|
Opsomming
Die struktuur van die internasionale filmakteurnetwerk is reeds in ’n verskeidenheid oorsese studies ontleed en het ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die netwerkteorie gespeel. Sulke studies is egter gegrond op onvolledige datastelle en boonop neem dit slegs filmakteurs in ag, terwyl daar natuurlik ’n groot verskeidenheid ander rolspelers is wat bydraes tot films lewer. Hierdie artikel stel ondersoek in na die struktuur van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk as komplekse netwerk en gebruik hiervoor ’n omvattende datastel wat self direk vanaf die films saamgestel is. Met inagneming van meer as 6 000 mense wat by hierdie bedryf betrokke is, toon die artikel aan dat dié bedryf hegter verbind is as die internasionale filmakteurnetwerk, soos geïllustreer deur ’n korter gemiddelde pad tussen mense en ’n hoër groeperingskoëffisiënt. Sommige sleutelfigure word ook uitgelig in beide die filmakteurnetwerk en die filmbedryf in sy geheel en daar word hiervoor gebruik gemaak van sowel sentraliteitsaanduiders wat binne die veld van sosiale-netwerk-analise (SNA) ontwikkel is as ’n kraggebaseerde uitlegalgoritme. Voorstelle word ook vir verdere navorsing gemaak.
Trefwoorde: Afrikaanse filmbedryf; Afrikaanse kultuur; sosiale-netwerk-analise (SNA); komplekse netwerke
Abstract
A multilevel network analysis of the Afrikaans film industry and film actor network (1994-2014)
The international film actor network played a key role in the development of what Latapy, Magnien and Del Vecchio (2008:33) refer to as a “post-1998 network analysis”. This network was one of the example networks used by both Watts and Strogatz (1998) and Barabási and Albert (1999) in developing their network models, and these two publications inspired a multitude of studies that analysed the topological properties of a variety of real-world, complex networks – from neural networks to airline networks. Numerous studies were done after these publications that also used the international film actor network, usually relying on the data provided by the Internet Movie Database (www.imdb.com). There are, however, two problems with previous studies of the international film actor network. First, while the Internet Movie Database is by far the most comprehensive database available on the international film industry, it is not complete or entirely accurate – especially when non-Hollywood industries such as the Afrikaans film industry are considered. Secondly, the international film actor network only forms part of the film industry as a whole, and cannot be considered a complete social network.
To address these issues the current study gathered data on the Afrikaans film industry directly from the end credits of the films themselves, taking into account 55 Afrikaans films that were released from 1994 to 2014 (these films are listed in the article). Secondly, all role players listed in the credits were entered into a database, including role players such as directors, assistants, make-up artists, power generator operators and extras. This allows for an analysis of the Afrikaans film industry as a whole, rather than just the actor component. Nevertheless, the Afrikaans film actor network was also analysed in order to facilitate a comparison with the international film actor network. The article then focuses on the small-world features of this network, namely average path length and transitivity or clustering, against the background of studies of the international film actor network and other complex networks. By taking into account the 805 103 ties between 6 274 people in this industry, it was found that the Afrikaans film actor network and film industry as a whole have a shorter average path length (2,353 and 2,167 respectively) and higher transitivity (0,937 and 0,92 respectively) than what was found in studies of the international film actor network, suggesting that this is a very close-knit industry. It is also shown that non-actor role players in this industry are important contributors to the industry’s small average path length, but also that the high number of people who contribute to only one film (such as extras) result in the slightly lower clustering coefficient for the industry as a whole when compared with the film actor network.
Apart from studying these macrolevel topological features of the Afrikaans film industry, the article also conducts a node-level analysis using degree, betweenness, closeness and Eigenvector centrality in order to identify the key role players in the Afrikaans film actor network and the Afrikaans film industry as a whole. In doing these calculations, both the bipartite and single-mode renditions of these networks are taken into account, since this addresses Newman’s (2010:125) concern that the projection of the bipartite network on to a single-mode network “discards a lot of the information present in the structure of the original bipartite network and hence it is, in a sense, a less powerful representation of our data”. It is shown which actors, directors and people on the production side played important roles in this industry over the past two decades, and their positions in the network are also indicated visually using the force-directed layout developed by Fruchterman and Reingold (1991). In the actor network Lelia Etsebeth, Andrew Thompson, Altus Theart, Ian Roberts and Richard van der Westhuizen are shown to have played important roles in this industry. Some examples of key figures on the production side are also highlighted, including C.A. van Aswegen, who contributed to a large number of films in his role as colour specialist, the sound engineer Basiami Segola, the boom operator Doctor Ntlama, and the make-up artist Julia Rubinstein. Using the example of Remano de Beer, who made the film Spoofie,it is also shown how valuable it is to use these centrality measures together and in conjunction with the Fruchterman and Reingold layout algorithm, since closeness centrality taken by itself overestimated Remano de Beer’s importance in this industry.
While this article constitutes the largest analysis of an Afrikaans cultural network to date, suggestions are also made for further research. This includes mapping the entire Afrikaans cultural industry that could look at how the film industry ties in with music, literature and theatre – a suggestion found by identifying the important structural role played by the Afrikaans musician Richard van der Westhuizen in the Afrikaans film industry.
Keywords: Afrikaans film industry; Afrikaans culture; Social Network Analysis (SNA); complex networks
1. Inleiding
Een van die netwerke wat ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die hedendaagse netwerkteorie gespeel het, is die internasionale filmakteurnetwerk. Latapy, Magnien en Del Vecchio (2008:33) verwys byvoorbeeld na ’n “post-1998” netwerkteorie wat verband hou met Watts en Strogatz (1998) se seminale publikasie. Die ander publikasie wat gereeld in die ontwikkeling van die hedendaagse netwerkteorie genoem word, is dié van Barabási en Albert (1999) (sien byvoorbeeld Csermely 2006:5–6). Albei hierdie studies het onder andere van die internasionale filmakteurnetwerk gebruik gemaak om gemeenskaplike kenmerke tussen komplekse netwerke te identifiseer en modelle daarvolgens te genereer. In Watts en Strogatz se geval het hulle voortgebou op Milgram (1967) se bekende kleinwêreldstudie en bevind dat die meeste entiteite in ’n komplekse netwerk gemiddeld met min skakels met mekaar verbind kan word. In Barabási en Albert se geval het hulle gevind dat die verspreiding van skakels nie die bekende klokkurwe van ’n Poisson- of Gaussian-verspreiding volg waar die meerderheid gevalle rondom ’n gemiddeld aangetref word nie.
Sedert hierdie twee publikasies is daar ook ’n verskeidenheid ander studies onderneem wat die topologie van die internasionale filmakteurnetwerk ondersoek het, byvoorbeeld Amaral, Scala, Barthélémy en Stanley (2000), Adamic en Huberman (2000), Newman, Strogatz en Watts (2001), Latapy, Magnien en Del Vecchio (2008), Tumminello, Micciche, Lillo, Piilo en Mantegna (2011) en Guillaume en Latapy (2004), asook ’n reeks artikels wat in Physica A verskyn het (Jeong 2003, Zhang, Chen, He, Zhou, Su, Jin, Chang, Zhou, Sun, Wang en He 2006, Chang, Su, Zhou en He 2007, Guillaume en Latapy 2006, Centola, Eguíluz en Macy 2007 en Nacher en Akutsu 2011).
Daar is egter twee probleme met hierdie studies. Eerstens maak al bogenoemde studies gebruik van data wat verkry is van die Internet Movie Database (www.imdb.com), wat ’n omvattende dog onvolledige versameling van data oor films bevat. Data rakende Afrikaanse films is byvoorbeeld onvolledig: volgens die Internet Movie Database het slegs drie akteurs in Arende gespeel, terwyl die film se krediete 27 lys. Ter wille van ’n akkurate en volledige datastel het ek die eindkrediete van elke film wat in hierdie studie betrek is, self in ’n databasis ingevoer.1
Tweedens wys Newman (2010:54) tereg daarop dat hierdie studies van beperkte wetenskaplike belang is: die filmakteurnetwerk is ’n komponent van die filmbedryf en verteenwoordig boonop nie ’n natuurlike sosiale netwerk nie. Om hierdie rede is in hierdie artikel nie slegs akteurs op die nuwe databasis aangedui nie, maar ook elke persoon wat in die eindkrediete gelys is, om sodoende ’n geheelbeeld oor die hele Afrikaanse filmbedryf te bied.
