Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 April
Boekenuus: Benoeming vir prys beste verjaarsdag-geskenk vir Poland
Boekenuus: Kyk wie pryk op kortlys van Internasionale Booker-prys
Die kortlys van die Internasionale Booker-prys vir vertaalde fiksie is bekend gemaak.
3 April
Boekenuus: 'Mees ambisieuse' boek van 2019 wen UJ-prys
Die wenners van die UJ-pryse is bekend gemaak.
5 April
Boekenuus: Kanker eis 'n koning van kindersketse
Berig oor die afsterwe van bekroonde illustreerder Alex van Houwelingen.
Vervolgverhale: Spesiaal vir jou tuisbly-tyd
LAPA-Uitgewers stel twee topboeke bekend as vervolgverhale
Boekenuus: Wenners van Andrew Murray-pryse aangekondig
Die wenners van die Andrew Murray-pryse vir teologiese publikasies is bekend gemaak.
6 April
Resensie: Impak van die liefde
Joan Hambidge resenseer Ou laaie deur Fanie Olivier
Resensie: Sterk debuut oor ras, klas
Sonja van der Westhuizen resenseer Such a Fun Age deur Kiley Reid
Resensie: 'n Egte, afgeronde kunswerk
Clari Niemand resenseer Luistervink deur Madré Marais
Boekevat: Die muwwe mausoleum van boekwinkels
Boekenuus: Slypskool gaan voort ondanks virus
Die Breytenbach-sentrum se slypskool gaan voort ondanks die inperking.
Boekenuus: Cecile Cilliers se boekery vir Universiteit van Gent gegee
7 April
Nuus: Regsgeleerde wen Jan H Marais-prys
8 April
Boekenuus: Boek oor koronavirus verskyn soos blits
Boekenuus: Hitler in 'die buitenste ruim' in Kombuis se novelle
9 April
Nuus: Sweedse ambassade bring kunstenaars aanlyn byeen
Christiaan Boonzaier berig oor 'n aanlyn inisiatief van die Sweedse ambassade in Pretoria.
11 April
Boekenuus: Bekendes lees van Anne Frank tot Bukowski in inperking
AJ Opperman het 'n paar mense gevra wat hulle tydens die inperking lees.
12 April
Boekenuus: 6 gekies om manuskripte te slyp
14 April
Boekenuus: 'Boekklub' se Heine neem stories vir kleinspan op
16 April
Profiel: Willem Krog kies die toekoms bo die verlede in nuwe roman
Boekenuus: Die luisterboek vir Mei is...
Netwerk24-intekenare kan uitsien na 'n nuwe luisterboek in Mei.
Boekenuus: Uitgewer soek jou biegstorie vir biegboek
17 April
Profiel: Poleer só jou anderster kind se ster
Christien Neser vertel meer oor haar nuwe boek, Help! My kind is anders.
Boekenuus: Die Book Lounge in Kaapstad vra om hulp
Die veelbekroonde boekwinkel in Kaapstad het om hulp gevra in 'n nuusbrief.
Boekenuus: Jan van Tonder se 'Verevrou' op RSG
Die Verevrou deur Jan van Tonder sal op RSG voorgelees word.
19 April
Boekenuus: Hier kan jonk en oud 137 kinderboeke gratis lees
Kompetisie: Skrywersbond begin skryf- en kunskompetisie
20 April
Boekevat: Om die alledaagse met nuwe oë te bekyk
Resensie: Sielkundige riller, nie liefies
Schalk Schoombie resenseer Liewe Mamma deur Esther Verhoef
Resensie: Toe nie net wetenskapfiksie
Sonja van der Westhuizen resenseer The Waiting Rooms deur Eve Smith
Resensie: Bloedsteen bestryk wye spektrum temas
Neil van Heerden resenseer Bloedsteen deur Irna van Zyl
23 April
Kyk: Michelle Obama lees kinderboeke voor
Profiel: 'n Ma met skrisofenie – Brent Meersman se memoir
Brent Meersman vertel AJ Opperman meer oor sy memoir, A Childhood Made Up.
