Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Oktober
Boekenuus: Nuwe virtuele boekklub begin vandag om 16:00
Literaal is ’n virtuele boekklub wat lesers in Suid-Afrika, Nederland en België wil verbind.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuwe-virtuele-boekklub-begin-vandag-om-1600-20201001
Boekenuus: Trevor Noah wen SA boekprys
Noah het op die Suid-Afrikaanse boekpryse (South African Book Awards) ’n prys gewen vir sy kinderverwerking van sy outobiografie, Born a Crime and Other Stories.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/trevor-noah-wen-sa-boekprys-20201001

2 Oktober
Profiel: Stories is volop in dié eenkantmens se verbeelding
Laetitia Pople skryf oor Wini Esterhuizen se debuutbundel, Die dag toe ons Krismis gaan soek het
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/stories-is-volop-in-die-eenkantmens-se-verbeelding-20201001
3 Oktober
Boekenuus: SA en Göteberg-boekeskou neem vir 3 jaar hande
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sa-en-goteborg-boekeskou-neem-vir-3-jaar-hande-20201002
5 Oktober
Resensie: Op soek na ’n middeweg
André Bartlett resenseer Kerk oor die muur of oor die Rubicon? deur Frits Gaum
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/op-soek-na-n-middeweg-20201004
Resensie: Digter met talent word nie só ’n guns bewys
Joan Hambidge resenseer Parlement van uile deur Johann van der Walt
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/digter-met-talent-word-nie-so-n-guns-bewys-20201004
Resensie: Gróót plesier in Smith se sinne en paragrawe
Jean Meiring resenseer Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/groot-plesier-in-smith-se-sinne-en-paragrawe-20201004

Resensie: Pappa maak dorpslewe hel
Neil van Heerden resenseer Skadukant deur Rika Cloete
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/pappa-maak-dorpslewe-hel-20201004
6 Oktober
Nuusberig: Slaan só munt uit "argief van vergeetagtigheid"
Inskrywings ingewag vir nuwe kunsprojek oor mobiliteit
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Kuns/slaan-so-munt-uit-argief-van-vergeetagtigheid-20201005
Sterfteberig: Digter sterf wie se gedig mense in pandemie bemoedig het
Die Ierse digter Derek Mahon (78), bekend om die gedig “Everything is going to be alright”, is dood.
7 Oktober
Boekenuus: Spesiale bundel van vriende se werk vir Coetzee se 80ste
Dorothy Driver, JM Coetzee se lewensmaat, het sy vriende uitgenooi om vir A Book of Friends bydraes te lewer, ter viering van Coetzee se 80ste verjaarsdag.
Boekenuus: Bly of gly – bekendes gee hul mening
Elretha Britz skryf oor ’n bundel oor emigrasie wat deur Alet Law saamgestel is
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/bly-of-gly-bekendes-gee-hul-mening-20201007
Boekenuus: Nobelprys: Wenner vir letterkunde Donderdag bekend
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nobelprys-wenner-vir-letterkunde-donderdag-bekend-20201007
Boekenuus: Hier is die Sala-benoemings
Lees meer oor wie vir die Suid-Afrikaanse letterkunde-pryse benoem is
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/hier-is-die-sala-benoemings-20201007
8 Oktober
Boekenuus: Glück wen Nobelprys vir letterkunde
Die Amerikaanse digter Louise Glück is as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde aangewys.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/gluck-wen-nobelprys-vir-letterkunde-20201008
