Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:


9 Mei
Profiel: ‘Ek is verlief op Muhammad Ali’
Murray la Vita gesels met die skrywer Ivan Vladislavic
Berig: Dié boeke op kortlyste van Media24 se boekpryse
Berig oor benoemings vir Media24 se boekpryse
Kunsblad: Barnard gesels oor ‘Sweepslag’
Die skrywer Annerle Barnard gesels oor haar debuutroman

30 Mei
Kunsblad: Bfn-skrywer ‘span kritiek as brandstof in’
Annerle Barnard praat oor haar boek Sweepslag
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Mei die volgende skrywers se werk op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
7 Mei
Chanette Paul
14 Mei
Carla van der Spuy
28 Mei
- Hekel en word heel saamgestel deur Nadia de Kock en Hilda Steyn
- Lira deur Chanette Paul
- Vrae en feite vir nuuskierige agies 2 saamgestel deur Riette Fourie
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:
![]() |
Die Heimat Projek deur André de Villié: ’n resensie
2019-05-02 "As jy as Afrikaan ’n wyle oorsee was, is dit die ideale boek om mee by te kom oor die stand van sake in die huidige Suid-Afrika." |
![]() |
Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie deur Lizette Rabe: ’n resensie
2019-05-02 "Hierdie skryfgids beantwoord vrae soos: Hoekom skryf? Kan jy jouself 'gesond' skryf? Die 21 hoofstukke bevat basiese skryfwenke (soos 'vermy byvoeglike naamwoorde en clichés'). Jy lees ook hoe belangrik dit is om net te begin." |
![]() |
The Fishy Smiths: A biography of JLB and Margaret Smith, geskryf deur Mike Bruton – ’n FMR-resensie
2019-05-02 "Die vangs van die eerste en tweede selakant en die waarde daarvan as ’n lewende fossiel word weer in hierdie boek met die nodige drama herroep, en selfs vir dié wat bekend is met hierdie geskiedenis, sal dit soos ’n opwindende speurverhaal lees." |
![]() |
Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo: ’n resensie
2019-05-02 "In haar bedankings vertel Diedericks-Hugo dat die saadjie vir Karaktermoord reeds in 2011 geplant is en dat sy onlangs aangemoedig is om die eerste twee hoofstukke af te stof en die riller te voltooi. Dit was goeie raad aan ’n skrywer wat nou getoon het dat sy ook ’n ander genre kan baasraak." |
![]() |
Yellowbone by Ekow Duker: a review
2019-05-02 "Identity is explored racially, sexually, physically, culturally and linguistically. The reader observes how the major characters navigate these issues, as they respond to the events that challenge them and bring these issues to light." |
![]() |
Between rock & a hard place by Carsten Rasch: a review
2019-05-02 "Carsten Rasch’s Between rock & a hard place is a worthy and immensely readable addition to the canon." |
![]() |
Featherstream by Ian Sutherland: a review
2019-05-06 "Featherstream is a successful first novel. It is written with great care and attention to detail, and has an unusual and credible plot. It is a compelling and readable thriller which convincingly brings to life the Cape of 80 years ago." |
![]() |
Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n lesersindruk
2019-05-06 "Die oorkantste oewer is ’n lekker verfrissende boek. Dit is goed om te weet dat daar mense is wat verder soek as die verstikkende ruimtes binne die mure van die kerke." |
![]() |
Plate by Marlene van der Westhuizen: a reader’s impression
2019-05-07 "Plate features a truly sublime collection of 86 appetising main courses with a continental influence. Divided into three chapters – on meat, poultry and seafood – the hand-picked recipes look every bit as scrumptious as they taste." |
![]() |
2019-05-07 "It is quite a bold move on the part of the author to make claims such as the ones he makes. The book more than raises the eyebrows, as false claims would certainly land the author in hot water. However if there is any truth to these claims, it would mean that the ruling ANC is in really deep trouble as a party – and not only the ANC, but the country as a whole." |
![]() |
Louis Botha: A man apart by Richard Steyn: a reader's impression