Boekenuus: Skrywers vra in video moenie e-boeke onwettig versprei nie
24 April
Boekenuus: Korona-kinderboek blitsvinnig in Afrikaans vertaal
25 April
Om te skryf in die tyd van die koronavirus
28 April
Boekenuus: Voeg jou naam by petisie om boeke te laat aflewer
29 April
Boekenuus: Lesers stuur boek lustig aanlyn rond
30 April
Boekenuus: Uitgewers wil WhatsApp-groepe vasvat wat e-boeke deel
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:
Boekresensie: Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson
Resensie: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux
Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos
Rapport
Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 April
Resensie: Jean Meiring resenseer Die Kwesbares deur Steve Hofmeyr
Nuut op die rak: Volg die goudspoor
- Terry Crawford-Browne se Eye on the Gold
- Changing a Leopard's Spots: The Adventures of Two Wildlife Trackers deur Alex van den Heever
- Renias Mhlongo Sarah Bullen en Kate Emmerson se Write your Book in 100 Days: Stop mucking about and just write your book
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-volg-die-goudspoor-20200405
Nuut op die rak: Afterland deur Lauren Beukes
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-die-wereld-na-mans-20200405
12 April
Resensie: Jonathan Amid bespreek Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie
Resensie: Johannes de Villiers resenseer Swart swaan deur Wilken Calitz
19 April
Resensie: Rachelle Greeff bespreek Luistervink deur Madré Marais
Resensie: Jonathan Amid resenseer American Dirt deur Jeanine Cummins
26 April
Resensie: Nathan Trantraal oor Uit die kroes deur Lynthia Julius
Resensie: Annelise Erasmus resenseer As jy van moord droom deur Deborah Steinmair
Resensie: Anna Kemp bespreek The Mirror & the Light deur Hilary Mantel
Resensie: Jonathan Amid resenseer Liewe Mamma deur Esther Verhoef
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
7 April
Duinhuis deur Isabella Niehaus
"Ek geniet dit vreeslik baie om deur kookboeke te blaai – nie net vir die smullekker resepte en aptytwekkende foto's nie, maar beslis vir die heerlike kuier wat tussen die bladsye vasgevang word," skryf Louise Viljoen.
14 April
Na verre hawens deur Hennie van Deventer
"Hennie van Deventer, 'n gesoute wêreldreisiger, se Na verre hawens is een van daardie boeke wat jy lees as jy noodgedwonge met Jan Tuisbly se karretjie moet ry," meen Louise Viljoen.
20 April
Porseleinskerwe deur Marié Blomerus
"Die vliet van die lewe en veral die oproep daarvan en die nadink daaroor gee die pas aan in Blomerus se vertellings – van die (voorouerlike) plaas in Afrika tot die woonstelbalkon (vermoedelik in Swakopmund waar die skrywer woon)", skryf Johan Myburg.
21 April
Dink nuut leef nuut deur Arnold Mol
"Dr Arnold Mol verduidelik ingewikkelde menslike gedrag op maklik-verstaanbare maniere en bied ook praktiese oplossings aan," sê Louise Viljoen.
30 April
Ontdek-reeks
"Die titels is ideaal vir skooltake en om tuis meer oor die onderwerpe te leer. Leernotas motiveer die kind om onafhanklik te lees, brei hulle woordeskat uit en prikkel hulle om nuuskierig te wees oor die wêreld waarin hulle leef," skryf Louise Viljoen.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 1 April
Ilse Salzwedel gesels met Petrovna Metelerkamp oor die werk van Jeanne Goosen. Petrovna het onlangs 'n biografie van Jeanne saamgestel, asook 'n digbundel van Goosen se voorheen ongepubliseerde gedigte en 'n bundel getiteld Los gedagtes, met filosofiese aanhalings uit die gevierde skrywer, dramaturg en rubriekskrywer se pen. Johan Myburg gesels in sy rubriek onder andere oor 'n nuwe roman oor die lewe van Shakespeare se seun Hamnet, wat aan builepes dood is. Vind ook meer uit oor Leo Tolstoy se roman Anna Karenina waaroor verskeie rolprente gemaak is.
Woensdag 8 April
Luister na sketse uit die pen van Annemarie van der Walt, Pieter Pieterse en Johann C. Bakkes en nuus uit die internasionale boekewêreld, wat onder andere die voorlesing van 'n Pablo Neruda-gedig insluit.
Woensdag 15 April
In die plek van vanaand se normale Skrywers en Boeke saai ons Die woordketting uit wat tydens die 2014 RSG Kunstefees uitgesaai is. Ilse Salzwedel doen die woordketting met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout. Elize Cawood is die spesiale gas.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 7 April
Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos 'n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.
Vrydag 10 April
Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesers van gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en NP van Wyk Louw.
Dinsdag 14 April
Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosiopolitieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met 'n diep menslikheid hanteer.
Dinsdag 21 April
Bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Frieda van den Heever in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek."
Dinsdag 28 April
Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van dié op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is 'n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
4 April
Amanda Lourens resenseer Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyat
8 April
Marni Bonthuys resenseer Tuin van digters deur Daniel Hugo
22 April
Ihette Senekal resenseer Parlement van uile deur Johann van der Walt
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende April die volgende resensies en rubrieke gelewer:
4 April



Kommentaar
Ek is ook ’n skrywer, onbekend, maar hoopvol. Op my rak is 21 fiksie-romans. My temas is wyd, ek skryf oor die lewe. My eerste boek verskyn na my 65ste verjaardag, na kanker. Ek is nou 75 en skryf nog een stryk deur.
Hoe maak ek myself sigbaar sonder ’n naam? My uitgewer is Malherbe Uitgewers, ons boeke is topgehalte. Sal iemand na my luister, asseblief?
Van my titels:
Oor grense heen. Swart-wit verhouding met ’n les vir ons tye van vandag (Engels: When two worlds collide)
Geen groter liefde. Ek het twee pappas
Anderkant weerbegin. ’n Vlugteling uit Angola. Grace, die vrou wat oorwin
Nog vele meer.
Hoopvolle groete
Ina Cantoni