Boekenuus: Digter met "onmiskenbare stem" wen Nobelprys vir leterkunde
Verdere nuusberig oor Nobelpryswenner Louise Glück
12 Oktober
Resensie: ’n Spiritualiteit wat radikaal nie vrees om te hervorm
Johannes de Villiers resenseer Op pad: Spiritualiteit vir ’n nuwe tyd deur Piet Muller

Resensie: Taal merkwaardig gebreek en vervorm
Bibi Burger resenseer Bientang deur Jolyn Phillips
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/taal-merkwaardig-gebreek-en-vervorm-20201011
Resensie: Nie net ’n Karen wat oor Spur-koffie kla
Helen Schöer resenseer The Karen Book of Rules deur Karin Schimke en Karen Jeynes
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nie-net-n-karen-wat-oor-spur-koffie-kla-20201011
Resensie: Van Italië na SA vir werk op treine
Sonja van der Westhuizen resenseer Loves & Miracles of Pistola deur Hilary Prendini Toffoli
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/van-italie-na-sa-vir-werk-op-treine-20201011

14 Oktober
Profiel: ’n Snapshot van ’n veranderende kultuur
Ronelda Kamfer in gesprek met Ryan Pedro oor sy debuutbundel, pienk ceramic-hondjies
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-snapshot-van-n-veranderende-kultuur-20201014-2
15 Oktober
Boeke: Ubuntu in roerende kinderboek aangewakker
Christiaan Boonzaaier skryf oor We are One deur Refiloe Moahloli
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ubuntu-in-roerende-kinderboek-aangewakker-20201014
Profiel: Toe word Joha dáái skrywer
Elretha Britz skryf oor Joha van Dyk en haar debuutroman, Branderjaer
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/toe-word-joha-daai-skrywer-20201014
Sterfteberig: Taalstryder Ampie Coetzee sterf
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/taalstryder-ampie-coetzee-sterf-20201015
In memoriam: "Ons gaan lag deur trane," sê Breyten oor Ampie Coetzee
Vriende onthou Ampie Coetzee
17 Oktober
Boeke: 3 nuwe boeke vier essayis Audrey Blignault se bydrae
Amanda Botha skryf oor nuwe publikasies van Audrey Blignault se werk
18 Oktober
Boekenuus: Deon Meyer veil boek vir liefdadigheid op
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/so-kan-jy-heel-eerste-nuwe-deon-meyer-boek-kry-20201018
19 Oktober
Resensie: Dinkdansmasjien bons behoorlik, onbetaamlik
Jonathan Amid resenseer Weerlose meganika deur Anton Roodt
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dinkdansmasjien-bons-behoorlik-onbetaamlik-20201018
Resensie: Bundel nogmaals oorvloedig en aangrypend
Joan Hambidge resenseer Ondertussen deur Johann Lodewyk Marais
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/bundel-nogmaals-oorvloedig-en-aangrypend-20201018
20 Oktober
Boekenuus: Jacobs slaan 2 Veertjies los met kinderboeke
Oor die wenners van die ATKV-Woordveertjies se kinderboekpryse
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jacobs-slaan-2-veertjies-los-met-kinderboeke-20201020
Boekenuus: Veelbekroonde roman wen Helgaard Steyn-prys lees
Die Dao van Daan van der Walt is aangewys as wenner van die Helgaard Steyn-prys vir 2020
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/veelbekroonde-roman-wen-helgaard-steyn-prys-20201020
21 Oktober
Boekenuus: Jou luisterboek vir November is ...
