WF 2015: Fanie Viljoen deel 5 skryfwenke

  • 0

Die skryfmeester Fanie Viljoen, wat ook een van die beoordelaars van LitNet Akademies se Fanie Viljoenwetenskapfiksie-skryfkompetisie is, deel vyf wenke vir die skryf van ’n kortverhaal.

  1. Gebruik hierdie eenvoudige formule om jou verhaal te beplan: Iemand wil iets hê, hulle kan dit nie kry nie, hulle probeer om dit te kry, uiteindelik kry hulle dit of hulle leer om daarsonder te leef. Tonne boeke, films en ander verhale is rondom hierdie formule gebou.
  2. Kry ’n goeie hoofkarakter(s). ’n Lekker manier om ’n karakter uit te dink, is om ’n foto op die internet te soek. Pinterest is wonderlik hiervoor. Hierdie meisie hou oulike foto’s van veral tienerkarakters.
  3. Kyk lank na die foto en laat die karakter vir jou vertel wie hy/sy is. Jy kan hom/haar selfs vrae vra asof dit ’n onderhoud is. Skryf sy/haar antwoorde neer.
  4. Jou openingsparagraaf moet die leser uitboul. Dit moet jou leser nuuskierig maak om verder te lees. As jy iemand nuuskierig kan maak, kan jy hulle lus maak vir lees.
  5. Jou slotparagraaf moet slim wees. Dalk kan hier ’n angel in die stert wees. Los jou leser met ’n WOW!-gevoel. Laat jou leser dink. Die beste verhale spoke lank na die tyd nog by lesers.

Lees hier meer oor hierdie jaar se wetenskapfksie-skryfkompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top