Daniel Manchest2024-12-12Jammer om te hoor. Hy was my geskiedenisonnie by Spes Bona. Ek is nou nog verknog aan geskiedenis. Sy Afrikaans was die taal van engele. Mag jou rusplek sag wees en jou siel in glorie baai. Nag, ou grote.
Amanda Botha2024-12-12Ek het Randall van der Heever as jong onderwyser leer ken deur Franklin en Joan Sonn. Wat ek veral onthou, is sy geesdrif vir Afrikaans. Hy het vertel dat hy altyd die Groot Verseboek naby hom gehad het. Ook dat Jakes Gerwel hom aangemoedig het om veral N
F C2024-12-12Daar is niks nuut onder die son nie. Die kerk was van sy ontstaan tot vandag altyd onder bespreking. Persoonlik dink ek 'n mens moet anders na die saak kyk.
Dit is eenvoudig so dat niks ewig is nie. Alles wat 'n begin het, het 'n einde.
So ook die heelal
Marthinus Willemse2024-12-11Wat van die Ortodokse Christene? Die Russe is in 988 nC reeds gekersten, en hulle hele kultuur is oorgedra vanaf Konstantinopel [die tsaar is getroud met n lid van die keiser]. Toe Konstantinopel val in 1453, het die Russe aanvaar: die tweede Rome het gev
Johan Buitendag2024-12-11Dankie, Louise, vir jou bydrae! Andries en jou oorlede man (Piet Geyser) was boesemvriende en geesgenote. Jy het hierdie pad enduit saamgeloop as die vroulike lid van die Emmausgangers.
(Moltmann se Christologie dra die titel, "Der Weg Jesu Christi", en
Johan Koekemoer2024-12-10Andries van Aarde se prestasies in teologiese navorsing word in die huldeblyk uitnemend vemeld. Sy werkywer, liefde vir die kerk en teologiese navorsing, word deeglik behandel. Andries se nalatenskap sal steeds lewendige debat uitlok en die gesrek bly vir
Lica Blomerus2024-12-10True Christian ideals are radical, and are inherently antithetical to a large, organised institution that is paired with the status quo. A religion cannot seek to remake the world while being coupled with the power structures that rule the world as it is.
Louise Geyser2024-12-10Andries van Aarde sal onthou word as 'n kontroversiële teoloog - 'n gewete in die teologiese gemeenskap. Iemand wat die kerklike strukture, wat uitsluiting en diskriminasie voortgesit het, ontbloot en fel gekritiseer het. Hy het die prys daarvoor betaal
Barend van der Merwe2024-12-10Gelukkig tog die feit dat daar wetgewing is wat kosbare ou geboue bewaar. Selfs hier in Afrika het ons sulke wette. Ongelukkig word hulle nie goed geïmplementeer nie. As kulturele Christen en ateïs, is my Christelike erfenis vir my kosbaar. Hoewel ek as
Petra Pienaar-Nel2024-12-09Dankie vir u skrywe, mnr. Botha. Ek staan beskaamd oor my onnodige bitsigheid. Dit was maar net een van dáái dae. Ek belowe om nie weer so lelik te wees nie. Sterkte en voorspoed met u boek.
Maryna Blomerus2024-12-09https://www.litnet.co.za/kunsmatige-intelligensie-en-die-dekolonialisering-van-onderwys-in-suid-afrika/
Ek het die artikel vir LitNet geskryf met die oortuiging dat KI kreatief gebruik kan word om ons uit die hoek te kry waarin ons onsself geverf het.
Johan Buitendag2024-12-09Wat 'n aangrypende eulogie oor die lewe en werk van Johann Kinghorn! Die verskillende perspektiewe bied 'n heerlike versnit van diepsinnigheid en meelewing. Baie dankie aan die outeurs wat reflektief-eksistensieel met Johann se nalatenskap omgegaan het en
Susan Vorster2024-12-08Ek het lank geneem om hierdie gedig van jou te lees, Cas. Dit was die wag werd. Al wat kortkom op hierdie oomblik is om die klanke wat ek raaklees hier te gaan soek en ook te hoor. Puik!
Jean Lombard2024-12-07Baie dankie Anna-Karien! Jou inset dra op 'n ander manier by. Ek het jou eenkeer by 'n Eisteddfod in Grahamstad ontmoet toe ek daar was met my skoolspan. Ek het jou pa Quentin geken. Hy was op 'n tyd ons bibliotekaris op Adelaide. Breyten staan vir my uit
Jean Lombard2024-12-07Ongelooflike talentvolle individu, vegter vir die morele en teenstander van onderdrukking. So jammer dat hy sy rusplek buite sy geboorteland sou vind. Baie insiggewende artikel. Sy voetspoor bly lank na sy asem.
Monica Hammes2024-12-06Pieter, ek kan nou nie eens meer onthou of mens veels geluk sê by 'n intreerede nie, maar volstaan dan met baie dankie vir die prikkelende storie vol pitkos waaroor mens lank en lekker kan gesels met die regte mense.
Ek is veral verras deur jou ervaring
Trisa Hugo2024-12-06Wat 'n uitstekende artikel! Ironies ook dat dit Vader Gary is wat gesê het: “Miskien was die doel van jou besoek nie dat jy haar sou aanraak nie, maar eerder dat sy jou sou aanraak.”
Adrie van Eeden2024-12-06Baie dankie vir die eerstehandse weergee en veral die foto's wat ons, wat noodgedwonge kubervoyeurs was, beter kon laat meeleef aan BB se laaste groet. Ek het twee gedigte ná die diens as afskeidsgedigte geskryf met soortgelyke strekkings, maar jou skryw
Celesté2024-12-06Liewe Debbie, dankie vir die lees. Ja my ma en jou ma, die twee susters, wat tot diep in die nag gesels het -- tot die kerse uitgebrand was. Mag ons hulle stories onthou.