Pasgelaai
Fresh off the press: Stolen focus: Why you can’t pay attention by Johann Hari
2022-07-27For Stolen focus, internationally bestselling author Johann Hari went on a three-year journey to uncover the reasons why our teenagers now focus on one task for only 65 seconds, and why office workers on average manage only three minutes.
Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Woensdag 27 Julie 2022
2022-07-27Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister? Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram.
PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur
2022-07-26Teen hierdie agtergrond doen ons ’n beroep op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om te verseker dat die Letterkundekommissie-lede wat geoorloofde griewe oor Van Coller se skrywe van 7 Mei ingedien het, nie verder geviktimiseer word nie. ’n Ope uitnodiging deur die SA Akademie aan diesulkes om weer die taak as kommissielede op te neem sou ver gaan om hierdie ongelukkige insidente se negatiewe impak te versag.
SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller
2022-07-26"Die artikel probeer ons dalk net aanpor om nou van oordrewe politieke korrektheid tot ’n gebalanseerde middelpunt aan te beweeg."
Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie
2022-07-26"Of dít, gesien wat vandag in die wêreld aan ’t gebeur is, ’n billike slotsom is, is dalk te betwyfel. Oor die waardering wat Afrikaanse lesers vir Emslie en Delport se liefdesaak sal hê, kan daar egter geen twyfel wees nie."
Aantekening: Denkbeeldige insetbelasting op tweedehandse vaste eiendom: Te goed om waar te wees, of nie goed genoeg nie?
2022-07-26"Aangesien die Belastinghof oortuigend beslis het dat denkbeeldige insetbelasting ook op hereregte bereken kan word, word aanbeveel dat die BTW-wet gewysig word sodat vergoeding nie hereregte insluit nie en sodat ’n BTW-ondernemer die hereregte op die aankoop van vaste eiendom, vir belasbare doeleindes, as ’n aftrekking op sy BTW-opgawe kan eis."
Solidariteit: "Hoe kan ons help, Eskom?"
2022-07-26Eskom het ’n kritieke vaardigheidstekort. Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.
Uitnodiging: FilosofieKafee – Filosofie en poësie
2022-07-26Jy word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-geleentheid op 30 Julie 2022 in Pretoria. Johann Rossouw en Dolf van Niekerk sal in gesprek wees oor filosofie en poësie: oor die grond, sterflikheid en die mistiek.
USAN 2022 – ’n onderhoud met Samantha Miller
2022-07-26"Ek is veral geïnteresseerd in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Blootstelling van minderheidstale in die buiteland en die verkoop van neweregte is veral my passies."
Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Dinsdag 26 Julie 2022
2022-07-26Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister? Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram.
Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie
2022-07-25"Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word."
Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie
2022-07-25Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat prof Hennie van Coller, die voorsitter van ons Letterkundekommissie, sy bedanking ingedien het.
Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek
2022-07-25"Die standpunt dat druk om ’n pos weens beskermde dog ongewilde stellings te ontruim geskei kan word van ’n persoon se reg om beskermde stellings te mag uiter, maak nie sin nie, want openbare bedankingsdruk kalwe juis weg aan daardie beskerming."
US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte
2022-07-25"Indien die SA Akademie met prof Van Coller se mening geassosieer word ... sal dit vir ons moeilik wees om beurse van die Akademie aan ons studente as opsie voor te hou, en ook om hulle aan te moedig om byvoorbeeld aan die jaarlikse studentesimposium deel te neem."
Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic
2022-07-25"So to Anne-Marie Beukes. Rather than distance yourself from Van Coller’s article, which is inconclusive on the allegations of homophobic tendencies, in my humble opinion, distance yourself from the Snow White storyline of the organisation you head up."
Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Maandag 25 Julie 2022
2022-07-25Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister? Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram.
SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra
2022-07-24SASNEV-bestuursraad: "Dit is ons eenparige mening dat een individu se standpunte nie die pogings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om relevant in die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te wees op hierdie manier in die wiele mag ry nie."
Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé
2022-07-24"Van Coller sê onomwonde dat, sou hy homoseksualiteit saam met verkragting en molestering gelys het, dít skokkend sou wees ... Van Coller doen ... twee keer presies wat voor sy deur gelê is: hy lys homoseksualiteit 'saam met verkragting en molestering' ... Om Van Coller se eie woorde aan te haal: Dit is skokkend."
’n Nuwe klimaat
2022-07-24Andries Visagie skryf ’n kortverhaal: "Die professor gee gehoor aan Blaine van Wyk. Hy gee gehoor aan die oppertouleier se vaderlike aanbeveling. Hy gee gehoor aan prof Callie Steenkamp se ystereis. Werwelend stuur hy sy terugtrekking, sy onvoorwaardelike jammerlappie, sommer ook sy bedanking uit die Letterkundekommissie die überruim binne allie pad na Centurion."
