NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

  • 0

Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer?

LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels.

Dit werk só:

◊ Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer in 800−1500 woorde. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan.

◊ Stuur dit aan menanvh@gmail.com

◊ Jou stuk moet heeltemal oorspronklik en jou eie werk wees. Dit het nie volledig of selfs net gedeeltelik elders (byvoorbeeld op sosiale media of ’n persoonlike blog) verskyn nie. 

◊ Jy begryp dat jy kopiereg op jou stuk behou en dat jy twee weke, nadat LitNet dit geplaas het, daarmee kan handel nes jy wil. Dit sal waardeer word as jy, wanneer jy dit later elders publiseer, sal noem dat dit eerste op LitNet gepubliseer is.

◊ Die LitNet-redaksie fynkam die inskrywings en kies NouNet-artikels vir publikasie. Die redaksie se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Jou artikel word taalversorg en verskyn terwyl die kwessie wat dit aanraak nog aktueel is.

◊ Indien jou artikel nie vir publikasie aanvaar word nie, sal jy in kennis gestel word. Geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.  

◊ Skrywers van aanvaarde en gepubliseerde NouNet-artikels ontvang R1 250 per artikel.

◊ Laat hoor van jou!

..............

Lees nog NouNet-menings hier:

NouNet-mening – "Ek het my eerste parkrun oorleef": ’n Ware verhaal van onfiksheid en selfverwyt

Die opkoms van die introvert

NouNet-mening: Om vredeswil! Nobel se vreemdste prys

NouNet-mening: Genoeg is genoeg

NouNet-mening: Drink en bestuur – "Mamma wag nie vir my nie"

NouNet-mening: Xenofobie – Hoe Suid-Afrikaners hulleself in die voet skiet

NouNet-mening: Hong Kong – steeds eiland met geur en kleur

NouNet-mening: Dié Boek en (daardie) Ballade(s) van die Bose

NouNet-mening: Oor vrouelogika en ander geite

NouNet-mening: ’n Plaaskind probeer die K53 en die ongeskrewe padreëls van die stad met mekaar vereenselwig

NouNet-mening: Beteken bo vyftig dat jy breindood is?

NouNet-mening: Somers in Skotland

NouNet-mening: Ons sal die gemors moet uitsort

NouNet-mening: Sisteem, watter sisteem?

NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis

NouNet-mening: Ons almal kan weer baat by ’n stukkie Madiba

NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte

NouNet-mening: Skuldlas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top