Netwerk24-intekenare kan in November na Jeremy Vearey se Jeremy vannie Elsies luister
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jou-luisterboek-vir-november-is-20201021
22 Oktober
Boekenuus: Marlise Joubert, Philip Rademeyer wen Woordveertjies
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/marlise-joubert-philip-rademeyer-wen-woordveertjies-20201022
Boekenuus: 1ste Sanctuary-boekfees Saterdag in Klerksdorp
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/1ste-sanctuary-boekfees-saterdag-in-klerksdorp-20201022
23 Oktober
Profiel: Thuli se kinderboek gaan kinders ubuntu-waardes leer
Oor Thuli Madonsela en haar eerste kinderboek, Melo’s Kingdom
Boekenuus: Woordveertjies: Hier is die wenners
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/woordveertjies-hier-is-die-wenners-20201023
Sterfteberig: Stephen Gray sterf ná beroerte
Stephen Gray (78), skrywer, digter en letterkundige, is in Johannesburg dood.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/stephen-gray-sterf-na-beroerte-20201023
26 Oktober
Resensie: Te veel vertel, te min gewys
Willie Burger resenseer Met die vierkleur in Parys deur Renée Rautenbach Conradie
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/te-veel-vertel-te-min-gewys-20201025
Resensie: Bundel soos om na die naghemel, sterre te kyk
Johan Myburg resenseer Die meeste sterre is lankal dood deur Johann de Lange
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/bundel-soos-om-na-die-naghemel-sterre-te-kyk-20201025
Resensie: Die huishouding as slagveld
Francois Bekker resenseer Die goeie suster deur Henda Olivier
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-huishouding-as-slagveld-20201025
Boekevat: Die digterlike insigte van betekenisvolle toeval
’n Rubriek deur Daniel Hugo
In memoriam: "Die man en sy woorde sal nooit sterf"
Huldiging van Stephen Gray
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-man-en-sy-woorde-sal-nooit-sterf-20201026
27 Oktober
Profiel: Annelie Botes gee 3de bundel rubrieke uit
AJ Opperman skryf oor Annelie Botes en haar bundel Voetstoots
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/annelie-botes-gee-3de-bundel-rubrieke-uit-20201027
28 Oktober
Profiel: Feite oor SA – uit die perd se bek!
Maricelle Botha skryf oor Juliette Whelpton se historiese kinderboeke
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/feite-oor-sa-uit-die-perd-se-bek-20201027
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:
Drie vroue en 'n meisie deur Hans du Plessis: 'n lesersindruk
Eietyds en eiesinnig: Lynthia Julius "vry met getroude sinne / en ligtekooi met reëls"
Die versoeking van Thomas Maas deur Chris Karsten: ’n resensie
Hoop, heling & harmonie, dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix: ’n resensie
LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen
Landbou Boerekos – die beste gebak deur Arina du Plessis: ’n resensie
Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis: ’n resensie
Somtotaal deur Anchien Troskie – die somtotaal van ’n lewe uitgebeeld
Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
4 Oktober
Resensie: Annelise Erasmus bespreek Hans gee Herklaas horings deur Rudie van Rensburg
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skrywer-laat-taal-dans-in-die-boek-20201003
Resensie: Blombos: Dawn of Modern Human Behaviour and Fishing Paradise deur Marius Diemont, geresenseer deur Emile Joubert
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-strand-en-branders-van-verkwikking-20201003
Resensie: Jonathan Amid resenseer Nagjagter Jan Vermeulen
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nagjagter-se-hoofkarakter-oortuig-glad-nie-20201003
Nuut op die rak: “Ses vir versliefhebbers”
- ’n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, saamgestel deur Karen de Wet
- Ryan Pedro se debuutbundel, Pienk ceramic hondjies
- Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen
- Ondertussen deur Johann Lodewyk Marais
- Avbob se derde poësiebloemlesing, I Wish I’d Said… Vol 3, saamgestel deur Johann de Lange en Goodenough Mashego
- Hennie Meyer se debuutbundel, Winkel van wanklanke
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ses-vir-versliefhebbers-20201003
Nuut op die rak: “Drama in drukvorm”
- Nico Scheepers se Nêrens, Noord-Kaap
- Staande ovasie, vier eietydse eenbedrywe deur Herschelle Benjamin, Igna Botha, Veronique Jephtas en Marcel Spaumer
