Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 2 | Diary of a teacher 2

  • 0

Lees oor Ms January en ook die vorige rubriek.


Dag 6

Dit is die tweede week van die tweede skoolkwartaal. Ek besef dat een van die leerlinge in my klas afwesig bly vandat die skool begin het. Ek word later ingelig dat sy gedurende die vakansie vermis geraak het. Die polisie het blykbaar ondersoek gaan instel by die kinderhuis waar sy woon. Hulle vermoed sy het weggeloop van die kinderhuis om haar familie, wat iewers in ’n plakkerskamp bly, te gaan soek. Volgens haar familie het hulle die meisie nog nie met ’n oog gesien nie. Niemand het ’n idee waar sy kan wees nie.

Sy is een van die min leerlinge wat baie goed gedoen het in die eksamens en wat altyd moeite doen wanneer dit by haar skoolwerk kom – ongeag haar omstandighede. Ek kry haar skryfboek in my kas. Sy het dit dalk met opset daar gelos. Ek blaai daardeur en besef dat sy elke taak van die vorige kwartaal voltooi het. Elke bladsy is kleurvol versier. Ek kan nie verhelp om te wonder of hulle haar ooit sal kry nie.

Day 7

The desks in my classroom are brand new. They have been cleaned and beautifully painted for the learners. It has taken painful hours of cleaning and scrubbing to get the classroom neat and presentable for teaching. Most of the graffiti has been cleaned off the walls and only three of the windows are still broken. It’s only a few months, and already most of the desks are ruined. The learners have written all kinds of vulgar things on them with Tipp-ex and carved out pornographic images on some of the desks. Someone has written swear words on the door frame of the classroom. The writing is almost impossible to remove.

Ek voel ’n naarheid en ’n walging by my binneste opstoot. Ek begin haat die atmosfeer wat die leerders in die klaskamer skep. Die grappe wat hulle maak, is vulgêr en onsmaaklik. Hulle praat altyd hard en uitspattig. Wanneer die een leerling ’n pen by ’n ander wil leen, gryp hy dit uit die ander se hand. Hulle vat goed van mekaar sonder om te vra. Die leerlinge hou dikwels hulle skooltasse op hul skoot sodat die ander leerlinge nie daarin krap nie. Ek haat die dieregeluide wat die leerders maak terwyl ek met hulle praat. Of hoe hulle geraas maak wanneer hulle by die klaskamerdeur inkom. Ek haat die wolffluite wat ek kry wanneer ek verby leerders op die skoolgrond loop en die onbeskofte manier waarop hulle met mekaar praat en vir mekaar vloek. Die feit dat ek heeltyd ’n oog moet hou op my lessenaar en besittings, maak my moedeloos. Dit frustreer my dat leerders dink hulle het die reg om goed van my lessenaar te vat sonder my toestemming. ’n Leerder het eenkeer in my sak gekrap om iets uit te haal. Toe ek hom vang en rapporteer, is hy na die hoof se kantoor ingeroep. Na een detensie is hy weer terug in my klaskamer. Ek besef dat solank as wat ek vir hierdie leerlinge onderrig, sal elke oomblik van klasgee vir my ’n marteling wees. Ek moet op een of ander manier leer hoe om die druk te hanteer.

Dag 8

Ek hoor vandag dat een van die ander onderwysers in ’n stoeiery met ’n leerling betrokke geraak het. Blykbaar het hy die leerling gewurg. Hoe? Met wat? En waarom? Dit was my vrae. In daardie volgorde. Die storie word stil gehou. Net ’n paar dae gelede het ’n leerling in my klas handgemeen met my geraak en vir my gevloek. Sy ouers is na die skool ingeroep. Niks het daarvan gekom nie. Daar word van my as onderwyser verwag om nog steeds vir daardie leerder klas te gee. ’n Ander kollega van my is ook deur ’n leerder rondgepluk in die klaskamer. Sy het die leerder se selfoon gekonfiskeer. Dit het die leerder kwaad gemaak en uit woede het die leerder die onderwyser se sak gegryp en haar begin rondpluk. Ek begin agterkom dat niks werklik gebeur met leerlinge wat gewelddadig raak met onderwysers nie. Die leerlinge aanvaar dit as vanselfsprekend dat hulle daarmee sal wegkom.

Day 9

Vandag sien ek vraestelle na. Minder as die helfte van die leerders in my klas het geslaag.

There is nothing that makes me feel more despondent than learners who look at you defiantly and who outrightly refuse to do any work. Sometimes the only outlet we as teachers have is to open up and share our frustrations with other teachers. Today one of my colleagues pulled me aside and suggested that I rather go teach at a Model C school (he used the term “wit skool”). As teachers we all have trouble adapting and as a new teacher at a school like this, it’s even more challenging for me. The learners are testing me, pushing me and their aim is to break me down psychologically so that they have the upper hand to do as they please.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top