Hierdie artikel volg Senekal en Stemmet (2014) en Senekal (2014a) in ’n bespreking van die Afrikaanse filmbedryf as ’n komplekse netwerk. Alhoewel die tydperk wat in daardie studies bestudeer is (1916–2013), veel langer is as die tydperk wat vir die doel van die huidige studie bestudeer is (1994–2014), is in daardie studies gekonsentreer op slegs enkele soorte rolspelers, naamlik regisseurs, vervaardigers, draaiboekskrywers, kinematograwe, redigeerders en komponiste. Die huidige ondersoek volg ’n meer omvattende benadering en neem állerolspelers in ag wat betrokke was by 55 Afrikaanse films wat vanaf 1994 tot 2014 verskyn het, van regisseurs en akteurs tot assistente en drywers.Sodoende kan alle skakels binne die hele bedryf ondersoek word, maar die Afrikaanse filmakteurnetwerk is ook onttrek ter wille van ’n vergelyking met studies van die internasionale filmakteurnetwerk.
Ten opsigte van die ontleding van die Afrikaanse filmbedryf word beide ’n makrovlak- en mikrovlakontleding onderneem. Eersgenoemde konsentreer op die kleinwêreldverskynsel asook oorganklikheid, terwyl daar tydens die mikrovlakontleding ondersoek ingestel word na watter figure sleutelrolle in hierdie bedryf vertolk het.
2. Die datastel
Soos in die inleiding genoem, is data vir hierdie studie verkry deur ’n databasis direk vanaf die films se eindkrediete saam te stel. Elke rolspeler wat gelys is, is aangeteken – selfs al die ekstras en assistente.2 Eerstens maak 55 films deel uit van hierdie datastel, en soos in figuur 1 aangetoon, het sowel die aantal films as die aantal persone betrokke by hierdie films oor die afgelope paar jaar skerp toegeneem:
Let daarop dat daar volgens hierdie datastel geen Afrikaanse films tussen 1998 (Paljas) en 2007 (Poena is koning) verskyn het nie. Enkele films mag in hierdie datastel ontbreek, maar daar is sover moontlik daarna gestreef om die databasis so omvattend moontlik saam te stel, en selfs minder bekende films soos Spoofie is ingesluit.
Die volgende films maak deel uit van die datastel:
Tabel 1. Afrikaanse films wat vanaf 1994 tot 2014 vrygestel is
Film |
Datum |
1. Arende |
1994 |
2. Lipstiek dipstiek |
1994 |
3. Kaalgat tussen die daisies |
1997 |
4. Paljas |
1998 |
5. Poena is koning |
2007 |
6. Vaatjie sien sy gat |
2008 |
7. Bakgat 1 |
2008 |
8. Hond se dinges |
2009 |
9. Bakgat 2 |
2009 |
10. Karate Kallie |
2009 |
11. Stoute boudjies |
2010 |
12. Susanna van Biljon |
2010 |
13. Egoli: Afrikaners is plesierig |
2010 |
14. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom |
2010 |
15. Hoofmeisie |
2011 |
16. Getroud met rugby |
2011 |
17. Skoonheid |
2011 |
18. Platteland |
2011 |
19. Roepman |
2011 |
20. ’n Saak van geloof |
2011 |
21. Superhelde |
2011 |
22. Ek lief jou |
2011 |
23. Jakhalsdans |
2011 |
24. Ek joke net 1 |
2011 |
25. As jy sing |
2012 |
26. Pretville |
2012 |
27. Die wonderwerker |
2012 |
28. Klein Karoo |
2012 |
29. Wolwedans in die skemer |
2012 |
30. Semi-soet |
2012 |
31. Stilte |
2012 |
32. Lien se lankstaanskoene |
2012 |
33. Spoofie |
2012 |
34. Die pad na jou hart |
2013 |
35. Musiek vir die agtergrond |
2013 |
36. Jimmy in pienk |
2013 |
37. Babbelas |
2013 |
38. Bakgat 3 |
2013 |
39. Vrou soek boer |
2013 |
40. Die laaste tango |
2013 |
41. Verraaiers |
2013 |
42. Stuur groete aan Mannetjies Roux |
2013 |
43. 100m leeuloop |
2013 |
44. Molly & Wors |
2013 |
45. Hartsbegeertes |
2013 |
46. Die windpomp |
2013 |
47. Die ballade van Robbie de Wee |
2013 |
48. Alles wat mal is |
2013 |
49. Die spook van Uniondale |
2014 |
50. Ek joke net 2 |
2014 |
51. Faan se trein |
2014 |
52. Knysna |
2014 |
53. Leading lady |
2014 |
54. Mooirivier |
2014 |
55. Suurlemoen |
2014 |
Een van die probleme wat ondervind is tydens die saamstel van hierdie databasis is dat daar ’n groot aantal tik- en spelfoute in films se krediete voorkom – Julia Rubenstein is byvoorbeeld ook Julia Rubinstein. In gevalle waar daar ’n duidelike spelfout voorkom, is die film gebruik wat oor die algemeen die minste spelfoute bevat (filmkrediete wat nie deeglik taalversorg is nie, skryf byvoorbeeld “assistant” waar Afrikaanse titels gebruik word, byvoorbeeld in Bakgat). Katinka Heyns-films is deeglik taalversorg en indien moontlik is spelling dus uit haar films en ander films waarvan die eindkrediete deeglik taalversorg is, geneem. Die datastel is ook herhaaldelik nagegaan om te verseker dat die name van persone en films konsekwent aangedui is.
3. Die Afrikaanse filmbedryf (1994–2014) as ’n komplekse netwerk
Netwerke bestaan uit entiteite (ook genoem nodusse of akteurs) en hul verhoudings.3 ’n Netwerk kan op twee verskillende wyses bestudeer word: op ’n makrovlak en op ’n mikrovlak. ’n Makrovlakontleding is die tradisionele domein van komplekse netwerke soos ondersoek deur fisici soos Watts en Strogatz (1998), Barabási en Albert (1999) en Newman (2003) en ondersoek aspekte soos kleinwêreldheid, die kragwet in skakelverspreidings, groepsvorming of oorganklikheid (“clustering” of “transitivity”), graadkorrelasie en dergelike. ’n Mikrovlakontleding, daarenteen, ondersoek aspekte wat gewoonlik met sosiale-netwerk-analise (SNA) geassosieer word, insluitend graad-, tussenligging-, nabyheid- en Eigenvektorsentraliteit, soos onder andere bespreek in Senekal (2013). Beide benaderings word in hierdie artikel toegepas.
In die bestudering van individue se rolle en posisies in die Afrikaanse filmbedryf het Senekal en Stemmet (2014) en Senekal (2014a) ’n tweeledige netwerk (“bipartite network”) ondersoek, wat beteken dat twee soorte rolspelers daarby betrokke is: films en mense. Direkteurnetwerke word ook gewoonlik as tweeledig voorgestel, waar die twee soorte entiteite dan maatskappye en direkteure is. Estrada (2009:76) definieer ’n tweeledige netwerk soos volg:
A network (graph) G = (V,E) is called bipartite if its vertex set V can be partitioned into two subsets V1 and V2 such that all edges have one endpoint in V1 and the other in V2.
Die twee stelle entiteite word aangedui met ┬ (byvoorbeeld films of maatskappye) en ┴(byvoorbeeld akteurs of direkteure) (Guillaume en Latapy 2004:216; Nacher en Akutsu 2011:4637; Latapy, Magnien en Del Vecchio 2008:31). Só ’n benadering het die voordeel dat sowel films as rolspelers wat belangrike posisies in die netwerk inneem, belig kan word. Ook is dit makliker om die netwerk te verken deur te sien in watter films mense saamgewerk het. Só ’n tweeledige netwerk kan dan ook omgeskakel word in ’n enkelledige netwerk waar daar slegs een soort entiteit bestaan. Newman (2010:125) skryf dat die projeksie van tweeledige netwerke na enkelledige netwerke “discards a lot of the information present in the structure of the original bipartite network and hence it is, in a sense, a less powerful representation of our data” (kyk ook Borgatti en Everett 1997:248 en Latapy, Magnien en Del Vecchio 2008:34). Dit is egter die gebruik in die bestudering van komplekse netwerke om tweeledige netwerke in enkelledige netwerke om te skakel (Latapy, Magnien en Del Vecchio 2008:34), hoofsaaklik omdat sommige van die beginsels van die netwerkteorie, byvoorbeeld groepsvorming, slegs op enkelledige netwerke van toepassing gemaak kan word (Nacher en Akutsu 2011:4637; Latapy, Magnien en Del Vecchio 2008:40).
