Burgert A Senekal

Burgert Senekal is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, in die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika en die Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging. Sy navorsing fokus op netwerkwetenskap, komplekse sisteme, en die digitale geesteswetenskappe, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde, film, musiek en kultuur. Hy het ’n uitgebreide publikasierekord wat ewekniebeoordeelde artikels, boeke en hoofstukke in boeke insluit. Hy ondersoek dikwels die gebruik van tegnologie en data-ontleding om kulturele en sosiale verskynsels te verstaan.

 

Your AI IQ: LitNet research (Afrikaans black metal) | Jou KI-IK: LitNet-navorsing (Afrikaanse swartmetaal)

Burgert A Senekal LitNetKanaal op YouTube 2025-12-11

AI quickly summarises and packages LitNet text material in various formats, such as podcasts, videos and infographics. | KI kan LitNet-teksmateriaal opsom en blitsig in verskeie formate (soos podsendinggesprekke, video’s en infografika) verpak.

Die donker kant van die taal: Afrikaanse doods- en swartmetaal

Burgert A Senekal LitNet25-skrywersberaad 2025-11-20

Hierdie lesing is op Vrydag 25 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Burgert Senekal twee veel langer akademiese artikels op wat in LitNet Akademies gepubliseer is. Wees gewaarsku dat die video kru woorde bevat.

Misanthropic, repulsive and controversial: an exploration of Afrikaans black metal

Burgert A Senekal Academic research 2025-11-07

"The article specifically examines the development of Afrikaans black metal, discussing various bands, their lyrics and themes, and relating them to the broader international black metal scene."

Mensveragtend, afstootlik en omstrede: ’n verkenning van Afrikaanse swartmetaal

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-07

"Die ontwikkeling van swartmetaal vanaf die ontstaan van swaarmetaal in die laat 1960’s tot die volwassewording van swartmetaal in die 1990’s en daarna word nagegaan, met spesifieke verwysing na die pioniers en sleutelfigure in die genre."

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal Universiteitseminaar | University Seminar 2025-11-06

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Battery 9 as pioneers of industrial music within the Afrikaans rock music scene

Burgert A Senekal Academic research 2025-06-17

"The article explores the band’s origins within the contexts of both the Afrikaans rock music scene and the global industrial music scene. It demonstrates stylistic connections of Battery 9 to these scenes, particularly through the themes addressed in their lyrics."

Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-06-17

"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."

Hoe herken jy KI-geskepte teks?

Burgert A Senekal Menings 2025-05-02

"Die vraag is: Werk hierdie middele, en wat werk beter: mens of masjien?"

Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede

Burgert A Senekal LitNetKanaal op YouTube 2025-03-13

"Ten spyte van die uitdagings bied grootdata ook geleenthede vir tradisionele argiewe. Deur nuwe tegnologieë te omarm en hul praktyke aan te pas, kan argiewe hul versamelings uitbrei en meer diverse inligting insluit, en steeds relevant bly in die digitale era."

Die Rooi Skemer: DeepSeek as ontwrigtende Kunsmatige Intelligensie (KI)

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-02-05

"DeepSeek se prestasies het beduidende geopolitieke implikasies, wat die Amerikaanse oorheersing in die KI-bedryf uitdaag en die beperkings van Amerikaanse sanksies op China se KI-ontwikkeling beklemtoon."

SteedsDink met LitNet Akademies: Burgert Senekal oor sy akademiese navorsing

Burgert A Senekal SteedsDink 2025-01-15

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor netwerkanalise en die Afrikaanse letterkunde, taal en kultuur. Hy lewer kommentaar oor die impak en toekoms van KI, taalbeleid en KI en interdissiplinêre navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Burgert Senekal: Afrikaans, netwerke en tegnologie

Burgert A Senekal SteedsDink 2025-01-15

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor Afrikaans, die netwerkteorie en digitale geesteswetenskappe. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

A network science exploration of the effectiveness of Afrikaner home remedies (boererate) with specific reference to the treatment of epilepsy and insomnia

Burgert A Senekal Academic research 2024-10-25

"By applying network analysis to historical remedies like boererate, we can potentially identify promising ingredients and combinations for further investigation and possible integration into modern medicine."

"Gee raat": ’n Netwerkwetenskaplike verkenning van die doeltreffendheid van boererate met spesifieke verwysing na die behandeling van epilepsie en slapeloosheid

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-10-25

"Die studie toon dat sommige van die bestanddele wat voorgestel word vir die behandeling van epilepsie en slapeloosheid in boererate wel voorheen as doeltreffend bewys is. Dit dui daarop dat sommige boererate wel wetenskaplik ondersteun kan word in die behandeling van hierdie gesondheidsprobleme."

LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal

Menán van Heerden, Burgert A Senekal Akademies en skole 2024-06-19

Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.

Top