2019-05-13 "The book is by no means a hero-worshipping publication, and the oppression of black South Africans by the Union government forms an important part of the book. It is a fresh appraisal of Botha, but even this bold attempt will, I believe, not stir any long-term interest in the former prime minister." |
![]() |
Stad vol ballonnen: burgemeestersvrouw over rouw en afscheid
2019-05-16 "Daarmee is Stad vol ballonnen een mooi boek over rouw. Dat het hier om de vorige burgemeester van Amsterdam gaat, verbindt en raakt je daarom misschien nog meer." |
![]() |
A person my colour – love, adoption and parenting while white by Martina Dahlmanns: a review
2019-05-16 "A person my colour is by no means easy, but it is important. Apart from the ill-conceived introduction, which ought to have been a reflection at the end, the narrative is stylish and gripping." |
![]() |
LitNet Akademies-resensie-essay: Bill Henderson se Afrikaanse vertaling van antieke Griekse poësie
2019-05-17 "Hierdie skitterende werke behoort voorgeskrewe materiaal vir elke (voornemende) literatuurwetenskaplike te wees, nie alleen wat betref die inhoud nie, maar veral wat die skrywer se metodologiese omgang met die tekste betref." |
![]() |
Philippolis deur Jens Friis: ’n resensie
2019-05-17 "Jy sal beslis van die boek hou as jy van die platteland en/of die Vrystaat hou." |
![]() |
At the edge: The writings of Ronnie Govender by Rajendra Chetty: a review
2019-05-17 "I highly recommend this valuable text, the worth and interest of which I hope the above review has given some indication." |
![]() |
Duinhuis, ’n kookboek deur Isabella Niehaus: ’n resensie
2019-05-20 "Soos die woorde op die voorblad aandui, gaan die boek oor smake en geure en dus die sintuie wat herinneringe diep inprent." |
![]() |
Medusa deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2019-05-21 "In ’n besonder sterk ontknoping met verrassende wendings wen die speurders die stryd teen misdaad en geweld met hul volharding wanneer hulle die deurslaggewende ontdekkings maak en die ontbrekende dele van die legkaart op ’n knap wyse aanmekaar sit." |
![]() |
Kanker Schmanker deur Madelein Rust: ’n resensie
2019-05-21 "Madelein span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep, maar Kanker Schmanker, ’n outobiografie, is haar eie spanningsverhaal. Hierin laat sy die leser in haar binnekamer toe waar sy ’n intens persoonlike verhaal van lief en leed deel." |
![]() |
Die verevrou beeld wêreld van volstruise epies uit
2019-05-21 "Jan van Tonder se oeuvre bereik ’n hoogtepunt met Die verevrou. Dit is ’n moet-lees vir diegene wat van verweefde karakters en storielyne en motiewe hou." |
![]() |
Smit Motors: ’n onderhoud met Réney Warrington
2019-05-21 "Ek beplan die beste aan ’n nuwe boek op ’n lang, oop grondpad met goeie musiek oor die radio." |
![]() |
Min Shaw: Sprokie van ’n liefling deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk
2019-05-23 "Benewens die hordes kleurfoto’s en die teks wat Shaw se lewe dokumenteer, bevat die boek ook ander interessanthede. Daar is byvoorbeeld persoonlike boodskappe van haar aan haar ondersteuners ingesluit." |
![]() |
Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan: ’n resensie
2019-05-23 "Gilfillan konstrueer verhale met eenvoudige intriges; biopsies oor die menslike toestand. Haar fokus is die broosheid (en wreedheid) van verhoudings en in bykans elke verhaal word die lot van vroue deur ’n Tsjechofiaanse bril bekyk." |
![]() |
Die Groot Jaco Jacobs-storieboek deur Jaco Jacobs: ’n resensie
2019-05-23 "Dié boek is ideaal vir die beginnerleser, veral kinders tussen 7 en 12 jaar, en die verhale is gepas vir seuns én meisies. Daar is ’n goeie balans tussen die illustrasies en teks en dis ook verfrissend om te sien dat die illustrasies nie aangepas is om konsekwent te wees vir die omnibus nie." |
![]() |
Wanneer water wyn word deur Vivian Kleynhans (soos vertel aan Jacqueline Leuvennink): ’n resensie