Kyk byvoorbeeld na die volgende tweeledige netwerk, waar ┬ ’n stel films voorstel (Ui , i=1, 2, ...) en ┬’n stel akteurs (Li, i=1, 2, ...) (aangepas uit Zhang e.a. 2006:601–2):
Die skakel tussen U1 en L1 en L2 kan omgeskakel word in ’n direkte skakel tussen L1 en L2, soos aangedui met die dun lyn. Dieselfde geld vir die skakels tussen U2 en L1 en L3, of tussen U3 en L2 en L4. Wanneer ’n filmakteurnetwerk vanaf ’n tweeledige na ’n enkelledige netwerk omgeskakel word, beteken die skakels tussen akteurs bloot dat persoon X saam met persoon Y gewerk het, byvoorbeeld Altus Theart wat saam met Ivan Botha in die Bakgat-films gespeel het. Uiteraard kan ’n mens ook die tweeledige netwerk sodanig omskakel dat slegs films in berekening gebring word en ’n direkte skakel tussen films beteken dan dat daar mense was wat ’n bydrae tot beide films gelewer het (Zhang e.a. 2006:602). Ook is dit moontlik om van ’n binêre netwerk gebruik te maak, waar slegs aangedui word of ’n skakel bestaan al dan nie, of daar kan gewigte toegeken word aan skakels wat dui op hoeveel keer die samewerking plaasgevind het. Andrew Thompson het byvoorbeeld gereeld rolle saam met Gerhard Odendaal vertolk en deur ’n gewig toe te ken aan die skakel tussen hulle word hierdie feit dus verreken. In die enkelledige weergawes van die netwerke wat hier ondersoek word, is gewigte derhalwe aan skakels toegeken.
3.1 ’n Makrovlakontleding
3.1.1 Gemiddelde pad
’n “Pad” in ’n netwerk dui op die aantal verbindings wat deurgegaan moet word om een entiteit vanaf ’n ander te bereik: “a path is simply a sequence of nodes with the property that each consecutive pair in the sequence is connected by an edge” (Easley en Kleinberg 2010:23). Om byvoorbeeld vanaf Steve Hofmeyr na Karen Zoid te beweeg, behels 4 stappe: Steve Hofmeyr het ’n rol vertolk in Bakgat 2 saam met Juan-Pierre Volschenk, wat in Susanna van Biljon gespeel het saam met Karen Zoid. Watts en Strogatz (1998) het gevind dat enige entiteit gemiddeld enige ander entiteit deur middel van ’n betreklik kort pad kan bereik in komplekse netwerke, ongeag of dit ’n biologiese netwerk (byvoorbeeld neurale netwerke of proteïeninteraksies), ’n tegnologiese netwerk (byvoorbeeld die wêreldlugvaartnetwerk of die internet), ’n inligtingnetwerk (byvoorbeeld ’n verwysingsnetwerk of die wêreldwye web) of ’n sosiale netwerk (byvoorbeeld ’n maatskappydirekteursnetwerk of vriendskapsnetwerk) is. Dié tendens staan ook bekend as kleinwêreldsheid en is in populêre kultuur toegepas deur die “Six degrees of Monica Lewinsky”- en “Six degrees of Kevin Bacon”-speletjies (Watts 2004) (sien byvoorbeeld die “Oracle of Kevin Bacon” by https://oracleofbacon.org).
As voorbeeld van kleinwêreldnetwerke verskaf ek in tabel 2 ’n aantal netwerke waarvoor die gemiddelde pad reeds bereken is, insluitend studies van die internasionale filmakteurnetwerk. Hiermee saam verskaf ek vier weergawes van die Afrikaanse filmbedryf: Die akteurnetwerk (tweeledig en enkelledig), waar slegs akteurs in ag geneem word, en die totale netwerk (tweeledig en enkelledig), waar elke rolspeler wat tot die datastel behoort, in berekening gebring word. Die aantal entiteite of nodusse (n), aantal skakels (m) en gemiddelde pad (L) is telkens aangedui (leë selle dui op inligting wat ontbreek).
Tabel 2. Die gemiddelde pad in ’n aantal komplekse netwerke
Netwerk |
n |
m |
L |
Bron |
Wêreldwye web |
325 729 |
1 090 108 |
7 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Kovoorkoms van woorde in Engels |
9 297 |
392 066 |
2,13 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Internet |
75 885 |
357 317 |
5,80 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
E-pos-kommunikasie |
59 912 |
86 300 |
4,95 |
(Ebel, Mielsch en Bornholdt 2002) |
Maatskappydirekteure |
7 673 |
55 392 |
4,60 |
(Davis, Yoo en Baker 2003) |
Mede-outeurskap |
16 401 |
29 552 |
7,18 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Treinroetes |
587 |
19 603 |
2,16 |
(Sen e.a. 2003) |
Kragvoorsieningsnetwerk |
4 941 |
6 594 |
18,99 |
(Watts en Strogatz 1998) |
Metaboliese netwerk |
765 |
3 686 |
2,56 |
(Jeong e.a. 2000) |
Neurale netwerk |
307 |
2 359 |
3,97 |
(Watts en Strogatz 1998) |
Varswatervoedselweb |
92 |
997 |
1,90 |
(Martinez 1991) |
Studenteverhoudinge |
573 |
477 |
16,01 |
(Bearman, Moody en Stovel 2004) |
Filmakteurnetwerk |
392 340 |
15 038 083 |
3,6 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Filmakteurnetwerk |
225 226 |
3,65 |
(Watts en Strogatz 1998) |
|
Filmakteurnetwerk |
212 250 |
4,54 |
(Barabási en Albert 1999) |
|
Filmakteurnetwerk |
449 913 |
25 516 482 |
3,48 |
(Amaral e.a. 2000) |
Filmakteurnetwerk |
127 823 |
1 470 418 |
6,8 |
(Latapy, Magnien en Del Vecchio 2008) |
Filmakteurnetwerk (tweeledig) |
1 921 |
2 342 |
4,66 |
Huidige studie |
Filmakteurnetwerk (enkelledig) |
1 866 |
88 023 |
2,353 |
Huidige studie |
Totale netwerk (tweeledig) |
6 329 |
8 333 |
4,247 |
Huidige studie |
Totale netwerk (enkelledig) |
6 274 |
805 103 |
2,167 |
Huidige studie |
Hieruit kan gesien word dat die Afrikaanse filmbedryf ook gekenmerk word deur ’n kort gemiddelde pad, maar in ’n groter mate as die internasionale filmakteurnetwerk. Die enkelledige projeksie van die Afrikaanse filmakteurnetwerk is die netwerk wat hier vergelyk moet word met die internasionale filmakteurnetwerk en toon ’n baie korter gemiddelde pad (2,353) vir die 1 866 akteurs wat hierby betrokke is as wat in studies van die internasionale filmakteurnetwerk gevind is (tussen 3,48 en 6,8). Die Afrikaanse filmbedryf in sy geheel vertoon ’n nog korter gemiddelde pad van 2,167 vir die altesaam 6 274 mense wat hierby betrokke is. Dié korter gemiddelde pad is vermoedelik die gevolg daarvan dat die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk ’n baie kleiner bedryf as die internasionale filmbedryf is wat digter verweef is: dieselfde mense werk gereeld saam aan films, wat tot gevolg het dat meer kort paaie in die netwerk ontstaan. Let ook daarop dat ander rolspelers in die filmbedryf (met ander woorde dié wat nie akteurs is nie) ook die gemiddelde pad ietwat verkort, wat beteken dat hulle die netwerk nóg hegter bind as die akteurs self.
Dit is merkwaardig dat in ’n netwerk so groot soos Amaral e.a. (2000) se studie van die internasionale filmakteurnetwerk, wat uit 449 913 akteurs en hul 25 516 482 skakels bestaan, ’n gemiddelde pad van 3,48 steeds aangetref word.
