Pasgelaai

Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet

Catrina Wessels Kopiereg-wetsontwerp 2022-09-01

"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."

Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-01

"Die boek is propvol aksie, gewere, bomme en tegniese besonderhede waaraan ons in Clancy-verhale gewoond geraak het. En om die spanning lekker uit te rek, spring die hoofstukke heeltyd tussen die hede en verlede rond."

Fluisterstem van die heelal

Susanne Pretorius Poësie 2022-09-01

"’n ster verskiet in die hemelruim
’n ligstreep in die gitswart nag
wat soos ’n duisend sterre skyn
op die pad waar ek vir jou wag"

Lentedraai

Andries Fourie Poësie 2022-09-01

"jy’s kleurkind vroeg-Oktober tot die
somer jou ontbind
ag hoe prettig buig die blomme
voor die asem van die wind"

Karen se Tafelberg-potjie (vir M)

Karen Hart Kos en wyn 2022-09-01

"Hierdie een is nou baie hoog boaan die trefferlys en ek maak dit gereeld. Wanneer hy vir hom van hierdie potjie skep, sê M, lyk sy bord soos Tafelberg, lekker hoog gestapel. Dis een van sy groot gunstelinge."

Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-taaltoets en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-09-01

’n Vraag oor ’n sin se struktuur
Maak die graad 8-klas so suur.
Die onnie geniet dit terdeë
Dat LitNet gratis hulp gee
Om hul punte die hoogtes in te stuur!

Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2022-09-01

Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.

Nuut by Human & Rousseau: Flora deur Engela Ovies

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-09-01

Engela Ovies se tweede roman is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper tienermeisie se liefde vir haar sibbe. Dit getuig van medemenslikheid, vergifnis en oorwinning – eerlik, deernisvol en opreg.

 

New from Umuzi: Notes on falling by Bronwyn Law-Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-09-01

Unbeknownst to them, Thalia, Robert and Paige share a story that links them to one another, to the turbulent worlds of New York in the 1970s and South Africa in the 1990s and, finally, to the photographs that hold the secrets of their lives.

New from Melinda Ferguson Books: Bamboozled by Melinda Ferguson

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-09-01

Ferguson’s latest memoir is about looking for patterns and uncovering answers in a world that’s crumbling. It’s also about loosening the grip of money and finding magic. Then she rescues a dog who ends up rescuing her.

Nuut by Lux Verbi: Kies die lewe: Leer dans in depressie deur Ivor Swartz

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-09-01

In hierdie intens persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.

Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie

Elodi Troskie Resensies 2022-08-31

"Die boek sluit die voordeur oop en nooi jou in die verteller se lewe in, laat jou lag, en laat jou dikwels stilstaan om ’n paragraaf oor en oor te lees omdat jy nie heeltemal kan uitpluis waar dit jou so diep tref nie. Misfit, en Rhys as skrywer, lewer ’n onvervangbare bydrae tot die Afrikaanse letterkunde."

Pasverskyn: Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen – Graad 8 Huistaal, saamgestel deur Martlie Jordaan

LitNet Boeke en skrywers 2022-08-31

Hierdie werkboek maak dit maklik vir Huistaalleerders in graad 8 om Afrikaanse taalbegrippe in te oefen en vir die eksamen voor te berei.

LitNet Akademies Weerdink ‒ "Kill the boer": Hoe moet hierdie woorde in 2022 verstaan word?

Freek Robinson, Anton Kok Onderhoude 2022-08-31

Waar lê die grens tussen haatspraak en vryheid van uitdrukking? Freek Robinson vind meer uit by Anton Kok, professor by die Regsfakulteit aan die Universiteit van Pretoria.

Persverklaring: Skrywers kan 1 September ernstig skade ly

PEN Afrikaans Kopiereg-wetsontwerp 2022-08-31

PEN Afrikaans het al herhaaldelik ons kritiek op die wetsontwerp geformuleer. Die kritiek geld helaas steeds aangesien dié opspraakwekkende wetsontwerp, ten spyte van grootskaalse teenkanting, slegs kosmetiese veranderinge ondergaan het en steeds op ’n verreikende verswakking van kopieregbeskerming en ’n ontneming van skrywers se bestaande inkomstestrome neerkom.

As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n resensie

Renette Symington Resensies 2022-08-31

"Dit is ’n teks wat jou aan die goedheid van die mens laat twyfel en menslike swakhede ontbloot, maar jou ook kan help om jou vertroue in die mensdom opnuut te herontdek."

Eugene deur Kirby van der Merwe: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2022-08-31

"Dit was 23 jaar gelede dat Kirby van der Merwe se debuutroman, Klapperhaar slaap nie stil nie, verskyn het. Ons het lank gewag vir sy tweede roman, Eugene, en ons is met hierdie pragtige werk beloon. Dit bevat ’n uiters geloofwaardige uitbeelding van mense en plekke, van die mense van die ghetto’s sowel as die aktiviste van Hillbrow."

Persverklaring: Verpak en verfyn jou skryfwerk – ’n aanlyn kursus

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2022-08-31

Kom hoor meer oor hoe om vir ’n bepaalde mark te skryf, proeflees en redigering (skakel onnodige foute uit), die belangrikheid van ’n besigheidsgesindheid onder skrywers, hoe sosiale media in die skrywer se guns aangewend kan word, geleenthede vir skrywers, ’n uitgewersperspektief: wat werk en wat werk nie?

Press release: View the programme of the Midlands Literary Festival

LitNet Books and writers 2022-08-31

The Midlands Literary Festival has become one of the major book events in KwaZulu-Natal. Simply look at the programme to see why! A weekend in the Natal Midlands is a wonderful way to recharge. Do it for yourself.

An interview with Tracy Terblanche, manager of Bargain Books Walmer Park

Izak de Vries, Tracy Terblanche Books and writers 2022-08-30

"Chat to one of our helpful booksellers. We can order titles in and source books from many sources. Sometimes it feels like we conjure up books from magical places and we feel like wizards, although Book Wizard is not yet an official job title."

Top