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-drama-in-drukvorm-20201004

11 Oktober
Onderhoud: Anoeschka von Meck gesels met Johan van Zyl oor haar nuwe roman Die heelal op my tong
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/anoeschka-von-meck-so-waar-as-vet-20201011
Nuut op die rak: “Vars feite vir leesvrate”
- Carla van der Spuy se Plaasmoorde: Slagoffers vertel self
- Cop Under Cover: My Life in the Shadows with Drug lords, Robbers and Smugglers deur Johann van Loggerenberg
- Miracle Men: How Rassie’s Springboks won the World Cup deur Lloyd Burnard
- Richard Steyn se Seven Votes: How World War II Changed South Africa Forever
- Masked Raiders: Irish Banditry in Southern Africa, 1890-1899 deur Charles van Onselen
- Joan Louwrens se memoires A Wilder Life: Journey of an Adventuring Doctor
- Voetspore in Suid-Afrika: ’n Reisgids deur Johan Badenhorst met foto’s deur Gideon du Preez Swart
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/vars-feite-vir-leesvrate-20201009
18 Oktober
Resensie: Sonja Loots resenseer Weerlose meganika deur Anton Roodt
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/baldadige-blik-op-mens-en-masjien-20201016
Resensie: Michiel Heyns resenseer Still Life deur Zoë Wicomb
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/drie-hoeras-vir-uitbundigheid-20201016
Resensie: War Party: How the ANC’s political killings are breaking South Africa deur Greg Ardé Hans, geresenseer deur Jan-Jan Joubert
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-hele-aaklige-korrupsie-seekoei-20201016
Resensie: Annelise Erasmus bespreek Skadukant deur Rika Cloete
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sleurlees-tot-einde-wat-alles-vergeef-20201016
25 Oktober
Resensie: Louise Viljoen resenseer Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuwe-klankbaan-vir-afrikaans-20201023
Resensie: Johann Kriegler oor The Whistleblowers deur Mandy Wiener
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-fluitjieblaasboek-is-ambisieus-en-oordadig-20201023
Resensie: Jonathan Amid resenseer Die versoeking van Thomas Maas deur Chris Karsten
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-kat-knyp-terug-in-karsten-se-nuwe-krimi-20201023
Resensie: Juliana Coetzer resenseer Waar onthou begin deur Connie Luyt
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/hier-vind-lesers-godin-van-vergeet-20201023
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
5 Oktober
Die opstand van Poppie Nel
Hans du Plessis slaag daarin om die leser se fokus te hou op Poppie se wroeging en uiteindelike genesing.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
6 Oktober
Die dag toe ons Krismis gaan soek het
Sy pen haar jeugherinneringe, mymeringe en kleurvolle kontreisketse op so ’n hartlike, opregte en eenvoudige wyse neer dat die leser nie anders kan as om ’n sug van genoegdoening te slaak met die uiteindelike toemaak van die boek nie.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
7 Oktober
Dagboek van ʼn dork-reeks
Skaf die Dagboek vir ’n dork-reeks gerus aan. Meisies die wêreld oor is gaande daaroor. Dit is propvol drama, spanning, humor en dork-oomblikke.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
13 Oktober
Sasol: Voëls van Suider-Afrika
Die voëlgroepe het my aangepor om verkyker om die nek na ons geveerde vriende te gaan soek. Name soos katlagters, kleinjantjies, tjeriktits, wielewale en wulpe het my verbeelding op loop gejaag.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
Gewone taal: ʼn Oorsig
Pas het nóg ’n boek verskyn wat elke taalpraktisyn in hul arsenaal móét hê: Gewone Taal: ’n Oorsig deur Eleanor Cornelius. George de Bruin verduidelik waarom taalpraktisyns ‘n plek op hulle boekrak vir dié boek moet maak.
Lees die resensie deur George de Bruin
20 Oktober
Verstommende raaisels en rampe
Kinders wat daarvan hou om feite na te vors en self antwoorde op hulle vrae te soek, sal hierdie boek baie leersaam vind. Kom, ondersoek wat régtig gebeur het!
Lees die resensie deur Louise Viljoen
21 Oktober
Boek van die maand: Weerlose meganika
Anton Roodt se verrassende debuut is minder wetenskapfiksie as wat ʼn mens op die oog af sou vermoed. Of dalk net soveel as wat Dante se digbevolkte engelesfeer was – met engele met net so min vleis en bloed as robotte.