’n Kort gemiddelde pad tussen entiteite in ’n komplekse netwerk is egter nie slegs interessant nie, soos Cohen en Havlin (2010:65) aanvoer:
The question of the diameter of such networks is fundamental. It is relevant in many fields regarding communication and computer networks, such as routing, searching, and transport of information. All these processes become more efficient when the diameter is smaller. It might also be relevant to subjects such as the efficiency of chemical and biochemical processes and the spreading of viruses, rumors, etc. in cellular, social, and computer networks. In physics, the scaling of the diameter with the network size is related to the physical concept of the dimensionality of the system, and is highly relevant to phenomena such as diffusion, conduction, and transport in general. The anomalous scaling of the diameter in these networks is expected to lead to anomalies in diffusion and transport phenomena on these networks.
Vir die filmakteurnetwerk beteken ’n gemiddelde kort pad dat invloed vinnig kan versprei, soos ook die geval is met die filmbedryf in die geheel, waar tegnieke, sienswyses, inligting en vaardighede vinnig deur die hele netwerk oorgedra kan word. Hierdie gemiddeld korter pad in sowel die Afrikaanse filmakteurnetwerk as die Afrikaanse filmbedryf in die geheel mag beteken dat dit vinniger bekend word watter persone hul werk goed kan doen as wat die geval is met die internasionale filmakteurnetwerk, omdat persone nader aan mekaar verbind is as wat die geval is met die groter internasionale netwerk.
3.1.2 Groeperingsvorming of oorganklikheid
’n Verwante faset van komplekse netwerke – veral kleinwêreldnetwerke soos gemodelleer in Watts en Strogatz se model – is dat daar groeperingsvorming voorkom. Groeperingsvorming verwys na die tendens waar driehoeke binne ’n netwerk vorm en staan ook bekend as oorganklikheid (“transitivity”) (Cohen en Havlin 2010:24): A is byvoorbeeld vriende met B en C en B en C is onderling ook vriende (Kadushin 2012:122; Newman 2003:179; Berkowitz 1982:15–6).Kyk byvoorbeeld na die eenvoudige netwerk in Figuur 3:

Figuur 3. ’n Voorbeeld van groeperingsvorming of oorganklikheid in ’n netwerk. Terwyl ’n driehoek tussen nodusse A, B en C aangetref word, kan A, D en E as ’n drietal beskryf word, aangesien hier slegs twee skakels tussen drie nodusse bestaan.
Terwyl ’n driehoek bestaan uit drie verbinde nodusse (byvoorbeeld A, B en C in die voorbeeldnetwerk), is ’n drietal ’n deel van die netwerk waar drie nodusse met slegs twee skakels voorkom (Van Steen 2010:146), byvoorbeeld A, D en E in die voorbeeldnetwerk. Die oorganklikheid van die totale netwerk is dan die verhouding tussen driehoeke en drietalle in die hele netwerk (kyk Newman 2010:311 en Cohen en Havlin 2010:25).
’n Mens kan verder onderskei tussen globale groeperingsvorming (C), wat verwys na die gemiddelde aantal groeperings in die hele netwerk, en plaaslike groeperingsvorming (Ci), wat verwys na die aantal groeperings waarby ’n enkele entiteit betrokke is. Die groeperingskoëffisiënt lewer altyd ’n resultaat tussen 0 (waar geen driehoeke vorm nie) en 1 (waar elke moontlike driehoek gevorm is) (Easley en Kleinberg 2010:45; Newman 2010:198–204). In hierdie voorbeeldnetwerk is daar ’n globale groeperingskoëffisiënt van 0,433, maar B en C se plaaslike groeperingskoëffisiënt is 1 omdat al hulle skakels ook driehoeke vorm, terwyl A se plaaslike groeperingskoëffisiënt 0,167 is en D en E se plaaslike groeperingskoëffisiënt elk 0. In die berekenings wat volg, is slegs globale groeperingsvorming aangedui, sodat die Afrikaanse filmbedryf met ander komplekse netwerke vergelyk kan word.
Groeperingsvorming kom slegs by enkelledige netwerke voor. In ’n tweeledige netwerk sou daar byvoorbeeld skakels wees tussen Lelia Etsebeth, Gerhard Odendaal en Andrew Thompsonna die films waarin hulle rolle vertolk het, maar die films kan nie onderling skakel nie (soos die akteurs ook nie onderling kan skakel nie), aangesien die skakels hier beteken “het gespeel in”. In ’n enkelledige projeksie van die netwerk bestaan daar egter ’n driehoek tussen Gerhard Odendaal, Andrew Thompson en Lelia Etsebeth, aangesien die projeksie na ’n enkelledige netwerk die betekenis van die skakel verander na “het saamgewerk met”, soos gesien kan word in figuur 4:

Figuur 4. Die akteursnetwerk rondom Lelia Etsebeth, Gerhard Odendaal en Andrew Thompson as ’n voorbeeld van groeperingsvorming in die Afrikaanse filmbedryf. Die tweeledige netwerk is links, en die enkelledige projeksie regs. Films is links in groen aangedui, en akteurs in seegroen. ’n Skakel links beteken dat ’n akteur ’n rol in ’n film vertolk het, terwyl ’n skakel regs beteken dat ’n akteur saam met ’n ander akteur gewerk het. Die dikte van die skakel regs dui op die aantal films waarin dié akteurs saamgewerk het.
Die tweeledige netwerk is natuurlik links en die enkelledige projeksie van dié netwerk is regs. Let ook op die dikte van die skakels, wat dui op die gewigte wat tydens die projeksie van tweeledige na enkelledige netwerk toegeken is: hier kan gesien word dat Lelia Etsebeth meer gereeld saam met Andrew Thompson in films verskyn het as saam met Gerhard Odendaal.
’n Hoë globale groeperingskoëffisiënt word gewoonlik in sosiale netwerke aangetref: Guillaume en Latapy (2006:797) het byvoorbeeld ’n groeperingskoëffisiënt van 0,786 vir die internasionale filmakteurnetwerk bereken. In tabel 3 word die globale groeperingskoëffisiënte (C)in enkelledige weergawes van die Afrikaanse filmbedryf aangedui. Ter wille van vergelyking word hierdie koëffisiënte ook vir ’n aantal ander komplekse netwerke verskaf, insluitend studies van die internasionale filmakteurnetwerk.
Tabel 3. Groeperingsvorming in ’n aantal komplekse netwerke
Netwerk |
C |
Bron |
Kovoorkoms van woorde in Engels |
0,822 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Mede-outeurskap |
0,638 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Maatskappydirekteure |
0,59 |
(Davis, Yoo en Baker 2003) |
Wêreldwye web |
0,466 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Varswatervoedselweb |
0,20 |
(Martinez 1991) |
Neurale netwerk |
0,18 |
(Watts en Strogatz 1998) |
Internet |
0,171 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Kragvoorsieningsnetwerk |
0,10 |
(Watts en Strogatz 1998) |
Metaboliese netwerk |
0,090 |
(Jeong e.a. 2000) |
Proteïeninteraksies |
0,072 |
(Jeong e.a. 2001) |
Studenteverhoudinge |
0,005 |
(Bearman, Moody en Stovel 2004) |
Filmakteurnetwerk |
0,79 |
(Watts en Strogatz 1998) |
Filmakteurnetwerk |
0,20 |
(Amaral e.a. 2000) |
Filmakteurnetwerk |
0,786 |
(Guillaume en Latapy 2006) |
Filmakteurnetwerk (enkelledig) |
0,937 |
Huidige studie |
Totale netwerk (enkelledig) |
0,92 |
Huidige studie |
Die Afrikaanse filmakteurnetwerk het dus ’n aansienlik hoër groeperingskoëffisiënt (0,937) as wat in studies van die internasionale filmakteurnetwerk gevind is (wat ’n groeperingskoëffisiënt van tussen 0,2 en 0,79 oplewer), maar die totale groeperingskoëffisiënt van die hele Afrikaanse filmbedryf is ietwat laer as vir die filmakteurnetwerk, nl. 0,92. Soos in die geval met die gemiddelde pad beteken die hoë mate van groeperingsvorming in die Afrikaanse filmbedryf dat hierdie ’n digverweefde netwerk is waar mense wat saam met ander gewerk het, ook gereeld onderling saamgewerk het. Daar is inderdaad 4 243 938 driehoeke wat in die Afrikaanse filmakteurnetwerk voorkom (waarvan bogenoemde driehoek tussen Lelia Etsebeth, Gerhard Odendaal en Andrew Thompson een is) en 73 142 377 wat in die Afrikaanse filmbedryf in sy geheel voorkom. Die ietwat laer groeperingskoëffisiënt vir die hele filmbedryf is die gevolg van ekstras en ander persone wat saamwerk aan ’n enkele film, maar nie ’n verdere bydrae lewer nie – ’n faset wat in die volgende afdeling behandel word.
