reghoekige toestel op sodat ons klas dit beter kan sien.
Die oorlogsherinneringe van P.H. Roux: verontskuldiging of ’n juiste verklaring van die oorgawe in Julie 1900?
2015-04-17Jaco de Bruin en André Wessels ontleed die oorlogsherinneringe van een van die hoofkarakters in die drama wat in die Brandwaterkom ontvou het met oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en meer as 4 000 burgers gedurende die Anglo-Boereoorlog.
Vonnisbespreking: Statutêre aandeelhouersbeskerming: die geregtelike beoordeling van onderdrukkende en onredelik benadelende direksiebesluite
2015-04-16"Die hof lê die sober beginsel neer dat indien ’n applikant nie kan bewys dat direkteure hul vertrouenspligte verbreek het nie, die applikant se aansoek kragtens artikels 163 selde sal slaag, alhoewel die moontlikheid nooit uitgesluit kan word nie."
WF 2015: Volgende
2015-04-10 Die skoenlappergeel kanolabloeisels is melerig sag teen my donkergroen vingerpunte. Sonstrale val op die aarde soos pyle, vererger deur die groeiende osoongaping, maar die ultraviolet brand nie my lyf nie en die lig is onskadelik vir my donker oë. Die organiese stilte word skielik onderbreek deur die swiepende skroef van een van hul reuse-vliegmasjiene. Elsra, […]Karakteropvoeding in skole: komplekse noodsaaklikheid
2015-04-08 Dit is hartseer as mens by ’n skool instap waar respek as kernwaarde duidelik in die voorportaal pryk, maar in die gang af skree ’n onderwyser op leerders en pouses word leerders op groot skaal geboelie.Aantekeninge oor regsaspekte van ouervervreemdingsindroom in Suid-Afrika
2015-04-08In die algemeen behoort hofamptenare, gesinsadvokate en enige ander betrokke beamptes bewus gemaak en opgelei te word ten einde ouervervreemding so te hanteer dat daar in die beste belang van die kind opgetree word.
’n Alledaagse andersheid: ’n Ondersoek na Lauren Beukes se Zoo City as voorbeeld van heterotopiese literatuur
2015-04-08In die lig van ’n ontleding van Zoo City as heterotopiese roman maak Alettie van den Heever ’n gevolgtrekking oor die ideologiese argitektuur van die roman en gee ’n antwoord op die vraag of Beukes se spekulatiewe fiksie in die geval van Zoo City net nog ’n ontvlugtingsopsie is.
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2015
2015-03-27 Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op die volgende bekronings vir 2015 besluit. Hier is die volledige lys bekronings.Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg
2015-03-26Koos Malan bespreek die uitslag in Lourens v Speaker of the National Assembly oor die grondwetlikheid al dan nie daarvan dat alle wetgewing nie in alle amptelike tale gepubliseer word nie.