2019-05-23 "Wat wel vir my die hardste praat in hierdie boek, is die krag van ’n vrou. En hoewel hierdie ’n bruin vrou is wat swaargekry het onder apartheid en die verhaal uit daardie oogpunt geskryf is, is haar storie universeel." |
![]() |
Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel: ’n resensie
2019-05-23 "Elise het sóveel fasette van die uitmergelende alzheimerpad wat sy saam met haar man gestap het, in hierdie boek vervat." |
![]() |
Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld deur Deon Maas: ’n lesersindruk
2019-05-27 "Maas doen baie moeite om die geskiedenis van Berlyn en Duitsland te absorbeer en dit op ’n gemaklike manier weer te gee. In sy beskrywinge weerlê hy, getrou aan sy aard, baie stereotipes." |
![]() |
2019-05-27 "En dít is beide die omvang en prestasie van hierdie publikasie: enersyds is daar die bevestiging van dit wat geliefd en bekend is, en andersyds die wonderlike avontuur van nuwe literêre horisonne wat danksy hierdie bloemlesing verken kan word." |
![]() |
Afrikaner-kapitalisme: van brandarm tot stinkryk deur David Meades: ’n resensie
2019-05-28 "Die boek se goue draad is die kentering van ’n idealistiese volksgerigte jongeling, in sy middeljare beginselvas alhoewel blootgestel aan volksvreemde elemente, wat op die ou end die waardesisteem van sy vorige teenstanders omarm." |
![]() |
’n Spook in die huis deur Francois Loots: ’n lesersindruk
2019-05-28 "Die boek word baie aanloklik aangebied. Die titel prikkel die verbeelding; so ook die buiteblad en flapteks. Maar al die laasgenoemde kan maklik die verkeerde indruk wek. Die boek lees moeilik en is nie besonder boeiend nie." |
![]() |
Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n resensie
2019-05-29 "Ek het die meeste gebaat deur die spaarwenke rakende die aankoop van kruideniersware te volg. Dis ongelooflik hoe baie jy kan bespaar deur net weer vir ’n slag nugter na jou aankope te kyk." |
![]() |
The love song of André P Brink by Leon de Kock: a review
2019-05-30 "Leon de Kock’s well-judged biography presents us with a complex portrait of a great writer beset by a fundamental loneliness. All the sex, all the affairs and all the marriages were a frequently misguided attempt to end this loneliness." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 Mei
12 Mei
Resensie: Annie Gagiano resenseer Smit Motors deur Réney Warrington
Resensie: Johann Kriegler resenseer Fighting for the dream deur R.W. Johnson
Resensie: Francois Smith resenseer Bloedlelie deur Jeanette Ferreira
19 Mei
Resensie: Jean Meiring resenseer André P. Brink en die spel van liefde deur Leon de Kock
Resensie: Kobus Burger resenseer Die vrou van die klippesee deur Meg Vandermerwe
Nuut op die rak: Afrikaanse boeke wat pas in Engels verskyn het
- Cul-de-Sac deur Elsa Joubert
- Verwoerd: My Journey through Family Betrayals deur Wilhelm Verwoerd
- Like Family: Domestic Workers in South African History and Literature from 1658 to the present deur Ena Jansen
- The Troubled Times of Magrieta Prinsloo deur Ingrid Winterbach
- Blindside en Endgame deur Wilna Adriaanse
Nuusbrok: Skryf in vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd

26 Mei
Resensie: Charl-Pierre Naudé resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
14 Mei
Vyf boeke geskryf deur mans
Van hartroerende gedigte na dramatiese romans, van spitsvondige essays tot moderne wetenskapsfiksie – mans skryf die Afrikaanse leeswêreld aan die brand.
Lees die resensie
ʼn Stukkie van die legkaart deur dr. Rina Venter
As jy belangstel in die politiek of as die land se maatskaplike kwessies jou na aan die hart lê, behoort Venter se boek hoog op jou moet-lees-lysie te wees.
Lees die resensie

15 Mei
Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis
Hoe het ʼn mens alles wat jy beleef het nietemin oorleef, is die vraag wat bly huiwer nadat jy die boek klaar gelees het.
Lees die resensie
21 Mei
Om tot verhaal te kom deur Lizette Rabe
“Skrýf oor jou verlies, jou trauma, jou angs, jou woede, jou hartseer. Uiteindelik dalk selfs jou vreugde.”