3.2 ’n Mikrovlakontleding
Tydens ’n mikrovlakontleding word die individuele entiteit se rol en posisie binne die netwerk bereken, anders as by ’n makrovlakontleding, met dié se klem op die netwerk se struktuur deur byvoorbeeld die gemiddelde pad of groeperingsvorming te bereken. Die gewildste berekenings wat binne ’n wetenskaplike konteks vir ’n mikrovlakontleding aangewend word, sluit in Freeman (1979) se graad-, tussenligging- en nabyheidsentraliteit, asook Bonacich (1987) se Eigenvektorsentraliteit. Hierby sou ’n mens Kleinberg (1999) se Hyperlink-Induced Topic Search (HITS) asook Brin en Page (1998) se PageRank kon voeg, maar laasgenoemde twee sentraliteitsaanduiders is van toepassing slegs op netwerke waarin die rigting van skakels aangedui is, wat nie hier die geval is nie. (Indien twee akteurs saam rolle in ’n film vertolk het, sou dit byvoorbeeld nie sin maak om die rigting van die samewerking aan te dui nie.)
Graadsentraliteit meet bloot die aantal direkte skakels waarby ’n entiteit betrokke is en is ’n aanduiding van hoe aktief ’n entiteit tot die netwerk bydra. In die geval van die akteurnetwerk dui ’n hoë graadsentraliteit bloot op die aantal films waarin daardie akteur ’n rol vertolk het (vir die tweeledige netwerk), of die aantal ander akteurs waarmee daardie akteur saamgewerk het (in die geval van die enkelledige netwerk). Tussenliggingsentraliteit identifiseer gereeld die belangrikste entiteite in ’n netwerk, omdat dit meet tot watter mate kort paaie deur ’n entiteit loop, wat beteken dat sulke entiteite ’n belangrike strukturele posisie beklee waar hulle verbindings binne die netwerk vorm. Nabyheidsentraliteit meet watter nodusse gemiddeld elke ander nodus binne ’n kort pad kan bereik. Eigenvektorsentraliteit meet watter nodusse die grootste aantal skakels het met ander nodusse wat ’n hoë graadsentraliteit het en meet met ander woorde watter nodusse goed ingebed is in die netwerk (kyk Senekal 2014b; 2013). Al vier hierdie sentraliteitsaanduiders meet belangrikheid ten opsigte van skakels binne die netwerk in ’n spesifieke opsig en daar bestaan ’n mate van korrelasie tussen entiteite se posisie ten opsigte van hierdie berekeninge. Die grootste waarde lê egter daarin om hierdie sentraliteitsaanduiders saam aan te wend, soos in hierdie onderafdeling gedoen word. Let egter daarop dat geen een van hierdie sentraliteitsaanduiders iets van kwaliteit aandui nie, maar bloot verwys na entiteite se posisie ten opsigte van die netwerkstruktuur. Die akteur met die hoogste tussenliggingsentraliteit is dus nie die “beste” akteur nie, soos die rolspeler met die hoogste graadsentraliteit ook nie noodwendig die “meeste” tot die Afrikaanse filmbedryf bygedra het nie.
Die voordeel van die ryk datastel wat hier benut word, is dat ’n mens afsonderlik sou kon gaan kyk na die filmakteurnetwerk, of die filmbedryf in sy geheel, en ook kan die enkelledige netwerke met hul tweeledige weergawes vergelyk word. Die enkelledige netwerk vertoon egter soveel oorvleueling met die tweeledige netwerk dat dit nie hier bespreek word nie, maar daar word eerder ’n tabel van die enkelledige projeksie van die filmakteurnetwerk in die bylae ingesluit. Die uitsondering is egter ten opsigte van graadsentraliteit, waar dit sinvol is om die onderskeid te maak tussen graadsentraliteit in die tweeledige netwerk (G2), waar graadsentraliteit dui op watter akteurs in die meeste films gespeel het, en die enkelledige netwerk (G1), waar graadsentraliteit dui op watter akteurs saam met die meeste ander akteurs gewerk het (in die geval van G2 is slegs 5 en meer aangedui):
Tabel 4. Graadsentraliteit in die tweeledige en enkelledige Afrikaanse filmakteurnetwerk
Akteur |
G1 |
Akteur |
G2 |
Altus Theart |
711 |
Lelia Etsebeth |
10 |
Andrew Thompson |
652 |
Altus Theart |
10 |
Ian Roberts |
596 |
Andrew Thompson |
10 |
Ivan Botha |
579 |
Ian Roberts |
9 |
Lelia Etsebeth |
573 |
Dirk Stoltz |
8 |
Christel van den Bergh |
523 |
Solomon Cupido |
8 |
Hanna Grobler |
508 |
Ivan Botha |
8 |
Karin Fourie |
471 |
Christel van den Bergh |
8 |
Cherié van der Merwe |
462 |
Hanna Grobler |
7 |
Juan-Pierre Volschenk |
442 |
Julie Strijdom |
7 |
Neil Sharim |
440 |
Morné du Toit |
6 |
Kaz McFadden |
437 |
Gys de Villiers |
6 |
Zetske van Pletzen |
429 |
Leandie du Randt |
6 |
Richard van der Westhuizen |
423 |
Lizz Meiring |
6 |
Solomon Cupido |
421 |
Neil-Bennett Grib |
6 |
Ciske Kruger |
411 |
Louw Venter |
6 |
Marlon Roelfse |
409 |
Richard van der Westhuizen |
6 |
Werner Botha |
388 |
Zetske van Pletzen |
6 |
Morne Langeveld |
388 |
Bryan Hadwen |
6 |
André Retief |
377 |
Anél Alexander |
6 |
Lea Clatworthy |
377 |
Johan Baird |
5 |
Jimmy Kruger |
365 |
Bok van Blerk |
5 |
Dantus Lundall |
365 |
Willie Esterhuizen |
5 |
Johan Coetzee |
365 |
Carien Botha |
5 |
Rinus Viljoen |
365 |
Rika Sennett |
5 |
Gideon Visagie |
353 |
Kaz McFadden |
5 |
Willie Visagie |
353 |
Karin Fourie |
5 |
Johan Lochner |
353 |
Deon Lotz |
5 |
Veronica Colling |
353 |
Terence Bridgett |
5 |
Henny Steyl |
353 |
Robbie Wessels |
5 |
Bryan Hadwen |
349 |
Marcel van Heerden |
5 |
Steve Hofmeyr |
327 |
Neil Sharim |
5 |
Chris Groenewald |
321 |
Marga van Rooy |
5 |
Julie Strijdom |
311 |
Gerhard Odendaal |
5 |
Dries Scholtz |
303 |
Marius Weyers |
5 |
Bennie Kotze |
301 |
Christina Storm |
5 |
Michelle Potgieter |
293 |
Cherié van der Merwe |
5 |
Jaco Botha |
293 |
||
Danie Bester |
291 |
||
Dirk Stoltz |
282 |
Hier kan dus gesien word dat Altus Theart, Lelia Etsebeth en wyle Andrew Thompson die akteurs is wat in die meeste Afrikaanse films te sien was (10 films elk), terwyl hulle ook die akteurs is wat saam met die grootste aantal ander akteurs gewerk het. Dit is belangrik om te let op watter akteurs in die grootste aantal films gespeel het, aangesien dit daarop dui dat hierdie van die bekendste akteurs in die Afrikaanse filmbedryf is – hulle is die “sterre” van die plaaslike filmbedryf wat dus in die meeste films te sien was in die tydperk onder bespreking. Die belangrikheid van graadsentraliteit ten opsigte van die enkelledige netwerk lê daarin dat hulle kontak gehad het met ’n groot aantal ander akteurs, wat beteken dat hulle oor ’n groot potensiaal beskik het om kennis en ondervinding op stel te deel en ook by ander te leer.
