Uitnodiging: FilosofieKafee – "From iconoclast to icon"

  • 0

Albie Sachs gaan gesels oor die vreugde – en ook ongemak – wat hy onlangs ervaar het toe hy ’n toekenning van die Clooney Foundation for Justice ontvang het. Hy sal uitbrei oor sy lewe en drome in die jare van die anti-apartheidstryd. Hy sal ook praat oor sy betrokkenheid by die opstel van die Grondwet en sy tyd as regter verbonde aan die Konstitusionele Hof. Hy sluit dan af met sy visie van die huidige stand van sake in Suid-Afrika.

Albie sal getekende eksemplare saambring van ’n boek vroeër hierdie jaar by Penguin Random House verskyn het – Dear Comrade President: Oliver Tambo and the foundations of South Africa’s Constitution deur André Odendaal. Albie Sachs was verantwoordelik vir die redaksionele kommentaar in die publikasie.

Een van hierdie eksemplare gaan ook aan die wenner van ons gelukplukkie!

R250 pp sluit aandete en ’n glasie wyn in.
RSVP: +27 828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Betaal asseblief met verwysing W11/04 by http://pay.yoco.com/filosofiekafee of direk per EFT: ABSA-spaarrekening – Lamar 9242373000.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top