LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die TopWineRoots Laailou-Musiekfees, gee 5 x 2 kaartjies weg na die TopWineRoots Laailou-Musiekfees op Saterdag 19 November by die Bergriveroord in Paarl.
Hoe om in te skryf
- Lees die persverklaring.
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Laailou”.
- In die e-pos moet jy sê op watter dorp Karlien van Jaarsveld en Janie Bay gebore is.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 18:00 op 14 November 2022 bereik.

Persverklaring:
TopWineRoots Laailou-Musiekfees
Afrikaanse musiek se nuwe skat
Saterdag 19 November by die Bergriveroord in Paarl.
Musiekvermaak vir die hele gesin
Die TopWineRoots Laailou-Musiekfees bied ’n opwindende nuwe musiekervaring by die Bergrivieroord in die Paarl op Saterdag 19 November aan. Lê lekker op jou laailou op die Bergrvier, of kyk na die vertonings vanuit die gemak van jou kampstoel.
Van Suid Afrika se top kunstenaars gaan by die fees te sien wees. Die program sluit in: Karlien van Jaarsveld, Janie Bay, Tasché, Ampie, Corné Pretorius sowel as Loki Rothman en Margot Rothman.
Vir feesstigters, Corné Pretorius en Wynand de Villiers, was die resonansie van die naam belangrik, maar meer belangrik was dat die naam die regte toon daarstel, en al die elemente van die fees omarm: Die onderskeidende, kristalhelder element is natuurlik dat jy die fees op jou laailou kan aanskou.
“Ons glo die line-up is uitsonderlik, maar vir ons is die setting van die fees en die vibe wat ons wil skep die groot onderskeidingselemente van die fees. Die Bergrivier-oord is absoluut geskik vir die aanbieding van ’n baie unieke fees met twee sitplek-keuses, en byna die hele oord is onder ’n wonderlike skadubedekking van ou bome.”
De Villiers voeg by dat hulle beplan om dié nuwe fees jaarliks aan te bied. “Ons is bevoorreg om soveel ondersteuning vir die eerste uitgawe van die fees te hê, veral van ons korporatiewe en media borge soos TopWineRoots en Bok Radio.”
“Local is lekker” sê hulle, en raai, beide Karlien van Jaarsveld en Janie Bay is in die Paarl gebore. Die sanger Corné Pretorius woon tans in dié lieflike dorp.
Janie Bay sê: “Ek het so lanklaas daar opgetree. Ek sien super baie daarna uit om dit te kan doen by die Laailoufees saam met ’n amazing line-up!”
“Ek en my band sien verskriklik daarna uit om by die Laailoufees in die Paarl op te tree!’ vertel Karlien van Jaarsveld. “Ek dink nie ek het al ooit gesing waar mense vir my gekyk het terwyl hulle in laailou’s lê nie! So ja, ons sien baie uit!”
Corné Pretorius het bekendheid verwerf vir die een radiotreffer na die ander oor die afgelope twee jaar: “Ek gaan al die bekende liedjies soos Halfvol, Ek Wil Glo, Liefde is ’n Werkwoord, Vuur en Vlam, Biertjies, asook ’n paar nuwe tunes speel. Dit gaan vet pret wees!”
Die verhoog by die fees word so opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailous, sowel as toeskouers op hul kampstoele in die kampeerfeesterein bedien. Die Bergrivieroord het pragtige staanplek vir tente, asook luukse staanplek vir karavane.
Bring jou laailou, bring jou kampstoel! Kom saam vir ’n heerlike dag se musiek en kuier!
Kaartjies kos R260 by https://itickets.co.za/events/467083.
Gratis vir kinders 7 jaar en jonger. Hope kindervermaak, eetgoed en ’n reuse biertuin.
Program
- 09h00 – Feesterrein open en kosbediening begin
- 11h00 – Biertuin open
- 12h00 – Tasché
- 13h00 – Loki en Margot Rothman
- 14h00 – Janie Bay
- 15h15 – Ampie
- 16h30 – Karlien van Jaarsveld
- 17h45 – Corné Pretorius
Vir al die feesbesonderhede en die feesprogram gaan na www.laailoufees.co.za.
Vir kampplekbesprekings by die Bergrivier-oord gaan na www.bergriverresort.co.za.
Vir meer inligting kontak – info@laailoufees.co.za.
Reëls
- Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
- Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
- Wenners sal self by die TopWineRoots Laailou-Musiekfees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem, gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan LK Mediabook te verskaf en jy gee aan LK Mediabook die reg om met jou kontak te maak.
- LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
- Geniet jou musiek verantwoordelik, wenner of te nie!


Kommentaar
Baie lanklaas plaaslike sangers gehoor en gesien. Nou eers 6 1/2 maande terug in die kaap na 11 jaar. Lekker om terug te wees en na die Bergrivier-oord te gaan. Baie gekamp daar.
Wow, dit us amazing ... love die sangers en die feit dat dit op my gunsteling-kampplek is ...