Vir die tweeledige filmakteurnetwerk is tussenliggingsentraliteit (T), nabyheidsentraliteit (N) en Eigenvektorsentraliteit (E) in tabel 5 aangedui (’n paar akteurs is met kleure aangedui ter ondersteuning van die netwerkvisualisering in figuur 5):
Tabel 5. Sentraliteitsaanduiders in die tweeledige Afrikaanse filmakteurnetwerk
Let daarop dat sommige akteurs, byvoorbeeld Lelia Etsebeth, Andrew Thompson, Altus Theart en Ian Roberts konsekwent hoog op die lys aangetref word (ook in tabel 4), ongeag watter sentraliteitsaanduiders gebruik word. Dit beteken dat hierdie akteurs belangrike posisies in die hedendaagse Afrikaanse filmbedryf beklee en dit is opvallend dat almal baie bekend is.
’n Mens sou tabel 5 ook kon ondersteun deur die tweeledige Afrikaanse filmakteurnetwerk te visualiseer met behulp van ’n Fruchterman en Reingold-kraggebaseerde uitlegalgoritme (1991), wat deel uitmaak van ’n groep kraggebaseerde uitlegalgoritmes wat aangewend kan word om die belangrike entiteite in ’n netwerk te identifiseer. Die belangrikste entiteite word altyd met só ’n uitlegalgoritme binne die sentrum geposisioneer (Kobourov 2013:397) – soos bespreek in Senekal (2014c) – en in figuur 5 is Altus Theart met blou aangedui, Lelia Etsebeth met pienk, Andrew Thompson met pers en Ian Roberts met rooi.

Figuur 5. Die tweeledige konstruksie van die Afrikaanse filmakteurnetwerk, gevisualiseer volgens die metode van Fruchterman en Reingold. Akteurs en films word met nodusse aangedui. 'n Verbinding tussen twee nodusse beteken dat die betrokke akteurs ’n rol in minstens een rolprent vertolk het. Vier persone word spesifiek beklemtoon: Altus Theart met blou, Lelia Etsebeth met pienk, Andrew Thompson met pers en Ian Roberts met rooi.
Dié is dus die akteurs wat by uitstek tot die sentrum van die hedendaagse Afrikaanse filmakteurnetwerk behoort, soos ook in tabel 5 gesien kan word.
Dieselfde berekeninge kan gedoen word vir die filmbedryf in sy geheel (slegs 8 en meer is in die geval van graadsentraliteit aangedui en kleure stem weer eens ooreen met dié van die netwerkvisualisering in figuur 6):
Tabel 6. Sentraliteitsaanduiders in die tweeledige Afrikaanse filmbedryf
’n Paar name verdien om hier uitgesonder te word. Let op C.A. van Aswegen se posisie onder die eerste vyf vir al vier sentraliteitsaanduiders: Van Aswegen het aan die produksiekant ’n besondere bydrae gelewer tot die Afrikaanse filmbedryf, byvoorbeeld deur kleurversorging te behartig vir films soos As jy sing, Superhelde, al drie die Bakgat-films, Roepman, Lien se lankstaanskoene, Getroud met rugby, Hoofmeisie en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, maar het ook as redigeerder, vervaardiger en in ander rolle bydraes tot films gelewer. Lelia Etsebeth – wat hier bo as ‘n belangrike akteur uitgesonder is – het ook as rolverdeler bygedra tot ’n groot aantal films (insluitend Hoofmeisie, Die pad na jou hart, Bakgat 3, Musiek vir die agtergrond, Roepman, Superhelde, Verraaiers en Wolwedans in die skemer), en haar algehele bydrae tot die hele bedryf word daardeur verreken dat sy konsekwent hoog op hierdie tabel voorkom. Nog ’n persoon wat hier uitgesonder moet word, is Rubinstein, wat as grimeerkunstenaar ’n bydrae tot ’n groot aantal films gelewer het, insluitend Bakgat 3, Die laaste tango, Ek joke net 1, Getroud met rugby, Roepman, Stuur groete aan Mannetjies Roux, Superhelde, Verraaiers, Wolwedans in die skemer en Suurlemoen. Basiami Segola het ook ’n uitsonderlike bydrae gelewer deur sy rol in klankontwerp vir films soos Roepman, Bakgat 1, 2 en 3, Die pad na jou hart, Klein Karoo, Lien se lankstaanskoene, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, Superhelde en Wolwedans in die skemer. Doctor Ntlama het as klankhengelman opgetree in Bakgat 1, 2 en 3, Die pad na jou hart, Hoofmeisie, Musiek vir die agtergrond, Verraaiers en Wolwedans in die skemer. 4
Op hierdie punt kan daar heelwat kritiek uitgespreek word teenoor hoe die datastel saamgestel is: ’n klankhengelman se bydrae word byvoorbeeld gelykgestel aan dié van ’n regisseur sonder dat daar ’n kwalitatiewe onderskeid gemaak word. Dié gelykstelling is doelbewus gedoen omdat almal wat in die krediete van ’n film gelys word, ’n bydrae tot daardie film gelewer het, ongeag die feit dat dit gewoonlik die regisseur, draaiboekskrywer en hoofakteurs is wat bekendheid verwerf. ’n Film kan immers nie van ’n goeie gehalte wees as ’n opgeleide klankversorger of redigeerder nie aandag daaraan skenk nie, en ’n klankversorger se werk word baie bemoeilik as ’n opgeleide klankhengelman nie in die eerste plek daartoe bygedra het dat goeie-kwaliteit-klankopnames gemaak word nie. Dieselfde geld vir grimeerkunstenaars, kontinuïteitsbestuurders en ander rolspelers: almal dra daartoe by dat ’n produksie van ’n goeie gehalte is. Dit is wel so dat ’n ekstra nie dieselfde kwalitatiewe bydrae tot ’n film gelewer het as die regisseur nie, maar die ekstras kom nie op hierdie tabel voor nie (hulle is wel deel van die datastel); net persone wat baie aktief betrokke is by die Afrikaanse filmbedryf en belangrike posisies in die struktuur van die netwerk beklee, kom hier voor, aangesien ’n netwerkontleding juis sleutelfigure in groot datastelle identifiseer.
Hierdie netwerk kan natuurlik ook voorgestel word met behulp van ’n kraggebaseerde uitlegalgoritme soos Frucherman en Reingold (1991) en in figuur 6 is tien van die sentrale rolspelers aangedui (Remano de Beer is vir verwysingsdoeleindes ook aangedui; sien verder aan).

Figuur 6. Die tweeledige konstruksie van die Afrikaanse filmbedryf, gevisualiseer volgens die metode van Fruchterman en Reingold. Rolspelers en films word met nodusse aangedui. 'n Verbinding tussen twee nodusse beteken dat die betrokke rolspelers ’n bydrae tot minstens een rolprent gelewer het. Ian Roberts is met heldergroen aangedui, Lelia Etsebeth met pienk, Gys de Villiers met helderblou, C.A. van Aswegen met pers, Deon Lotz met seegroen, Quinn Lubbe met oranje, Andrew Thompson met helderrooi, Richard van der Westhuizen met wynrooi, Julia Rubinstein met donkerblou, Adriaan Coetsee met donkergroen en Remano de Beer met geel.
Hier kan gesien word dat bostaande tabelle die posisionering van mense met behulp van ’n kraggebaseerde uitlegalgoritme ondersteun en dié is inderdaad sommige van die mense wat in die sentrum van die Afrikaanse filmbedryf funksioneer. Een uitsondering is Remano de Beer, wat die hoogste nabyheidsentraliteit het. Hy is volgens die krediete van Spoofie die enigste persoon wat ’n bydrae tot hierdie film gelewer het en het ook geen ander bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf gelewer nie. Aangesien nabyheidsentraliteit meet watter entiteite ander entiteite met ’n gemiddelde kort pad kan bereik, is die vraag natuurlik hoekom hy die hoogste nabyheidsentraliteit het, aangesien hy geen ander skakels met die res van die filmbedryf het nie en daar dus geen pad tussen hom en enige ander rolspeler bestaan nie. Sy hoë nabyheidsentraliteit is die gevolg daarvan dat nabyheidsentraliteit hier vir beide komponente van die filmbedryf bereken is. Die Afrikaanse filmbedryf bestaan uit twee komponente: 1) Remano de Beer met Spoofie, en 2) die res van die bedryf, waar alle rolspelers geskakel is. In sy komponent is hy natuurlik ’n belangrike rolspeler, maar nie in die filmbedryf in die geheel nie. Sy hoë nabyheidsentraliteit illustreer die waarde daarvan om verskillende sentraliteitsaanduiders aanvullend aan te wend en ook die waarde van ’n kraggebaseerde uitlegalgoritme: sou ’n mens slegs een sentraliteitsaanduider aanwend, sou sy posisie in die Afrikaanse filmbedryf oorskat word. Gesien in die lig van die ander sentraliteitsaanduiders, asook sy posisie in die netwerk in figuur 6, is hy egter duidelik ’n randfiguur.