Lees die resensie deur Johan Myburg
27 Oktober
Maggie: My lewe in die kamp
Die verhaal is deurspek met nie net swaarkry en ontbering nie, maar ook medemenslikheid en vriendskappe – selfs oor vyandsgrense heen. Dit is ook ’n storie van eers alles verloor en dan weer oor begin.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
Klyntji
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:
Boekenuus: Kameleon deur Charlotte van den Broeck nou ook in Afrikaans (Vertaler: Daniel Hugo)
https://klyntji.com/joernaal/2020/10/10/charlotte-van-den-broeck-kameleon-afrikaans-daniel-hugo
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793
Woensdag 7 Oktober
Die fokus val op Jan Rabie se werk en letterkundige invloed as Sestiger. Jy kan luister na ’n hoorbeeld waarin Rabie self gesels, en Willie Burger gesels oor Rabie se bydrae tot Afrikaans. Johan Myburg het onder andere nuus oor ’n Belgiese digbundel wat binnekort in Afrikaans verskyn.
Woensdag 14 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Jan van Wyk oor sy bundel kontreisketse, Vertel da’ vi’ my ’n storie van Namakwaland. Louise Viljoen vertel meer oor haar kinderboek, Bibi Babbelbek praat tot sy blou word. Wendy Maartens is op soek na familiestaaltjies vir ’n boek oor die Anglo-Boereoorlog. Johan Myburg stel ons voor aan die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, wat verlede week aangekondig is.
Woensdag 21 Oktober
In nog ’n kykie na die Sestigers val die fokus op Abraham de Vries. Jy kan luister na uittreksels uit twee onderhoude met hom, en prof. Willie Burger gesels oor De Vries se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Antoinette Louw praat oor haar kinderboek Die storie van Racheltjie de Beer, en Johan Myburg vertel oor die Frankfurtse boekefees, ’n toekenning aan ’n skrywer wat 21 jaar gelede laas lewend gesien is, en die lot van onafhanklike boekwinkels oorsee.
Woensdag 28 Oktober
Die skrywer, letterkundige en taalaktivis, prof. Ampie Coetzee, is onlangs oorlede. Drie van sy kollegas en vriende, Hein Willemse, Steward van Wyk en Theo Kemp, vertel vir Ilse Salzwedel hoe hulle Coetzee onthou. Johan Myburg bring hulde aan wyle Stephen Gray.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896
Dinsdag 6 Oktober
Waldemar Schultz lees gedigte voor uit Johan Myburg se Uittogboek, wat vanjaar met die Hertzogprys bekroon is. Die digter is vir baie van ons luisteraars geen onbekende nie omdat hy ook op Skrywers en Boeke gesels rakende internasionale letterkunde. Hy is verder ook kunsskrywer. Uittogboek is Myburg se vierdie digbundel.
Dinsdag 13 Oktober
Anrich Herbst lees gedigte voor uit Gelykmaker – Covid-19 gedigte, saamgestel deur Fanie Marais. Dis opgedra aan slagoffers van Covid-19 en aan elkeen wat deur ’n ondenkbaar veranderde leefwyse ingrypend geraak is sedert Maart 2020.
Dinsdag 20 Oktober
Antoinette Kellerman lees gedigte voor uit Antjie Krog se oeuvre. Krog is nie net ’n briljante digter nie, maar is ook al ’n kulturele bemiddelaar genoem.
Dinsdag 27 Oktober
Die skrywer, digter, sanger en teoloog Koos van der Merwe is in die ateljee. Hy is veral bekend vir sy tydskrifrubrieke en Afrikaanse vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werk. Hy lees gedigte voor uit sy bundels, en ons luister na van sy selfgeskrewe liedjies asook ‘n vertaling van ‘n Leonard Cohen-lied.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Oktober het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Kameleon deur Charlotte van den Broeck (uit die Nederlands vertaal deur Daniel Hugo)
http://joanhambidge.blogspot.com/2020/10/resensie-charlotte-van-den-broeck.html
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
15 Oktober
Marietjie du Plessis resenseer Beskut teen vrese deur Cas Vos
https://versindaba.co.za/2020/10/15/resensie-beskut-teen-vrese-cas-vos/
21 Oktober
Alwyn Roux resenseer Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen
https://versindaba.co.za/2020/10/21/resensie-die-gladde-stiltes-in-glas-louis-esterhuizen/

