Burgert A Senekal

Burgert Senekal is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, in die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika en die Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging. Sy navorsing fokus op netwerkwetenskap, komplekse sisteme, en die digitale geesteswetenskappe, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde, film, musiek en kultuur. Hy het ’n uitgebreide publikasierekord wat ewekniebeoordeelde artikels, boeke en hoofstukke in boeke insluit. Hy ondersoek dikwels die gebruik van tegnologie en data-ontleding om kulturele en sosiale verskynsels te verstaan.

 

Battery 9 as pioneers of industrial music within the Afrikaans rock music scene

Burgert A Senekal Academic research 2025-06-17

"The article explores the band’s origins within the contexts of both the Afrikaans rock music scene and the global industrial music scene. It demonstrates stylistic connections of Battery 9 to these scenes, particularly through the themes addressed in their lyrics."

Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-06-17

"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."

Hoe herken jy KI-geskepte teks?

Burgert A Senekal Menings 2025-05-02

"Die vraag is: Werk hierdie middele, en wat werk beter: mens of masjien?"

Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede

Burgert A Senekal LitNet25-skrywersberaad 2025-03-13

"Ten spyte van die uitdagings bied grootdata ook geleenthede vir tradisionele argiewe. Deur nuwe tegnologieë te omarm en hul praktyke aan te pas, kan argiewe hul versamelings uitbrei en meer diverse inligting insluit, en steeds relevant bly in die digitale era."

Die Rooi Skemer: DeepSeek as ontwrigtende Kunsmatige Intelligensie (KI)

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-02-05

"DeepSeek se prestasies het beduidende geopolitieke implikasies, wat die Amerikaanse oorheersing in die KI-bedryf uitdaag en die beperkings van Amerikaanse sanksies op China se KI-ontwikkeling beklemtoon."

SteedsDink met LitNet Akademies: Burgert Senekal oor sy akademiese navorsing

Burgert A Senekal SteedsDink 2025-01-15

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor netwerkanalise en die Afrikaanse letterkunde, taal en kultuur. Hy lewer kommentaar oor die impak en toekoms van KI, taalbeleid en KI en interdissiplinêre navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Burgert Senekal: Afrikaans, netwerke en tegnologie

Burgert A Senekal SteedsDink 2025-01-15

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor Afrikaans, die netwerkteorie en digitale geesteswetenskappe. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

A network science exploration of the effectiveness of Afrikaner home remedies (boererate) with specific reference to the treatment of epilepsy and insomnia

Burgert A Senekal Academic research 2024-10-25

"By applying network analysis to historical remedies like boererate, we can potentially identify promising ingredients and combinations for further investigation and possible integration into modern medicine."

"Gee raat": ’n Netwerkwetenskaplike verkenning van die doeltreffendheid van boererate met spesifieke verwysing na die behandeling van epilepsie en slapeloosheid

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-10-25

"Die studie toon dat sommige van die bestanddele wat voorgestel word vir die behandeling van epilepsie en slapeloosheid in boererate wel voorheen as doeltreffend bewys is. Dit dui daarop dat sommige boererate wel wetenskaplik ondersteun kan word in die behandeling van hierdie gesondheidsprobleme."

LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal

Menán van Heerden, Burgert A Senekal Akademies en skole 2024-06-19

Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.

Die simfonie van silikon: Die impak van kunsmatige intelligensie (KI) op musiek

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-04-09

"Wie besit die kopiereg?"

Tien etiese en praktiese gebruike van ChatGPT vir akademiese skryfwerk in Afrikaans

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-07-12

"ChatGPT is byna ’n jaar terug vrygestel en universiteite en akademici debatteer steeds oor die etiese gebruik daarvan. Die voorbeelde wat in die huidige artikel bespreek is, is egter in my opinie veilige toepassings wat enigeen kan help om tekste in Afrikaans te verbeter, sonder dat ’n redakteur of dosent hoef te bekommer oor of die gebruik van hierdie tegnologie oneerlikheid behels."

Traces of Russian propaganda narratives in comments on Maroela Media’s news reports about the war in Ukraine

Burgert A Senekal Academic research 2023-05-31

"The war in Ukraine is the first large-scale conventional war in Europe between two strong powers since the advent of the internet, and both sides have used online platforms to defend their position while trying to undermine the opponent’s position."

Die neerslag van Russiese propaganda in kommentare op Maroela Media se nuusberigte oor die oorlog in Oekraïne

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-05-31

"Die oorlog in Oekraïne is die eerste grootskaalse konvensionele oorlog in Europa tussen twee sterk moondhede sedert die koms van die internet, en beide kante het aanlyn platforms aangewend om hul posisie te verdedig, terwyl hulle hulle opponent se posisie probeer ondermyn het."

TikTok in die Nuwe Koue Oorlog

Burgert A Senekal Seminare en essays 2023-04-20

"TikTok se verbintenis met China is verder belangrik gegewe globale Chinese (en Russiese) disinformasieveldtogte rakende COVID-19. Tydens die pandemie het beide lande vals inligting versprei in ’n poging om Westerse lande te ontwrig."

Top