Let ook daarop dat daar ’n groot aantal persone op die rand verkeer wat slegs ’n enkele skakel met die res van die netwerk het: die randfigure is gereeld ekstras en ander persone wat slegs tot ’n enkele film bygedra het. By die bespreking van groeperingsvorming is genoem dat hierdie persone die Afrikaanse filmbedryf se globale groeperingskoëffisiënt ietwat verlaag en in hierdie grafiek kan duidelik gesien word dat daar min driehoeke op die periferie voorkom wat dié verlaging bewerkstellig.
4. Ten slotte
Hierdie artikel het die eerste makrovlakontleding van die Afrikaanse filmbedryf en akteurnetwerk onderneem en ook die grootste Afrikaanse kulturele netwerk tot op hede ontleed. Daar is deur middel van die berekening van die gemiddelde pad en -groeperingsvorming aangedui dat die Afrikaanse filmakteurnetwerk en filmbedryf heelwat hegter verbind is as die internasionale filmakteurnetwerk, wat beteken dat inligting makliker en vinniger in hierdie netwerk kan versprei as wat die geval is met die internasionale filmakteurnetwerk. Met inagneming van 6 274 mense en hul 805 103 skakels is sommige van die sleutelfigure in hierdie bedryf ook uitgesonder. Dit is veral sommige name, byvoorbeeld C.A. van Aswegen, Lelia Etsebeth, Ian Roberts en wyle Andrew Thompson wat telkens ter sprake gekom het. Daar is ook aangedui waarom dit sinvol is om sentraliteitsaanduiders aanvullend aan te wend, met spesifieke verwysing na Remano de Beer se posisie as randfiguur in die filmbedryf.
Die interessante volgende vraag is nou hoe die Afrikaanse filmbedryf met ander Afrikaanse kulturele netwerke skakel. Deon Meyer is byvoorbeeld deel van die datastel as draaiboekskrywer, terwyl ’n groot aantal musikante – onder andere Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Hunter Kennedy, Sallas de Jager en Karen Zoid – ook deel uitmaak van hierdie datastel. Veral Richard van der Westhuizen verteenwoordig ’n belangrike skakel tussen die Afrikaanse musiekbedryf en die filmbedryf, omdat hy aangetoon is as ’n belangrike rolspeler in laasgenoemde. Toekomstige studies kan die raakpunte tussen die Afrikaanse musiekbedryf, filmbedryf, toneel en letterkunde ondersoek en sodoende kan ’n mens ’n beter blik op die hele Afrikaanse kulturele sisteem verkry.
Bibliografie
Adamic, L.A. en B.A. Huberman. 2000. Power-law distribution of the world wide web. Science, 287:2115.
Amaral, L.A.N., A. Scala, M. Barthélémy en H.E. Stanley. 2000. Classes of small world networks. Proceedings National Academy of Sciences, 97:11149–52.
Barabási, A.-L. en R. Albert. 1999. Emergence of scaling in random networks. Science, 286:509–11.
Bearman, P.S., J. Moody en K. Stovel. 2004. Chains of affection: the structure of adolescent romantic and sexual networks. American Journal of Sociology, 110:44–91.
Berkowitz, S.D. 1982. An introduction to structural analysis: The network approach to social research. Toronto: Butterworth.
Bonacich, P. 1987. Power and centrality: A family of measures. The American Journal of Sociology, 92:1170–82.
Borgatti, S.P. en M.G. Everett. 1997. Network analysis of 2-mode data. Social Networks, 19:243–69.
Brin, S. en L. Page. 1998. The anatomy of a large-scale hypertextual web search engine. Proceedings of the seventh International Conference on the World Wide Web, 107–17.
Centola, D., V.M. Eguíluz en M.W. Macy. 2007. Cascade dynamics of complex propagation. Physica A, 374:449–56.
Chang, H., B.-B. Su, Y.-P. Zhou en D.-R. He. 2007. Assortativity and act degree distribution of some collaboration networks. Physica A, 383:687–702.
Cohen, R. en S. Havlin. 2010. Complex networks: structure, robustness and function. Cambridge: Cambridge University Press.
Csermely, P. 2006. Weak links: Stabilizers of complex systems from proteins to social networks. Heidelberg: Springer.
Davis, G.F., M. Yoo en W.E. Baker. 2003. The small world of the American corporate elite, 1982–2001. Strategic Organization, 1(3):301–26.
Dehmer, M. en F. Emmert-Streib (reds.). 2009. Analysis of complex networks: from biology to linguistics. Weinheim: Wiley-VCH
Easley, D. en J. Kleinberg. 2010. Networks, crowds and markets. Reasoning about a highly connected world. New York: Cambridge University Press.
Ebel, H., L.-I. Mielsch en S. Bornholdt. 2002. Scale-free topology of e-mail networks. Physical Review E, 66:035103.
Estrada, E. 2009. Spectral theory of networks: From biomolecular to ecological systems. In Dehmer en Emmert-Streib (reds.) 2009.
Freeman, L.C. 1979. Centrality in social networks conceptual clarification. Social networks, 1(3):215–39.
Fruchterman, T.M.J. en E.M. Reingold. 1991. Graph drawing by force-directed placement. Software: Practice and experience, 21(11):1129–64.
Guillaume, J.-L. en M. Latapy. 2004. Bipartite structure of all complex networks. Information Processing Letters, 90:215–21.
—. 2006. Bipartite graphs as models of complex networks. Physica A, 371:795–813.
Jeong, H. 2003. Complex scale-free networks. Physica A, 321:226–37.
Jeong, H., S.P. Mason, A.-L. Barabási en Z.N. Oltvai. 2001. Lethality and centrality in protein networks. Nature, 411:41–2.
Jeong, H., B. Tombor, R. Albert, Z.N. Oltvai en A.-L. Barabási. 2000. The large-scale organization of metabolic networks. Nature, 407:651.
Kadushin, C. 2012. Understanding social networks. Theories, concepts, and findings. Oxford: Oxford University Press.
Kleinberg, J.M. 1999. Authoritative sources in a hyperlinked environment. J. ACM, 46:604–32.
Kobourov, S.G. 2013. Force-directed drawing algorithms. In Tamassia (red.) 2013.
Latapy, M., C. Magnien en N. Del Vecchio. 2008. Basic notions for the analysis of large two-mode networks. Social Networks, 30:31–48.
Martinez, N.D. 1991. Artifacts or attributes? Effects of resolution on the Little Rock Lake food web. Ecological Monographs, 61:367–92.
Milgram, S. 1967. The small world problem. Psychology Today, 2:60–7.
Nacher, J.C. en T. Akutsu. 2011. On the degree distribution of projected networks mapped from bipartite networks. Physica A, 390:4636–51.
Newman, M.E.J. 2003. The structure and function of complex networks. SIAM Review, 45(2):167–256.
—. 2010. Networks. Oxford: Oxford University Press.
Newman, M.E.J., S.H. Strogatz en D.J. Watts. 2001. Random graphs with arbitrary degree distributions and their applications. Physical Review E, 64:026118.
Sen, P., S. Dasgupta, A. Chatterjee, P.A. Sreeram, G. Mukherjee en S.S. Manna. 2003. Small-world properties of the Indian railway network. Physical Review E, 67:036106.
Senekal, B.A. 2012. Die Afrikaanse literêre sisteem: ’n Eksperimentele benadering met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA). LitNet Akademies, 9(3):614–38. https://www.litnet.co.za/assets/pdf/Senekal_9_3_GW9.pdf.
—. 2013. Die gebruik van die netwerkteorie binne ’n sisteemteoretiese benadering tot die Afrikaanse letterkunde: ’n Teorie-oorsig. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 53(4):668–82.