Lees die resensie
28 Mei
Bloedlelie deur Jeanette Ferreira
Die wyse waarop Jeanette Ferreira die magdom navorsing wat sy gedoen het verwerk het tot ’n afgeronde en volwaardige verhaal, is prysenswaardig. Dit verg ’n besondere taalkundig bedrewe skrywer om die taal, wat vir eietydse lesers verouderd mag voorkom, só te laat sing.
Lees die resensie
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 Mei
Jeanette Ferreira gesels oor haar nuwe roman Bloedlelie, 'n historiese roman met 'n moderne verhaallyn wat die verband tussen bloed en grond ondersoek. Dit fokus op Magdalena Retief, die vrou van die Voortrekkerleier Piet Retief. Fanie Viljoen praat oor Die groot boek van spoke en grille, en Ilse Salzwedel kyk na 'n klompie ander lekkerleesboeke vir kinders. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe manuskrip uit die pen van die skrywer Anthony Burgess wat onlangs gevind is. Burgess was die skrywer van die bekende A Clockwork Orange.
Woensdag 8 Mei
Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van Spertyd, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.
Woensdag 15 Mei
Wat doen 'n skrywer as die lewe se branders haar voete onder haar uitslaan? Sy skryf daaroor, en vandeesweek val die fokus op spanningskrywer Madelein Rust se boek Kanker Schmanker! waarin sy skryf oor haar stryd teen borskanker. Sy gesels ook oor haar jongste spanningsroman Doodsengel. Ilse Salzwedel gesels met Lanie van Reenen oor haar boek Net mooi fine, die opvolg van C'est la vie. Johan Myburg gesels oor interessante verwikkelinge in die internasionale boekwêreld.
Woensdag 22 Mei
Luister na 'n argiefonderhoud waarin die digter en skrywer, Petra Müller, gesels oor haar werk en lewe. Ilse Salzwedel gesels oor bekende Afrikaanse boeke wat nou ook in Engels verskyn het, en ander nuusgebeure in die Afrikaanse boekewêreld. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.
Woensdag 29 Mei
Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy roman Strafjaart, en Petrovna Metelerkamp vertel meer van Cas van Rensburg se boek Mans en hul wonde. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die wenners van die Man Bookerprys, die Rathbones-prys en die Walt Whitman-vieringe in die VSA.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 7 Mei
Joanie Combrink lees gedigte uit Marlise Joubert se nuwe bundel, Grondwater. Die bundel is opgedra aan haar moeder, en die meeste van die gedigte hang daarmee saam. Herinneringe en meditasies oor herkoms, identiteit, geboorte, lewe en dood.
Dinsdag 14 Mei
Luister na gedigte uit Loftus Marais se nuwe bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob. Dit is Marais se derde bundel en hy ontgin opnuut bekende temas uit sy oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, met 'n skerp humorsin en visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid wat neig na 'n naamlys, na 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herinneringe.
Dinsdag 21 Mei
Waldemar Schultz lees gedigte uit Johannes van Eeden se debuutbundel Die val. Dit bevat verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. Dit is ‘n kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in.
Dinsdag 28 Mei
Luister na gedigte uit Pieter Odendaal se debuutbundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, wat verlede jaar verskyn het en benoem is vir die UJ se 2019-debuutprys. Dis 'n opwindende en verweefde bundel uit hierdie jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf Odendaal oor politiek, identiteit, ons ekologiese voetspoor, verganklikheid en menswees. Die digter vertel meer van die bundel en lees self die gedigte voor.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Mei het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Wreed én mooi is die dood, saamgestel deur Tobie Wiese
Stof en ster deur Pieter Fourie
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Mei die volgende resensies en rubrieke gelewer:
5 Mei
Kies ’n boek: Jas van belofte
11 Mei
Ken jou storie: Verhale oor liefde
19 Mei
Ken jou storie: Demokratiese fiksie of boeke vir ’n uitgesoekte elite
25 Mei
Ken jou storie: Verskillende genres om uit te kies

