—. 2014a. An investigation of Pierre de Wet’s role in the Afrikaans film industry using Social Network Analysis (SNA). Literator, 35(1).
—. 2014b. Canons and connections. A Network Theory approach to the study of literary systems with specific reference to Afrikaans poetry. Washington, DC: New Academia.
—. 2014c. Olga Kirsch se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem (1900–1978). Werkwinkel, 9(2):9–36.
Senekal, B.A. en S. Brokensha. 2014. Surfers van die tsunami. Navorsing en inligtingstegnologie binne die Geesteswetenskappe. Bloemfontein: SunPress.
Senekal, B.A. en J.-A. Stemmet. 2014. The gods must be connected: An investigation of Jamie Uys’s connections in the Afrikaans film industry using Social Network Analysis (SNA). Communicatio, 40(1):1–19.
Tamassia, R. (red.). 2013. Handbook of graph drawing and visualization. Boca Rayton, Florida: CRC Press.
Tumminello, M., S. Micciche, F. Lillo, J. Piilo en R.N. Mantegna. 2011. Statistically validated networks in bipartite complex systems. PLoS ONE, 6(3):e17994.
Van Steen, M. 2010. Graph theory and complex networks. Publikasieplek onbekend. Van Steen.
Watts, D.J. 2004. Six degrees. The science of a connected age. Londen: Vintage.
Watts, D.J. en S.H. Strogatz. 1998. Collective dynamics of “small-world” networks. Nature, 393(6684):409–10.
Zhang, P.-P., K. Chen, Y. He, T. Zhou, B.-B. Su, Y. Jin, H. Chang, Y.-P. Zhou, L.-C. Sun, B.-H. Wang en D.-R. He. 2006. Model and empirical study on some collaboration networks. Physica A, 360:599–616.
Bylae: Die enkelledige filmakteurnetwerk
Wanneer die tweeledige akteursnetwerk na ’n enkelledige akteursnetwerk geprojekteer word, kan die volgende tabel saamgestel word wat weer eens akteurs se tussenligging-, nabyheid- en Eigenvektorsentraliteit aandui:
Sentraliteitsaanduiders in die enkelledige Afrikaanse filmakteurnetwerk
Akteur |
T |
Akteur |
N |
Akteur |
E |
Ian Roberts |
0,079384 |
Altus Theart |
0,611676 |
Altus Theart |
0,159362 |
Lelia Etsebeth |
0,079101 |
Andrew Thompson |
0,605913 |
Andrew Thompson |
0,147275 |
Altus Theart |
0,05629 |
Ivan Botha |
0,586294 |
Ivan Botha |
0,133659 |
Andrew Thompson |
0,044145 |
Ian Roberts |
0,584823 |
Lelia Etsebeth |
0,132091 |
Hanna Grobler |
0,039389 |
Lelia Etsebeth |
0,58263 |
Ian Roberts |
0,122289 |
Richard |
0,036535 |
Christel van den Bergh |
0,576151 |
Christel van den Bergh |
0,117619 |
Christel van den Bergh |
0,030622 |
Hanna Grobler |
0,56964 |
Cherié van der Merwe |
0,105118 |
Julie Strijdom |
0,027154 |
Karin Fourie |
0,560397 |
Neil Sharim |
0,104457 |
Solomon Cupido |
0,025949 |
Zetske van Pletzen |
0,556218 |
Hanna Grobler |
0,104379 |
Robbie Wessels |
0,024746 |
Kaz McFadden |
0,554894 |
Karin Fourie |
0,103828 |
Zetske van Pletzen |
0,024535 |
Richard |
0,554564 |
Solomon Cupido |
0,101834 |
Ivan Botha |
0,02447 |
Solomon Cupido |
0,553741 |
Ciske Kruger |
0,098391 |
Dirk Stoltz |
0,0214 |
Cherié van der Merwe |
0,550635 |
Juan-Pierre Volschenk |
0,09489 |
Deon Lotz |
0,021011 |
Neil Sharim |
0,547081 |
Kaz McFadden |
0,093873 |
Anél Alexander |
0,020869 |
Juan-Pierre Volschenk |
0,542467 |
Zetske van Pletzen |
0,09246 |
Kaz McFadden |
0,019084 |
Marlon Roelfse |
0,538706 |
Bryan Hadwen |
0,090011 |
Marga van Rooy |
0,018424 |
Bennie Kotze |
0,537309 |
André Retief |
0,088467 |
Gys de Villiers |
0,017671 |
Neil-Bennett Grib |
0,531339 |
Lea Clatworthy |
0,088467 |
Marlon Roelfse |
0,017629 |
Steve Hofmeyr |
0,530583 |
Richard |
0,08749 |
Christina Storm |
0,01749 |
Chris Groenewald |
0,528628 |
Marlon Roelfse |
0,084796 |
Louw Venter |
0,017341 |
Ciske Kruger |
0,527731 |
Werner Botha |
0,081652 |
Marius Weyers |
0,017149 |
Werner Botha |
0,526836 |
Morne Langeveld |
0,081652 |
Leandie du Randt |
0,016825 |
Morne Langeveld |
0,526836 |
Jimmy Kruger |
0,081343 |
Karin Fourie |
0,014925 |
Garth Collins |
0,526093 |
Dantus Lundall |
0,081343 |
Juan-Pierre Volschenk |
0,014817 |
Gideon Visagie |
0,525796 |
Johan Coetzee |
0,081343 |
Bok van Blerk |
0,014726 |
Willie Visagie |
0,525796 |
Rinus Viljoen |
0,081343 |
Terence Bridgett |
0,014613 |
Johan Lochner |
0,525796 |
Gideon Visagie |
0,075897 |
Neil-Bennett Grib |
0,013919 |
Veronica Colling |
0,525796 |
Willie Visagie |
0,075897 |
Gerhard Odendaal |
0,012579 |
Henny Steyl |
0,525796 |
Johan Lochner |
0,075897 |
Steve Hofmeyr |
0,01236 |
Bryan Hadwen |
0,525352 |
Veronica Colling |
0,075897 |
Robin Smith |
0,012132 |
Julie Strijdom |
0,521824 |
Henny Steyl |
0,075897 |
Morné du Toit |
0,011877 |
Dirk Stoltz |
0,520804 |
Dries Scholtz |
0,07588 |
Lizz Meiring |
0,011875 |
Johan Baird |
0,519788 |
Bradley Olivier |
0,070699 |
Cherié van der Merwe |
0,010349 |
Morné du Toit |
0,516334 |
Steve Hofmeyr |
0,070097 |
Wynand van Vollenstee |
0,01014 |
André Retief |
0,515763 |
Chris Groenewald |
0,069417 |
Albert Maritz |
0,009853 |
Lea Clatworthy |
0,515763 |
Danie Bester |
0,068756 |
Garth Collins |
0,009833 |
Marga van Rooy |
0,515336 |
Bennie Kotze |
0,067518 |
Johan Baird |
0,009785 |
Louw Venter |
0,514767 |
Tebogo Sema |
0,065956 |
Ivan Zimmermann |
0,009656 |
Marcel van Heerden |
0,514199 |
Michelle Potgieter |
0,064599 |
Izak Davel |
0,00964 |
Terence Bridgett |
0,514057 |
Jaco Botha |
0,064599 |
Eindnotas
1 Hierdie datastel is vir illustrasiedoeleindes aangewend in Senekal en (2014), maar is nog nie voorheen indringend bespreek nie.
2 Troeteldiere se name is nie op die databasis aangedui nie, alhoewel dit byvoorbeeld in die krediete van Die windpomp gelys word (in hierdie geval die goudvisse).
3 Omdat ek herhaling wil voorkom, word die basiese fasette van die netwerkteorie nie hier behandel nie. Vir ’n meer diepgaande uiteensetting, sien Senekal (2012; 2013; 2014b).
4 Vir meer besonderhede van wat al die persone op die tabel (soos onder tussenliggingsentraliteit gelys) bygedra het, sien die volgende skakel na ’n interaktiewe inligtingsgrafiek: https://public.tableau.com/views/Afrikaansefilmindustrie
/SommigevandiebelangrikerolspelersindiehedendaagseAfrikaansefilmbedryf?:
embed=y&:showTabs=y&:display_count=yes.